Ek het al vertel van my “Rein dieet” – en dat ons in die hemel seker so gaan eet!
Nà ‘n email van ‘n blog inskrywer hierdie week wat sukkel met oortollige gewig , het ek besluit om ‘n bietjie meer te openbaar oor hierdie gesonde manier van eet, met geen preserveer- of kleurmiddels, verfynde bestanddele, suiker of verfynde sout nie. Kosse soos lae-vet jogurt bevat bygevoegde versoeter of kunsmatige bestanddele, en selfs volgraan gesnyde brood is nie goed vir jou nie! Hoe is ons veronderstel om ons pad te vind deur hope bemarking-leuens soos die”all natural” of “lae vet” bewerings?
Ek het eintlik maar onlangs op my gesonde “journey” weggespring, en het eers nie geweet WAAR ek moet begin met winkelaankope nie.. Wat is deesdae goed vir jou? Wat is nie? Aan die begin van ‘n nuwe manier van eet, is dit makliker wanneer ‘n mens vertel word presies wat om te koop en wat om te eet.
As voedingkundige wil ek ook met jou my kos-ervarings deel. Miskien is jy baie besig, en om oor te gaan in ‘n gesonde leefstyl en jou dieet te verander lyk na harde werk, of jy wil dalk net ’n lys hê van wat presies om te eet om vinnig gewig te verloor! Die “Paradys” manier van eet is eenvoudig, jy hoef net elke 2de dag te oefen en jy sal gou-gou gewig verloor.
Wanneer jou dieet preserveermiddels bevat, is jou liggaam besig om toksienes te beveg en nie die vetselle nie, vandaar jou oortollige gewig. Jy hoef ook nie te vas om jou liggaam te reinig nie – jy moet slegs reinigende kosse eet!
Soos jy begin sien en voel hoe jou liggaam verander, sal jy miskien ook meer geinteriseerd raak in voeding en verstaan hoekom dit belangrik is om suiwer kosse te eet.
Behalwe van organiese kosse het ek gedurende navorsing gelees en praat van free-range, nogal grass-fed beef, raw milk van grass-fed of pastured cows, ens. en my boere familie het my laat wonder of ek nou malraak.. Maar met ‘n bietjie verdere oplees hieroor, het ek tot die gevolgtrekking gekom dat dit tog alles die volle waarheid is!
Gelukkig vir aan-lyn, gesondheidswinkels en sekere slagterye, want dit is nie ‘n grap om vir hierdie kosse in die supermark te begin soek nie (en daarvoor is daar natuurlik ook ‘n rede, maar hier’s te min ruimte om te verduidelik). Dis amper soos om vir ‘n vark in Palestina te soek!
Jy het ‘n voordeel as jy in ‘n plaasgemeenskap woon en jou kos vanaf die plaaslike boere kry, of soos ek, ‘n “Friendly Green-grocer” hiernaby het wat duidelik ook glo aan die “rein dieet!” Daarmee gooi ek nie my gunsteling supermark uit nie, want hier begin ook al meer sulke kosse verskyn.
Dis was vir my maklik om eers enkele gesonder plaasvervangers te kies, soos exstra virgin coconut/klapper olie in plaas van gewone kookolie (en ekstra suiwer olyfolie vir slaaie), of lekker romerige Griekse Jogurt met suiwer heuning vs. gegeurde jogurt. (Die dieet gevegde het nog nie hiermee begin nie!) Ek stel vereers net sekere van die “ongewone” kosse bekend aan my gesinnetjie, en bring een so ‘n kos per slag in ons dieet in, al is dit moeilik met kinder fiemies ensomeer..
Natuurlik is dit vir smaakdoeleindes die beste as jy alles in organies kan bekostig, maar sekere groente en vrugte hoef gelukkig nie organies te wees nie.
Email vir my en vra vir ons volle kos bestanddeel lys, plus maklike oggend, middag en aandete resepte, by annienatpeace@gmail.com. Jy hoef dan net jou inkopielys uit te “print”, die ete van jou keuse te kook, en elke 2de dag te oefen!
http://www.voelgoed.co.za/blogs