Net vir vandag


images-net-vir-vandag

Net vir vandag gaan ek probeer om deur hierdie dag te kom, en om nie al my probleme gelyktydig aan te pak nie. Ek kan iets twaalf uur lank doen wat my sou afskrik as ek gevoel het dat ek dit ‘n leeftyd lank moes volhou.

Net vir vandag gaan ek gelukkig wees. Dit versonderstel dat Lincoln die waarheid gepraat het toe hy gesê het: “Die meeste mense is so gelukkig as wat hulle hulle voorneem om te wees.”

Net vir vandag gaan ek my by die werklikheid aanpas, en nie alles probeer verander na my sin nie. Ek sal dinge aanvaar soos dit gebeur en myself daarna skik.

Net vir vandag gaan ek my verstand probeer versterk. Ek gaan studeer.  Ek gaan iets nuttigs aanleer. Ek gaan nie intellektueel ‘n leeglêer wees nie. Ek gaan iets lees wat inspanning, nadenke en konsentrasie vereis.

Net vir vandag gaan ek my gees op drie maniere oefen: ek gaan iemand ‘n guns bewys sonder dat dit uitgevind word; as enigiemand daarvan weet, dan tel dit nie. Ek sal ten minste twee dinge doen wat ek nie wil doen nie – net vir oefening. Ek gaan niemand laat agterkom dat my gevoelens  seergemaak is nie; ek mag seerkry, maar vandag gaan ek dit nie wys nie.

Net vir vandag gaan ek inskiklik wees. Ek gaan so goed moontlik lyk, gepas aantrek, sag praat, hoflik wees, hoegenaamd niks kritiseer nie. Ek gaan met niks foutvind nie, en niemand behalwe myself probeer verbeter of reguleer nie.

Net vir vandag gaan ek ‘n program hê. Ek sal dit miskien nie presies navolg nie, maar ek gaan dit hê. Ek gaan twee vyande vermy: haastigheid en besluitloosheid.

Net vir vandag gaan ek ‘n stil halfuur heeltemaal alleen deurbring, en ontspan. Êrens gedurende hierdie halfuur gaan ek probeer om ‘n beter perspektief op my lewe te kry.

Net vir vandag gaan ek nie bang wees nie. Ek gaan veral nie bang wees om te geniet wat mooi is nie, en om te glo dat soos ek aan die wêreld gee, so sal die wêreld aan my gee.

“Maak my ‘n instrument, o God, sodat waar daar haat is, ek liefde mag bring; dat waar daar ongeregtigheid is, vergifnis; dat waar daar onenigheid is, harmonie; dat waar daar twyfel is, geloof; dat waar daar wanhoop is, hoop; dat waar daar skadu’s is, lig; dat waar daar harseer is, vreugde.

O God, gee dat ek daarna sal strewe om te vertroos eerder as om vertroos te word; om te verstaan eerder as om verstaan te word, om lief te hê eerder as om liefgehê te word. Want dit is deur te gee dat ons ontvang, dit is deur vergifnis dat ons vergewe word, en dit is deur te strewe dat ons die Ewige Lewe ontvang.”

Verkorte blog sal verskyn op http://www.voelgoed.co.za/blogs

Published by Health & beauty

As former international Beauty and Spa therapist, Annien motivates and gives advise on body mind soul and spirit

Leave a comment