Jy kan jy nie‘n J.Lo wil wees maar nie eet soos sy nie!
Gewigverlies is 80% wat jy eet en maar slegs 20% hoeveel jy oefen. Jy kan selfs fantastiese resultate kry sonder om ’n moeilike oefenprogram elke dag te volg.
Daar is soveel soorte diëte op die mark, en almal “werk” en laat jou gewig verloor, dit hang net af of jy dit ten volle volg, eet en elimineer wat jy moet – of dit nou vet, suiker, suiwel, gluten, of rooivleis is…
En as jy lank genoeg daarmee aanhou, selfs wanneer jou gewig vir ʼn tyd gaan stilstaan, sal jy nie weer jou vorige gewig optel nie. Ongelukkig skud baie nie die gewig af nie, of doen dit maar tel dit weer dadelik op. En erger nog – somtyds tel jy aan die einde meer gewig op as wat jy verloor het. Jy voel dan so gefrustreerd of onvolwaardig, dat jy sommer drastiese, ongesonde diëte probeer wat jou liggaam in gevaar kan stel. My familie en (veral) ek kan vir ure om die etenstafel oor “wat gesond is” gesels! Ek het my altyd as voedingkundige beskou omdat ek ‘n breë oorsig van die verskillende diëte gehad het. En toe maak die “banting” dieet ook nog sy verskyning… Ek wou sommer handdoek ingooi en eet wat ek wil – sommer als – al die vet van die “banting” asook die lae-vet kosse van die lae GI-dieet!
Ek het begin dink aan die dieet lank gelede waarmee ek heelwat gewig verloor het, en wat selfs my wange en tande laat blink het. Was dit omdat ek koring, suiker, alkohol en preserveermiddels uitgesny het, of ‘n proteïen, graan en groente by elke ete geëet het om my bloedsuikervlakke konstant te hou, of gereeld rooibostee sonder melk en suiker gedrink het? G’n mens sal weet nie…
Met sekere punte stem al die diëte tog ooreen, soos dat jy nie suiker of preserveermiddels moet eet nie.
Met die ontdekking van ‘n nuwe webblad, het my oë oopgegaan. Ek noem dit die “rein” dieet. So gesond en rein as moontlik… Ek dink altyd, in die hemel gaan ons seker so eet.
Natuurlike heel kosse soos vrugte, groente, maer proteïne, en sprouted grain bread, heuning en Stevia vir my soet tand. Vrugte en ongesoute neute tussen etes, twee koppies organiese koffie per dag en selfs nou en dan ‘n glas rooiwyn…(hoewel ek nie ‘n swaar drinker is nie)..
Volgende keer meer oor my rein dieet!
Jou liggaam is ’n geskenk van God, wees daarom bedag op elke kossoort wat jy inneem.
-
Blogger – Annien Botha
As internasionaal gekwalifiseerde skoonheidskundige, spaterapeut en huishoudkundige skryf Annien oor SKOONHEID en GESONDHEID op alle terreine. In 2012 was sy betrokke in ‘n ernstige motorongeluk wat haar beroep as terapeut na 20 jaar beëindig het. Sy het egter besluit om te bly skryf en blog in haar beroep. Sy inspireer met haar eie gedagtes, dade en lewensverhaal sowel as die van mense rondom haar.