HOE LYK ‘N MOOI HUIS?


Al is jou huisie klein, is ‘n huis mooi as dit noukeurig rangskik en versier is met ORDE, RUIMTE EN LIG. So ‘n huis bring vrede en kalmte. Dan word dit vir ons ‘n veilige hawe waar ons weer ons ewewig kan herstel!

Ons het in ʼn moderne, kunstig-ontwerpte huis ingetrek, wat ek en my gesinnetjie baie van hou! Terwyl ek na 60 huise gekyk het voordat ek die regte een gevind het, het ek agtergekom hoeveel verskillende style, smake en voorkeure daar is! Maar wat maak rêrig ʼn MOOI huis?

Elke ding moet op sy plek wees. Dan maak dit daaglikse take en roetines makliker en lekker om uit te voer. Die wete dat wollerige handdoeke en seep op hulle plek sal wees in ‘n skoon badkamer, help jou voorberei vir ‘n nuwe dag en ontspan na ‘n moeilike een!

ʼn Netjiese, rommelvrye huis help jou om meer georganiseerd te lewe, en te voel “jy’s in beheer.” Alles in ons visie, trek ons aandag, of lei dit af, soos rommel. Hoe minder rommel, hoe minder stres het ons. Om jou omgewing rommelvry te hou, sal jy waarskynlik jou goed moet verminder, sodat jy ook minder het om voor te sorg of skoon te maak. Hoe meer goed jy het, hoe meer het jy om ook skoon te hou. Dis moeiliker om ʼn spul ornamente skoon te maak, of om te vee of stofsuig rondom ʼn klomp meubels.

“Minder-is-meer”.  Verminder die voorwerpe in elke kamer, en plaas dit wat oorbly, alleen, of in ‘n rangskikking wat in die ruimte pas. Wanneer jy twyfel of iets pas, neem dit liewer weg. ‘n Klein rangskikking van 3 groot voorwerpe bymekaar werk beter as ‘n klomp, omdat jy elke voorwerp dan meer waardeer. (Bring liewer later drie ander te voorskyn). Klein ornamente kan in ‘n groep uitgestel word. Hou soort by soort. Onthou dat hoe minder voorwerpe, hoe meer skep jy ruimte, wat meer ontspannend is en jou helder laat dink.

” Daar is skoonheid in eenvoud”.   Deur van rommel ontslae te raak, vereenvoudig ons ons lewe. ʼn Eenvoudige huis is kalmerend. Dit is dikwels die eenvoudigste dinge in die lewe wat ons die meeste plesier verskaf – ‘n gemaklike stoel, die gevoel van vars-gewaste lakens, of die mooiheid van ‘n blom. ʼn Huis met amper niks binne-in nie, buiten ʼn paar interessante meubels, ʼn paar mooi skilderye, en net ʼn paar versierings, laat ‘n indruk. Kos lyk soms beter op ‘n eenvoudige wit bord – sonder versiering of detail. En ‘n enkel blom het soms ‘n meer dramatiese impak as ‘n bos blomme.

Natuurlike materiale in jou huis – blomme, groenigheid, ʼn stuk dryfhout of selfs ʼn skulp – met hulle eenvoudige mooiheid en kontras in teksture en kleure, verbind jou met die natuurlike wêreld. Geel houtvloere, wit-gepleisterde mure, materiale soos wol en linne, en keramiek pottebakkerswerk, dra by tot ʼn atmosfeer van rustigheid.

Kies net voorwerpe wat jy kan gebruik of wat vir jou mooi is.  Ek sê altyd, “ek hou daarvan om my te omring met mooi goed”. Die plesier daarvan om na ‘n mooi voorwerp te kyk, help om jou gedagtes te fokus en jou gees te hernu. Ook kombuisware moet ‘n lus vir die oog wees – kies selfs basiese kombuis items, soos houtlepels en bakke, in mooi vorms en kleure! Kies kwaliteit.

‘n Beperkte kleurskema skep orde en rustigheid. Na jare se wonder watter kleure my huisversierings moes wees, het ek uiteindelik besef dat monochroom (dieselfde kleur) baie stres uitskakel. Kies ʼn kleurskema wat jou kalmeer.

Ek glo daarin om ʼn vertrek te balanseer deur ʼn sekere kleur, materiaal of tema binne die vertrek te herhaal. Jy kan ‘n groep voorwerpe (selfs verskillende kamers in die huis!) “saambind” met een kleur, of skakerings van een kleur wat herhaal word.

Simmetriese geboue met perfekte proporsies, dra by tot harmonie, orde, algehele ontspanning of rustigheid. As jy jou kamers balanseer, skep dit hierdie selfde gevoelens binne-in jou.  Kies meubels wat die dimensies van jou kamers pas.

MOOI HUISE

imagesM2IGVWQTimagesF03Q82CZimages8IHPGJJQ

imagesHRHXX7N2

ONS HUIS    g2m_1826101g2m_1826106 (2)g2m_1826102

DIE GASTEKAMERS  9ae1ef0b-f7f8-4c1e-8246-804925e7fac3g2m_1862305

Published by Health & beauty

As former international Beauty and Spa therapist, Annien motivates and gives advise on body mind soul and spirit

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: