TE VEEL “CLUTTER”


Declutter picture

Ek het nog altyd daarna gestreef, soos julle almal seker, om heeltemaal rommelvry te wees. En dit maak mens woedend as iemand dan in jou huis instap en, so ewe diplomaties probeer sê: “jyt net ‘n bietjie te veel clutter!” En dan werk ek al vir dae – nee, JARE, daaraan! Ons het van ons kleiner huisie hierheen getrek, en ek het daar al ge-declutter en organiseer dat dit bars. Maar wat ek nie besef het nie..ek het weer gelyktydig aangeskaf, al die gate in die nuwe groot huis volgestop (al die vertrekke moes mos pragtig gemeubileer wees, dan nie!)

Almal dink helderder, voel vredevol, grounded in ‘n netjiese plek. Soos ‘n dokter se ontvangskamer. Of dalk in daardie een kamer van ons (soos die spaarkamer) – waarin ons selde kom, wat netjies is en wat mooi maar karig gemeubileerd is. Al wat ons na moet streef, is dat elke ANDER kamer in die huis ook so lyk!

Het julle al die Pinterest app ontdek? Ek het “declutter” ingetik, en kon nie glo hoeveel lysies, diagramme, opsommings, ens. daar is oor hierdie onderwerp nie! Ek het geweet minimalisme is trendy hierdie jaar, maar nie besef soveel mense praat daarvan, ook van Marie Condo se boek,“ The life-changing magic of tidying up” nie.

Vlgs Marie K kan netjies maak ‘n impak hê op jou HELE lewe. Sy sê, my eerste taak is om die leefstyl neer te skryf wat ek wil hê nadat my huis in orde is. Hoe jy wil hê jou lewe moet lyk. Dis moeilik. Met die ongeluk en so aan….soveel drome is vernietig en ek weet nie wat môre inhou nie. Ons het boonop maar onlangs in hierdie huis ingetrek – dalk met die woonstel-deel ‘n bietjie groot vir ons maar andersins alles waarna ek gesoek het. Maar as ek moet sê hoe hierdie huis, of omgewing, uiteindelik moet lyk?

Hoe ek wil hê my lewe moet lyk (as jy in gedagte hou dat ek net die eerste gedagtes neerskryf wat in my kop kom):

Ek sien ‘n moderne huis met neutrale kleure en bykomstighede uit die natuur (hy’s nou bloedrooi), of eerder “modern-vintage” (as daar so ‘n styl is). Net die basiese hoof items, Sonder papiere wat rondlê. Swembad ( Kleinerige “splashpool” sou eintlik genoeg wees, hoewel ek nou net ‘n groterige nuwe een laat insit het). Vredevolle gevoel, Ook vir my kinders as hulle kom kuier of by my is. Kinders as tieners met maats in woonstel gedeelte, of as hulle eendag gesinne het – met hul gesinne. Anders – hierdie deel ‘n “self-catering” sodat ek nie alleen oud word nie! Kreatiewe huis, Kunstig met ‘n paar kunswerke. Egte, natuurlike materiale, soos klip en glas (BAIE glas – soos nou). Baie lig. ‘n Huis met karakter: Romanties, “Voile” of chiffon materiaal, Egte katoen. Nie kunsleer nie. Baie wit en die Natuurlike kleure. Stil. Vrede. Sonnig. Baie teksture. Nie in ‘n kompleks nie (te veel ou mense en kinders). Steeds ‘n aktiewe lewe, fiks en gesond, Doen pillates, raak net fikser. Pyn-vry. Kinders het net goed van my te sê. Hulle bly die gelukkige kinders wat hulle nou is. ’n Ontspanne, “Cosy” huis. Ek sien myself opgekrul op ‘n Gemaklike bank met ‘n Boek, met my pragtige Hond by my voete. ‘n Kleurvolle, “arty”, kreatiewe klerekas met net een rooi ding, een pienk ding, een bont ding, ens..

Dit is ‘n eye-opener om hierdie visualiserings oefening te doen en so te sien wat jy kort in jou lewe. Duidelik kort ek… begeer ek… egtheid, minder weelde of image of shine (tog ‘n bietjie bling!), die natuur, gesondheid, meer tyd saam met my kinders, baie te beteken vir my kinders, my rekeninge op datum, alles georganiseer, min goed, alles op hulle plekke, al my “to do’s” op een plek neergeskryf en darem al afgetick, vrede in die chaos. Ek dink altyd ek is al een, maar soos baie vroue, metgeselle, ma’s… voel ek, veral as tetrapleeg… dat dit vir my moeilik is om alles bymekaar te hou. Ek begeer rêrig.. struktuur, en eenvoud.

So, ek het besluit, nadat ek die winkels leeggekoop het om hierdie huis mooi te versier, en nadat my hond groot happe uit die twee fake leer banke gebyt het (en ek besef het my gunsteling rooi bank beteken eintlik niks – al was hy deel van my trendy self!)…dat ek tog maar verder gaan prober declutter. Simplifiseer. Om die spanning wat ek hier ondervind het, te verminder.. (baie goed lei daartoe dat mense jou begin misbruik).

As ‘n mense ‘n “hole in the soul” probeer vervul met soveel goed, is dit tyd om sekere goed te begin weggee – en sekeres te behou… solank albei jou gelukkig maak.

Terloops, soveel “joy” is van my gesteel met die ongeluk. ‘n Gebed word die Sondag oggend vir ‘n betraande ek gebid, op MY aanvraag, “for JOY and happiness to return”. En minder as ‘n uur daarna – die ongeluk. So waar vind ek hierdie JOY?

Een manier is skynbaar om omring te word deur net die DINGE wat jou JOY gee. DIT maak jou gelukkig.

Die ongeluk het my onmiddellik laat besef dat ek minder moet jaag, meer in die oomblik moet leef, dat my lewe minder chaoties moet wees. Maar toe gaan kies ek, nes ek die geleentheid kry, ‘n groter huis, meer meubels en versierings – enige iets om my aandag van my fisiese pyn af weg te neem…

Al wil ek nie gou weer uit hierdie huis trek nie, is ek nou gereed om ons lewens nog makliker te maak. Minder gejaagd. Minder stresvol. Gelukkiger. En dit kan ek net doen met minder clutter.

My huis moet ‘n refleksie wees van hoe ek my lewe wil leef, en ek kan nie wag om hierdie journey te stap , my huis netjies te maak en my lewe te verander nie.

Die ware wonder van netjies maak, lê nie by slim stoor-idees of organiserings truuks nie – nie met die honderde plastiese bokse wat my ‘n paar duisend rand gekos het nie …dit begin alles met decluttering! Skielik maak dit sin. Hoe minder jy het om georganiseerd te moet hou, hoe minder werk sal dit wees om alles in hulle plekke te hou. Dis moeiliker om ‘n klomp ornamente skoon te maak en rondom ‘n klomp meubels te vee. Dis ook moeiliker om ‘n klomp goed in stand te hou.

My verhoudings het selfs onder my clutter gelei. Ek het net nie tyd gehad vir my medemens nie (want ek was heeltyd besig om clutter uit te sorteer lol!) Toe ek die dag minder geld begin uitgee, het ek besef. DIT is gewis een van die dinge wat sekere ryk mense ongelukkig maak – CLUTTER.

Maar mense, hierdie gaan ‘n moeilike taak wees. Easier said than done. Ek weet selfs nie of ek by al die vereistes sal kan hou (byvoorbeeld om bokse skoonheidsnotas of tydskrifte weg te gooi nie!)

Die rede hoekom die Marie Condo – metode so gewild geraak het, is oor die eenvoud daarvan. Dit het ‘n paar basiese beginsels: (ek noem net die wat ek aan glo)..

    1. Dis belangrik, voordat jy begin, om eers jou eindpunt te visualiseer, die ideale leefstyl waarvan jy droom.
    2.  Die manier van opruim wat ek verkies, is om dit kamer vir kamer te doen. (Om een kamer op ‘n slag te kry sodat dit lyk soos jou spaarkamer, waar jy selde kom. Netjies en als op hul plek.) Marie K se manier, is om dit kategorie vir kategorie te doen. Jy kom dan agter hoeveel presies jy wel het van dieselfde kategorie, in verskillende kamers. Bring byvoorbeeld al die papiere wat rond-en-bont in die huis lê en gooi dit op ‘n hoop, om uit te sorteer. Dieselfde items kan dan ook makliker bymekaar gestoor word. (jy kan ook my manier volg).
    3. Dit gaan net oor 2 hope vereers: 1. Uitgooi en 2. Besluit waar om te stoor of bêre. Dit help nie jy maak oor en oor skoon (soos ek) sonder om genoeg uit te gooi nie – en dan wonder jy hoekom jy nie jou huis skoon en rommelvry kan hou nie. Het jy net te veel goed, is die vraag. Om waarlik die dinge te waardeer wat belangrik is vir jou, moet jy van dit ontslae raak wat hulle doel uitgedien het. Fokus op wat jy wil hou (nie sonder kan lewe nie!) eerder as op wat jy van ontslae wil raak (as dit sinmaak!).
    4. Net die dinge wat JOY gee, of wat – soos skoonmaakmiddels – lei tot joy (‘n skoon kamer) moet agterbly. Jy moet jou slegs omring met die dinge wat jou gelukkig maak. Visualiseer jou huis met niks anders as dit wat jou vreugde gee nie. Doen hierdie oefening: Vat elke item in die huis in jou hand en vra jouself af. Bring dit vir my JOY? Indien nie, gooi dit uit.
    5. Volg die regte volgorde. Begin met die maklike kategorieë soos klere en boeke, en eindig met die meer uitdagende soos Miscellaneous en sentimentele items. Wanneer jy met jou klere begin, is dit maklik om te besluit watter items om te hou en watter om van ontslae te raak. Soos wat jy dan vorder, word jou intuisie sterker en is jy meer ingestel daarop.

Dit is ook voordelig om terselfdertyd wenke op te lees oor hoe jy jou goed moet stoor, klere moet vou, hang, speserye moet stoor, jou toonbanke rommelvry moet hou, miscellaneous goed moet organiseer ens.

Ek het reeds met Marie Kondo se manier van decluttering begin. Ek sal uiteindelik ‘n paar blogs gepubliseer het oor my eie ontruimings proses soos ek deur een kategorie op ‘n slag werk.

‘n Hele paar lesers het by my aangesluit met my Rein Dieet. As jy geinterisseerd is om by my aan te sluit met hierdie metode, laat my gerus weet by annienatpeace@gmail.com!

Published by Health & beauty

As former international Beauty and Spa therapist, Annien motivates and gives advise on body mind soul and spirit

2 thoughts on “TE VEEL “CLUTTER”

  1. Dankie Annien! Ek probeer ook daagliks huis netjies hou en declutter. Dit maak mens se lewe verseker rustiger voel. Hoe meer goed…hoe meer bekommernisse!xxx

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: