Oor die Hemel


Toe ek amper dood is, het ek gevoel asof ek aan die hospitaal se dak hang soos ‘n magneet. Ek het afgekyk op iets wat soos ‘n donkerige venster gelyk het.

Omdat ek bang was dat ek deur die venster kan val van bo af, het ek myself na al kante toe gedraai, maar elke slag weer terugge- “glip” of “spring” na reg bokant die venster. My hande het regop gestaan in die lug (ek het dit later na buite gedraai sodat dit darem lyk asof ek “aanbid”). Dit was ‘n baie real gevoel – asof dit rêrig gebeur (hoewel die sister in die hospitaal nie my hande in die lug kon sien nie). Dit HET gebeur… en was beslis nie ‘n hallusinasie nie!

Of dit hierdie geestelike ervaring was, of die feit dat ek ‘n tweede kans op die lewe gekry het – dit het my uitkyk radikaal en dramaties verander (soos beskryf word in “Die eerste 5 minute na die dood” deur Isak Burger). My verhouding met God was nie noodwendig sleg voorheen nie – ons was nie verniet op pad vanaf die kerk toe ‘n kar ons van agter tref nie. Maar ek kan ook nie getuig dat ek skielik in ‘n engel verander het na die hospitaal ervaring nie! Tog het die manier wat ek na die wêreld kyk, heeltemal verander. Jy het egter nie my storie nodig om te glo dat daar miskien een of ander oorgang van hierdie lewe na die volgende moet wees nie! Solank jy die Bybel glo wat praat van ‘n lewe na hierdie ene – ‘n lewe in die hemel of die hel.

Sedert die ongeluk, lees ek soos gewoonlik in Desember vakansies, boeke oor die hemel. Tussen hakies, daar is nie baie sulke boeke op die rakke nie. En om een of ander rede word daar selde gepraat oor die dood en die hemel – selfs nie eens by begrafnisse nie! En dis vreemd, want eeue gelede (in die Middeleeue) was daar openlik hieroor gepraat. Die Bybel sê tog ons moet ons gedagtes rig op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie. (Kol. 3:2). En bowenal was daar reeds lank gelede dikwels oor die dood en die hemel gepraat deur Jesus Christus self! ‘n Mens kan net die verhaal in Luk. 16:19-31 van Lasarus en die ryk man lees, wat deur Jesus self vertel is. (Lees dit gerus!)

Dit is amper die einde van 2016. Wanneer ons by die einde van ‘n jaar kom, voel dit kompleet soos ‘n skeiding of grenslyn – waar ons die grens oorsteek na die volgende jaar. So is die dood ook waar jy ‘n grens oorsteek – die plek waar jou lewe op aarde ophou en waar jou lewe in die hemel begin. Soos Isak Burger dit ook in “Die eerste 5 minute na die dood (vir tieners)” beskryf – “Dit is ‘n oorbeweeg van een dimensie na ‘n ander, van die aardse stadium na die tweede stadium – die tussentoestand. Terwyl die liggaam agterbly, word die geestelike komponent van die mens – jou gees en siel – oorgeplaas na die ander kant”. Lasarus en die ryk man sterf en is dan dadelik in ‘n ander plek.

Wanneer mense doodgaan, kan jy hulle maar net waarneem om te besef hulle ervaar dit elkeen verskillend. Sommige glimlag en word rustig (dalk sien hulle dan die hemel of vir Jesus), ander is ontnugterd, en hulle sien miskien donkerte, vlamme en verskriklike hartseer. Die ongelowige staatsman, Ceaser Borgia, se sterwenswoorde was “I have made provision for everything during my lifetime – only not for death; and now I must die totally unprepared”….

Ek het na my ongeluk heeltemaal my vrees vir die dood verloor. Dis ook nie meer vir my iets “daar ver” nie. As jy in hierdie lewe met Jesus gewandel het, hoef jy ook nie bang vir die grensdraad van die dood te wees nie, en sal jy nie alleen deur die grenspos van die dood hoef te gaan nie – Hy sal by jou wees!

Net so kan jy Jesus self saam met jou neem deur die grenslyn tussen 2016 en 2017, met dankbaarheid dat hy jou veilig tot by hierdie grenspos gebring het.

“Die eerste 5 minute na die dood” kan bestel word by www.voelgoedwinkel.co.za

Published by Health & beauty

As former international Beauty and Spa therapist, Annien motivates and gives advise on body mind soul and spirit

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: