Trek jy aan volgens jou Persoonlikheid? Dit is so goed om te weet WIE JY IS wanneer jy aantrek.
Jou voorkoms kan ‘n vorm van SELF-UITDRUKKING wees – ‘n manier om te illustreer wie jy is aan die binnekant en dit te deel met die mense rondom jou. Ons keuse van klere en bykomstighede spreek boekdele oor ons, en ons voorkoms maak ‘n eerste (en langdurige) indruk. As jy jou Styl Persoonlikheid ONTDEK en VERSTAAN, het jy groter selfvertroue in jou klere keuses en jy ontwikkel ‘n moeitelose styl wat meer natuurlik kom. Jy vind nuwe maniere om jou individualiteit uit te druk, en om aan te trek elke dag sal ‘n genotvolle en kreatiewe ervaring word. As jy weet wat jou Styl Persoonlikheid is, sal jy jou beste voorkoms kan projekteer, wat jou gemaklik sal laat voel in jou eie vel (maak nie saak WAT die okkasie is nie) Jy moet egter jou Styl Persoonlikheid heeltemal AANVAAR (embrace), want as jy twyfel gaan dit wys!
Dit help nie om soos iemand anders aan te trek as dit nie JY is nie. Jou vriend, tannie, niggie of ma het dit gekoop en hulle lyk vir jou mooi. Jy vind uit waar hulle dit gekoop het en môre as die winkel oopmaak is jy daar… maar dan dink jy: dit werk nie vir JOU nie. Ek lyk nie soos wat SY gelyk het nie, of ek VOEL nie soos wat sy gelyk het nie! Dis nie jou kleur nie, dit pas nie jou figuur nie, en, dis nie JY nie. Selfs al is dit jou tweeling sussie en julle liggaamsvorm en gelaatskleur is presies dieselfde, jou PERSOONLIKHEID kan verskil!
Wanneer jy klere keuses maak, KAN dit help om ‘n prentjie in jou kop te hê van ‘n persoon wie se styl jy bewonder. Baie mense kyk na die media om uit te vind wat hulle behoort aan te trek en dikwels probeer hulle iemand anders se voorkoms na-aap. Al is dit pret om inspirasie by ‘n stylvolle model te vind, is dit nie wys om iemand anders se styl PRESIES te probeer naboots nie. Jy moet mik om jou uitrustings bymekaar te bring met jou EIE kinkels/ persoonlike afrondings, en jou UNIEKHEID uitbeeld.
“Style is a way to say who you are without having to speak.”
Hier is die vyf hoof ”Styl Persoonlikhede” …
• Romanties • Klassiek • Kreatief • Dramaties • Natuurlik
Kyk bietjie of jy jouself kan identifiseer!
Romanties
• Jy hou daarvan om jou vroulikheid uit te druk en heg baie waarde hieraan • Jy hou van enige iets wat girly-girly is • Jy hou van linte, strikke, plooie, valle, apliekwerk en vroulike detail • Jy’s lief vir pragtige kleure soos pienke en pastelle • Jy hou daarvan om parfuum te dra • Jy verkies delikate juwele(soms antiek) – eenvoudig OF ingewikkeld • Jy kies kasjmier, sy, kant, tulle, voile en sagte nagemaakte pels • Jy hou van blompatrone en detail • Jy’s verlief op pêrels, diamante, blinkertjies en diamanté • Jy kies dikwels romantiese style van eras wat verby is (soos Victoriaanse tye) • Jy het waarskynlik fyn, delikate en vroulike gelaatstrekke • Jou grimering is dikwels subtiel, met klem op die oë • Jy hou van voue en sagter – geen harde of manlike lyne nie • Jy hou van vroulike, effense hakies, of ballerina-styl platskoene met strikkies (Penny loafers, kitten heels, peep-toe pumps, ballerina flats, Mary-Janes) • Jy’s lief vir mooi, bypassende-onderklerestelle • Jy dra graag serpe, delikate handskoene en soms ‘n hoed • Jou hare is sag gekrul of beweeg saggies • As kind het jy graag ”aantrek”speletjies gespeel • Jy verkies rompe en rokke bo langbroeke of pakke • Jy hou van style met bors of middel definisie • Jy’t waarskynlik vroulike kurwes of ‘n pragtige middeltjie (waarby hierdie styl pragtig pas)
Klassiek
• Jy hou van pakke of stelle klere • Jy verkies deftige langbroeke bo denims • Jy volg nie die mode nie maar verkies ‘n tydlose voorkoms • Jy kan jou klere deur die eeue heen dra – dit gaan altyd werk • Dit beteken nie jy is vervelig nie (Kate Middleton is stylvol en ‘n voorloper van elegansie!) • Jy het ‘n haarstyl wat jy selde verander • Jy hou daarvan om goed-geklee maar nie oor-geklee te wees nie • Jy vermy te veel kleure in een uitrusting • Jy verkies klassieke kleur kombinasies • Jy dra kwalititeit klere wat geld kos • Jy doen aankope in ‘n paar betroubare winkels • Jy hou daarvan om jou hemde in te steek en dra kwaliteit gordels • Jy’s lief vir ligte wol, fyn katoen en sy • Jy dra klassieke skoenstyle soos die hofskoen of plat (ballerina-styl) skoene met strikkies • As jy jou hare kleur, is dit na aan sy natuurlike kleur • Jou voorkoms is altyd gesofistikeerd, verfynd en goed-gekoördineerd • Jou uitrustings is deftig, onderbeklemtoon en trek nie te veel aandag nie • Jou hemde het sagte voue • Jy hou van goed gesnyde reguit style – niks te sakkerig of los nie • Jy verkies regaf of nousluitende rompe bo geplooide of vol rompe • Jy het ‘n veilige en voorspelbare grimeerroetine • Jy dra klassieke juwele van fyn kwaliteit
Kreatief
• Jy hou daarvan om pret te hê met jou klere keuses • Jy is eksentriek, en trek weird goed bymekaar aan (wat selfs die wat dramaties is nie sal probeer nie!) • Jy is soms VERBY arty farty (Selfs crazy style werk vir jou want jy dra dit met selfvertroue!) • Jy probeer dit met haarkleure ook, soos helder pienk of die wildste vlam rooi (die TRUE red) • Jy word geinspireer deur mode loopplanke maar voeg altyd jou eie kinkels bly • Jy dra helder, moderne kostuum juwele • Jy hou van bykomstighede wat die aandag trek en ‘n stelling maak • Jy’s lief vir sterk, kontrasterende kleure • Jy mag dalk ‘n etniese of selfs teatrale voorkoms hê • Jy verkies ensemble klere wat jy kan meng en pas • Jy kies ook materiale wat glinster of blink • Jou styl is uniek, eklekties en onvoorspelbaar • Jy hou van golwende lyne en ongewone silhoeëtte • Jy eksperimenteer met eksotiese, geometriese of etniese patrone • Jy is dikwels ‘n vergaarder en sien ‘n gebruik vir als • Jou klere is ‘n versameling van verskillende style • Vir jou is aantrek ‘n kunsvorm • Jy het waarskynlik hoekige of prominente gelaatstrekke • Jou haarstyl het lang krulle of is kort en dramaties • Jy eksperimenteer dikwels met jou grimering • Sommige mag dink dat jy ”ongepas” vir sekere okkasies aantrek • Jy het lang vinger naels en verf dit gereeld • Jy is ‘n mode voorloper bo ‘n mode navolger • Mense bewonder jou uitdagende en gewaagde styl kombinasies
Dramaties
• Jy is sterk en ekspressief (kom sterk oor) • Jy gaan goed probeer wat ander nie sommer sal probeer nie (hulle sal dalk wonder, Wat het sy aan?! – maar dit kom saam met jou persoonlikheid) • Jy hou van aandag en wil raakgesien word • Jy hou daarvan om ‘n groot entrance te maak (Jy kom saam met jou persoonlikheid ‘n vertrek binne en, Wow, almal weet jy’s daar!) • Jy’s ‘n ekstrovert – Jy’s nie ‘n intovert wat so aantrek, stil in die hoekie sit die heel dag, en dink ”my klere doen die praatwerk” nie! • Jy is lief vir trendy aantrek • Winkel toe gaan is een van jou gunsteling stokperdjies • Jy’s lief vir partytjies en om die ‘star of the show’ te wees • Jou klerekas is vol impuls aankope • Jy verkies ”goed lyk” bo ”prakties wees” • Jy’s altyd goed gekleed of oor-gekleed, nie onder-gekleed nie • Jy’s lief vir Hollywood glans en Marilyn Monroe • Grimering is drama: treffende rooi lippe, aanloklike wimpers en smeulende oë • Jy hou selfs van sexy aantrek • Jou bykomstighede is helder of treffend • Jou hare is prominent en altyd goed gestyleer • Jy het baie selfvertroue • Jy hou van helder of treffende kleure (soos swart op wit) en dier motiewe • Jy geniet dit om jouself te herskep en om nuwe voorkomste te probeer • Jy eksperimenteer met jou haarstyl, en het talle styl produkte en gereedskap • Jy’s lief vir modetydskrifte en skoonheids produkte • Jy hou van baby-doll rokke oordrewe style • Jy’s lief vir ‘n ‘rooi tapyt’ okkasie om voor op te tof
Natuurlik / ontspanne
• Vir jou moet styl altyd eenvoudig en moeite – vry wees • Om gemaklik te voel is jou top prioriteit (Hoe gemakliker, hoe beter) • Jy verkies natuurlike kleure, soos sand en klipkleur, maar ook wit en sagte bloue • Jy hou van jou hare gemaklik, ongekompliseerd of deurmekaar • Jy dra selde tweelingstelle en verkies afsonderlike kledingstukke • Jy verkies denim en kortbroeke, maar hou ook van vol of lang rompe • Jy’s lief vir khaki, tou, linne en tweed • Jy hou van growwe en mat-afgewerkte materiale • Jy dra die minimum grimering en verkies die natuurlike voorkoms • Jy raak verveeld met skoonheidsroetines en jou gesig in die spieël • Jy hou van lospassende klere wat jy in kan beweeg • Jy gryp dikwels wat ookal byderhand is om aan te trek • Jy hou van handsakke wat jy net oor die skouer kan gooi • Jou juwele bevat aardse tone en is van natuurlike materiale soos hout, skulp, en klip • Jy verkies plat skoene en boots waar moontlik (sonder detail of patrone) • Jy hou nie van stywe, ingegorde klere nie • Jy hou nie van optof nie • Jy hou nie daarvan om oor-geklee of oordadig gegrimeer te wees nie • Jy verkies om ”prakties te wees” bo om ”’n stelling te maak”
• Jy kan sportief of ‘n tomboy wees!
Natuurlik Atleties
• Jy hou van die ”At leasure” voorkoms (deesdae ‘n massiewe neiging), en dra sneakers en pette • Jy hou van gemak maar om in die mode wees • Jy hardloop rond (selfs met ongewaste hare), ‘n cool pet op, sneakers en ‘n bietjie blosser en mascara!
Natuurlik Boho
• Jy hou van ‘n bietjie drama en something different • Jy dra Maxi rokke (as dit met jou liggaamsvorm werk) • Jy hou van tossels en krale • Jy’s lief vir deurmekaar hare (”beach wave”), en ‘n hoed • Jy hou van style wat vloeiend is, met BAIE blomme op • Jy dra ‘n klomp juwele: hangende oorbelle, leerbandjies om jou polse of baie armbande (dit moet ”klingel” as jy aankom!)• Jou sandale het juwele op.
Al val die meeste mense in EEN van die ”Styl Persoonlikhede”, kan jy ELMENTE van ander style inbring (soos ‘n oorgroot ”pêrel” of ”fril”, al is jy ”dramaties”). Dit beteken ook nie dat jou Styl Persoonlikheid nie kan VERANDER in ‘n ander stadium van jou lewe nie. Jy kom dalk agter dat jy VLOEI tussen twee of meer Styl Persoonlikhede, afhangende van jou BUI, en miskien tussen WERK EN ONTSPANNING. Victoria Beckham is iets van als – sy is soms ”atleties”, sy kan ook ”elegant” wees, maar is veral ”ekspressief en dramaties”.
Hoop jy kon al agterkom wat JOU styl persoonlikheid is en waar jy inpas! Dis so lekker om te weet wie jy is sodat jy kan aantrek volgens wat vir JOU werk, EN dit kan waardeer wanneer iemand anders fantasties lyk. Jy kan sê Baie mooi! Maar dis JY…Ek gaan nie eers probeer om jou na te boots nie. Dis nie EK nie.
Geredigeer van die YouTube kanaal, AitSA! En stylecoachinginstitute.com