As ‘n mens ouer raak, voel jy maklik, vir wat is dit nodig om jou nog aan die mode te steur. Tog skuld jy dit aan jouself en jou familie, om pragtig te lyk elke dag, want jy toon respek aan hulle en jouself.
Victoriaans en romanties is in. So-ook die jare 70’s met sy wyepyp broeke, poncho’s en cowboy klere.

Halleluja! Baie kleure hierdie seisoen! Ek hou van ‘n kleurvolle kas, en elke nou en dan ‘n nuwe voorkoms! Ek was verras om te sien dat my gunsteling kleure hierdie seisoen “in” is!
Mooi klere is my swak punt. Ek LOVIT! En het ongelukkig eers met ouer word agtergekom watter style en kleure my rerig pas!
Ek het baie selde grimering in my lewe gedra, want ek het dikwels te “opgedoen” of soos ‘n poppie gevoel! Noudat ek amper te oud is vir te veel grimering, is ek spyt daaroor. As ek ‘n paar jaar kon terugdraai, sou ek meer dikwels, saans, skitterende blinkgrys op my hele ooglid wou aanwend! Ek het veral nooit lipstiffie gedra nie, en het onlangs daarmee begin nadat ek gelees het, dat een manier om dadelik goedversorgd te lyk jy slegs lipstiffie moet aanwend.
As vrou het jy boonop die voorreg dat jy nie dieselfde eentonige voorkoms hoef te he nie, maar net deur jou hare, kleredrag, naelsorg en jou grimering te verander, kan jy elke dag ‘n vars, nuwe beeld skep.
Dit was vir my interissant om te gaan loer na 2016 se WINTER STRAATMODES – oorsee!
MY KLEUR #1: SWART
Swart was nog altyd my gunsteling kleur en ek hou daarvan om myself stylvol van kop tot tone in swart uit te dos. Toe ek ‘n paar jaar gelede by ‘n kettingwinkel gewerk het, is my persoonlike styl deur ‘n medewerker beskryf as “goties” (“Gothic”).
Met swart en dalk ‘n groot kruis om die nek, skep jy so ‘n voorkoms. Maak net seker jy lyk fyn afgerond.
Swart grimering is net vir die dapperes. Ek sien die swart lipstiffie is sowaar uiteindelik vir die eerste keer werklik groot mode. In plaas van net swart naellak aan te wend, kan ek dalk ook my lippe weer, soos toe ek jonger was, donkerder kleur. As jy egter nie, soos ek, meer seker is of jy met die donker lipstiffie kan wegkom nie, dra liewer ‘n lipstiffie wat gryser is, of probeer een in ‘n eiervrug(donkerpers) of ‘n Cabernetkleur (die donker dieprooi van Cabernet druiwe). Die Cabernet lippe gaan ook saam met ‘n gesofistikeerde of Gotiese voorkoms. As jou lippe baie dun is, kan jy kies om liewer jou kleur net met jou vingerpunte op jou lippe te klad.
Swart is ‘n kleur wat sexy, slank, gesofistikeerd, elegant, Goties, “arty”, jonk, stylvol, dramaties, ekstreem, vreemd of misterieus uitstraal. Swart is tydloos, is skynbaar vir rebelle, die wat hulself vertrou en dapper is!
GUNSTELING KLEUR # 2: ROOI
Wanneer ek rooi dra, glimlag meer mense vir my en is minder “versigtig” vir my as met die vreemde swart. Al die rooie is ook hoogmode.
Dra rooi van kop tot toon of probeer dit meng met ligpienk!
Kies ‘n blourooi of tamatierooi lipstiffie as jy ‘n ligte vel het en ‘n oranje rooi as jy ‘n effense gelerige vel het.
Rooi straal warmte uit en is die simbool van krag, liefde, energie en passie.
GUNSTELING KLEUR #3: MOSGROEN (Al die skakerings van mos in die natuur: geelgroen, kakiegroen, donkergroen.)
Dis ‘n luukse styl (dink aan groen fluweel!). Veral as jy rooi hare het, moet jy natuurlik groen dra.
As brunette was ek nog altyd lief vir mosgroen rokerige (“smokey”) ooggrimering (Wend dit oor die hele ooglid aan.)
“GREEN IS THE HEALER”, en die kleur van die natuur. Hy kalmeer en ontspan jou, en ook diegene OM jou.
GUNSTELING # 4: EIERVRUG-PERS (Lig tot diep pers.)
Hierdie is ‘n vleiende kleur wat by almal pas, ook pers grimering!
Gebruik die pers ook vir die rokerige voorkoms bo die oe.
Dit is die kleur van transformasie (dalk ‘n nuwe seisoen in jou lewe!), die geestelike, en is sag en sensitief.
GUNSTELING #5: ROOSKWARTS
Meeste van my familie dink aan my in hierdie kleur!
Hierdie ligpienk pastel is die sagte skoonheidskoningin kleur van die seisoen
Hoewel jy A-lyn mini’s, “baby doll” – rokke en blink skoene in hierdie kleur kan dra, is reguit lyne soos ‘n snyersjas of gestruktureerde rok dalk beter vir jou ouderdom.
Hierdie grimering is glansend, deursigtig, sag. Vloeibare ooggrimering (“liquid eyeliner”) en ‘n “up-do” haarstyl sal bydra tot jou skoonheidskoningin voorkoms.
GUNSTELING #6: KAKAO
Ek het ook al onverwags die kompliment gekry dat hierdie kleur “my” kleur is! (seker omdat dit ‘n kleur is wat ‘n mens so selde dra!)
Skaf vir jou vanjaar ‘n oorgroot bruin jas aan.
Bruin is ‘n aardse kleur en die simbool van bestendigheid. Dit verbeter besluitneming en konsentrasie. Te veel bruin kan morbied vertoon.
GUNSTELING #7: SEMENT GRYS
Grys is ‘n neutrale kleur. Besluit watter grys jou pas. Lig en donker is albei in die mode.
Besluit op ligte of donker grys vir jou oe – net nie blinkgrys as jy al ‘n bietjie ouer is nie!
Grys naellak lyk modern, minimalisties en stads.
GUNSTELING #8: DIEPSEE BLOU:
Enige blou van die diepsee – van donker turkoois tot vlootblou.
“ALL BLUES GO TOGETHER – jy kan al die bloue bymekaar dra! Of dra blou saam met neutrale kleure.
Afhangende van jou velkleur sal koel blou, soos vlootblou oogskadu jou pas, of donkerder turkoois.
Moet nie moed verloor nie! Die kleure sal help om jou aantrekkeuses te verminder!
Ek het lanklaas soveel populere kleure op die loopplanke sien verskyn, daar is nog ander kleure wat ook hoogmode is! Miskien kies jy kameel, goud, Cabernet, mosterd, roes, of skroeiende lemoen. Kies JOU gunstelinge.
Like this:
Like Loading...
Related