GOEIE NAGRUS SONDER SLAAPPIL


sleep2

Jou liggaam maak slegs nuwe selle terwyl jy slaap, waaraan ek myself dikwels moet herinner! Soveel as 70% van ons kry nie kwaliteit slaap snags in nie. Skynbaar is jou slaap posisie belangrik. Dit het ‘n effek op die kwantiteit en kwaliteit van jou slaap, asook op jou gesondheid en geluk.

Toe die skoolvakansie aanbreek, het ek besef hoe moeg ek werklik is! Ek voel skoon uitgebrand. Waarom weet ek nie, want dis nie asof ek voltyds werk of heeltyd agter my skoolkinders aan ge”hardloop” het nie. Dit kan moontlik die medikasie wees wat ek neem, waarvan die een, slaperigheid veroorsaak. Tog voel dit asof ek moeër is as ooit tevore. Spanning kan ook ʼn faktor wees, want daarvan het ek al ʼn goeie dosis gehad vanjaar! Ek het ʼn slaappil oorweeg, veral omdat my gedagtes my dikwels laat saans nog wakker hou.

Maar toe kom ek af op ʼn paar interessante feite…

Die slegste manier denkbaar waarop jy kan slaap is op jou maag. Maar hoekom, as dit dan so heerlik voel om jou so op die bed neer te plak, en te bly lê? Omdat dit ʼn geweldige stremming op die ruggraat plaas, en pyn veroorsaak.

Om op jou sy te slaap is beter vir die ruggraat wat verleng bly, en so minder stremming ondervind. Dit verminder ook snork, sooibrand of suur op die maag. Jy kry egter mettertyd plooie, omdat jou gesigvel te veel verdruk word deur die kussin. As jy op jou sy slaap, is dit ook verkieslik dat jy ʼn kussing onder jou bobene plaas om jou pelvis en lae-rug te ondersteun.

Slaap op jou linkerkant is beter vir sirkulasie en onbeperkte bloedvloei deur die kardiovaskulêre sisteem, vir ʼn minder onrustige, aan-en-af slaap. Slaap jy op jou regterkant, plaas jy druk op jou ribbekas en stremming op jou longe, wat maak dat jy gedurig omdraai in jou slaap vir beter bloedvloei, en dit verger sooibrand of suur op die maag.

Die beste posisie om te slaap is op jou rug, met jou kop effens gelig. Dis die mees neutrale en ondersteunende posisie vir jou ruggraat. Dit verminder ook die moontlikheid van suur in die maag en plooie. Maar word nie aanbeveel as jy swanger is, aan slaap apnee ly of geneig is om te snork nie!

Wanneer jy seer of moeg wakker  word soggens, hou hierdie wenke in gedagte, en geniet die gesondheid en skoonheidsvoordele wat daarmee saamkom!

http://www.voelgoed/blogs

Published by Health & beauty

As former international Beauty and Spa therapist, Annien motivates and gives advise on body mind soul and spirit

2 thoughts on “GOEIE NAGRUS SONDER SLAAPPIL

    1. Ja, ek sien net foto’s van julle met die vakansie! Ek het maar gely hierdie vakansie onder die pyn want dit was bitter bitter koud. Dit gaan darem nou beter vandat ek skelmpies natuurlike slaappille inneem (Melatonin en Gabatropin) – by pynkliniek gekry! En het vandag begin gym. Maar gaan net elke 2de dag of so..Mis julle en sien uit daarna dat ons weer ‘n lekker chat kan he! xx

      Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: