My geheime velsorgwenke


blogprent beauty tips

Ek deel ‘n paar geheime velsorgwenke met jou, na jare in die skoonheidsbedryf. Studies, ondervinding en selfs kliente was my leermeesters.

DIE WETENSKAP VAN JOU VEL:

*Pasop vir die velindustrie. Die duurder produkte is nie noodwendig jou beste produkte nie. Jy betaal baie kere ook vir ‘n deel van die mooi verpakking. Kyk liewer watter bestanddele die produkte bevat, en hoe koste effektief dit vir jou is. Soms kan jy ook ‘n “all-in-one” produk vind, wat jy byvoorbeeld as dag-, nag- en oogroom kan gebruik. In sommige reekse is jy gelukkig dat die dag en nagroom EEN room is. In ander reekse is daar ‘n duidelike verskil tussen die dagroom, wat gewoonlik ook ‘n bygaande sonbeskerming faktor bevat, en jou nagroom, wat die vel voed. As jy vind die basiese reeks het vir jou gewerk, hou aan om dit vereers te gebruik en moet jou nie te veel steur aan nuwe produkte wat hul opwagting in die reeks maak nie. Soms bly die aanvanklike produkte in die reeks voldoende.

*Vermy parabens wat in baie velprodukte voorkom, wat kanker veroorsaak. Kyk liewer uit vir die produkte wat met plantaardige/botaniese middels gepreserveer word. (Marie Pretorius. Cosmetique2000)

*Dit is altyd beter om “in die huis te bly” vir maksimum resultate, met ander woorde nie jou produkte van verskillende huise te veel te meng nie,  want produkte word meestal geformuleer om saam met mekaar te werk, maar as jy produkte gebruik wat nie vreeslik aktief is nie, soos net natuurlike produkte, is dit nie doodsake nie. Dan mag jou reiniger en toner maar verskil van die velrome. Hierdie twee MOET egter van dieselfde huis wees (hulle is getroud).

*Ek moet erken dat ek selde ‘n toner gebruik, maar glo dat indien ek sou, my vel selfs beter sou lyk! Ek gryp ook dikwels sommer enige velroom of tissue oil wat beskikbaar is, maar omdat dit nie te aktief is nie, kry ek nie ongewenste velreaksies nie. Ek glo ook dat, deur my velprodukte soms te wissel, my vel goed doen, en beoordeel ‘n produk gewoonlik op hoe my vel daarop voel wanneer ek soggens wakkerword, of deur die dag. Natuurlik is my goeie velgene aan my kant!

* Onthou dat die REINIGING van jou vel die basis van goeie velsorg is.  Want net as die vel werklik skoon is, kan die velrome geabsorbeer word. Sommige reinigers bevat essensiele olies wat heerlik ruik. Saam met die gebruik van ‘n scrub 1x per week, raak jou vel lekker skoon, en bring jy dit by die regte PH uit sodat die produkte kan penetreer. Dit is baie belangrik om die regte reiniger vir jou spesifieke velsoort te gebruik wat, na herhaaldelike was, jou vel se PH balans sal normaliseer (Marie Petorius. Cosmetique 2000).

*Podukte wat normaalweg by ‘n salon verkoop word is werklik beter as oor die toonbank produkte, al word dit nie soveel bemark nie, net weens die feit dat dit gewoonlik aktiewer bestanddele bevat, en juis daarom dat dit deur hoogs opgeleide terapeute verkoop word.

*Sonmiddel: Ek het vir jare’n pragtige vel gehad, maar buiten dat ek my omtrent gekamoefleer het voor ek in die son gaan le het met hoed, sonbril en sonbrandmiddel, het ek byna nooit ‘n sonbrandmiddel op my gesig gedra vir alledaagse son (as ek meestal binnenshuis sou verkeer) nie. Die oomblik toe ons Kaap toe trek, verouder ek vinniger, byna oornag. En nee, dit was nie  my lewensomstandighede hier nie. Ek kon duidelik die nuwe sonskade, weens my nalatigheid in die son, aan my vel sien. ‘n Daaglikse sonmiddel het nodig geword. En RAD van Environ een van my beste vriende. Wend hierdie sonbrandmiddel oor jou velroom aan, selfs in die winter.

*Buiten vir baie sensitiewe oe of vrouens wat baie swaar grimering dra, is deesdae se skoonmaak middele voldoende om ook grimering om die oe af te was. (Moet net nie olierige produkte, soos baba olie gebruik om grimering te verwyder nie. Marie Pretorius.) Maak seker jy maak die vel dubbeld skoon as jy grimering gedra het. Was soggens net 1x om te verseker dat jy van die onsuiwerhede ontslae raak wat die vel gedurende slaap afgeskei het). Moet nooit gewone dagseep, of Clearasil en kie. gebruik om jou vel mee skoon te maak nie. Dit  versteur die pH van die vel en maak in elk geval nie jou vel diep genoeg skoon nie, al voel dit so. Olierige velle hou van skuimerige wasmiddels en droe velle van skoonmaakrome of melkerige middels.

*Toner: Myns insiens is die toner nie so belangrik vir ouer mense *Skoonmaak-metode: Gebruik sponsies om jou reinigers in te masseer om die bloedsomloop na die vel te verhoog sodat jou produkte makliker penetreer. Vee altyd opwaarts, buiten met die nek kan jy op of af.
*Toner: Myns insiens is die toner nie so belangrik vir ouer mense nie, maar veral vir die jongeres, die met ‘n olierige T-paneel of wange, of met swartkoppies op die neus. Die toner normaliseer die PH balans regoor die vel, en maak die vel gereed vir beter absorpsie van die dag of nagroom. Dit haal ook die ekstra grimering en vuilheid van jou vel af wat jy te lui was om af te was (veral as jy ‘n reiniger gebruik het wat mens net met tissues kan afvee). As jy nie so sleg is soos ek is nie, en die moeite kan doen om ‘n toner te gebruik, sal jy tog ‘n verskil aan die tekstuur van jou vel begin sien.

*Serums: serums is wonderlike goed. Hierdie produkte bevat soms 80% aktiewe bestanddele wat die vinnigste veranderinge aan die vel teweegbring, terwyl dag en nagrome soms net 5% aktiewe bestanddele bevat. Die serum moet ingevee word vir die beste effek. Wend daarna jou dag of nagroom aan.

*Dag en nagrome: Onthou dat daar ‘n verskil is tussen droe en gedehidreerde velle. Droe velle kort olie en gedehidreerde velle, vog. Gedehidreerde velle lyk soos crinklepaper as jy dit effens druk. Ek het byvoorbeeld gevind dat die vrouens in die Transvaal baie meer met gedehidreerde velle sukkel. Jy kan selfs ‘n olierige gedehidreerde vel he. Hiervoor kan jy of meer water drink, of ‘n vogtiger produk gebruik, wat jou terapeut voorskryf. 

*Mense se mos altyd ‘n velterapeut kyk nooit na haar vel nie soos ‘n haarkapper nooit na sy hare nie..darem nie heeltemaal waar nie! Ons terapeute het dit geniet om, sodra ons die kans kry, vir mekaar behandelings te gee, of vir onsself! Maar waar daar tog waarheid in die stelling steek, is dat ons selde, indien ooit vir ‘n professionele behandeling betaal het, so ‘n maandelikse gesigbehandeling was buite die kwessie. My mini gesigsbehandeling in die bad by die huis, was altyd my antwoord. Vel skoonmaak met velsorg verwyderaar- 2x as jy grimering gedra het. Wend daarna ‘n afskropmiddel aan, en raak ontslae van die boonste droe laag van die epidermis. Andersins, gebruik’n AHA of vrugtesuur wat meer van die boonste dooie lae verwyder, wat maak dat die dermis (die heel binneste laag van jou vel) verdik en meer elasties raak. Dis wat jy wil he..’n meer elastiese vel.Wend daarna jou masker aan vir 10 minute, gewoonlik ene wat verhard vir olierige velle en’n romerige masker, vir droe velle. Vir diegene wat dit kan bekostig is ‘n gesigbehandeling by ‘n salon elke 4-6 weke die antwoord.

*Aknee: My hart het soms gaan stilstaan wanneer ek verby ‘n tiener seun stap en ek sien sy vreeslike aknee, dan moes ek myself keer om hom nie sommer te stop en raad te gee nie! Mense dink soms verkeerdelik dat hul aknee of puisievel vuil is, en dat hulle dit soveel moontlik moet skoon skrop. Dit werk met ligte puisies maar in die geval van aknee, versprei die puisies weens die verhoging in bloed sirkulasie! Hou onmiddellik op skrop. Hoe sagter jy nou met jou vel te werk gaan, hoe beter. Was met ligte sirkel bewegings en druk dan die vel droog met skoon wit sneesdoekies (dieselfde handdoek kan ook puisies versprei). En moenie jou vogroom uitlaatnie, maar wend die vogroom aan wat jou reeks voorskryf. ‘n Volledige velsorgreeks van ‘n salon, is belangrik vir probleemvelle. ‘n Baie sensitiewe vel moet soms net eers aquasroom vir ‘n tydjie aanwend totdat die sensitiwiteit opgeklaar het. Maar onthou dat so ‘n room dalk geen negatiewe reaksie kan veroorsaak nie maar ook geen positiewe effek (soos anti-veroudering) op die langeduur teweegbring nie!

*Die son en rook is natuurlik jou vel se 2 grootste vyande. Alhoewel 20 minute in die son elke dag baie goed is vir jou vel en jou gesondheid, veroorsaak te veel son ‘n dik, leeragtige vel. “Alginate” maskers (wat kliphard word en vog verseel) werk goed vir sonskade. Jou vel kan selfs ten spyte van sonskade in die verlede, weer nuwe selle vervaardig en dit is nooit te laat om die tekens van veroudering om te swaai of te vertraag nie.

*AHA’S: Hierdie bly steeds my gunsteling buzz woord, en ek het vroeer jare’n studie van hierdie vrugtesure gemaak. Kortom, dit bespoedig velvernuwing en verfyn die tekstuur van jou vel, en draai velveroudering selfs OM.

*Onthou dat dit soms onbekende velreekse is wat die beste werk en “ondergronds” gebruik word.         (Sien www.cosmetique2000.co.za.za)

Bestel Cosmetique 2000 aanlyn by http://www.cosmetique2000.co.za. Jy kan met behulp van’n konsultasievorm ontdek watter tipe vel jy het en watter produkte van die reeks jy benodig. Jy kry ‘n perfekte voorskrif volgens jou veltipe, deur Marie Pretorius. Sy het ook ‘n “all-in-one” produk, wat as dag-, nag- en oogroom gebruik kan word. (Tv persoonlikhede soos Carike Ceuzenkamp gebruik ook hierdie produk).

*Weet julle hoe lyk, en selfs ruik ‘n oumens se vel van in die 90’s wat nooit haar vel skoongemaak het nie? Ek moes een maal uit die salon stap vir vars lug en vir verligting van naarheid…Haar vel was oortrek met baie diep swartkoppies (vuilheid en olie) en een behandeling sou nie genoeg wees om haar vel skoon te kry nie!

*Kan’n mens net staatmaak op skoonheid van binne, met ander woorde deur gesond te eet sonder om om te gee wat jy aan jou vel smeer? Tot ‘n mate, ja. Volgens Mary Ann Shearer in “Perfect Health” het sy nie meer’n velroom nodig, nadat sy vir jare net gesond geeet en geleef het nie.

Published by Health & beauty

As former international Beauty and Spa therapist, Annien motivates and gives advise on body mind soul and spirit

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: