KOM ONS OEFEN


images

Ek het aan die begin van hierdie jaar besluit om uit my depressiewe put te klim, die sigarette finaal te los en aandag aan myself te gee. Natuurlik was dit moeilik om uit te voer. Maar ek het dit sowaar reggekry.

Ek het ook weer onlangs begin OEFEN.

Oefening help my om gefokus te bly in die NOU. Dit het my BUIE verbeter en my liggaam, siel en gees voel weer in BALANS, en ek weet ‘n gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees – tevrede, gelukkig en ontspanne.

Vier jaar gelede was ek in ‘n motor ongeluk. Wanneer mense my vandag sien, uiterlik amper perfek en atleties, sal hulle dikwels vir my sê, “Jy kan gelukkig wees dat jy nie permanent verlam is in die ongeluk nie. Of dat jy LEWE!” Dan wou ek uitskree, “Nee, ek is nie soos ek lyk nie! Ek is styf en het pyn. Ek leef nie meer TEN VOLLE nie!

Gelukkig het God my toe herinner dat hy gekom het sodat ons lewe kan hê, en dit in OORVLOED. Pyn en ongemak kom nie van Hom af nie! Tog KAN Hy dit gebruik om iets MOOIS daaruit laat voortspruit. Soos ‘n gebreekte kleipot waardeur die lig soos ‘n prisma weerkaats, in veelvuldige kleure.

God help jou om die wedloop van die lewe te BLY HARDLOOP, om STERK te wees, en om dit te GENIET. Die vyand probeer alles doen om jou GESONDHEID en ENERGIE te steel.

Al is dit pynlik doen ek pilates. Ek gaan stap gewillig saam met my kind om die blok. Ek gaan nie hierdie lewe aanvaar soos dit nou is nie. Niks sal my meer terughou om ‘n oorvloedige lewe te lei nie. Ek gaan negatiewe gewoontes bly uitkanselleer deur die positiewe.

Oefening sal ‘n PRIORITEIT wees, soos stiltetyd. Ek sal volhou, aanhou, en al sien ek vir eers nie resultate nie – UITHOU. Dit moet soos tande borsel wees. Jy vra tog nie elke oggend, “Moet ek?” of “Wil ek?” nie… Jy doen dit net!

  • Blogger – Annien Botha

    As internasionaal gekwalifiseerde skoonheidskundige,  spaterapeut en huishoudkundige skryf Annien oor SKOONHEID en GESONDHEID op alle terreine.  In 2012 was sy betrokke in ‘n ernstige motorongeluk  wat haar beroep as terapeut na 20 jaar beëindig het. Sy het egter besluit om te bly skryf en blog in haar beroep. Sy inspireer met haar eie gedagtes, dade en lewensverhaal sowel as die van mense rondom haar.

Published by Health & beauty

As former international Beauty and Spa therapist, Annien motivates and gives advise on body mind soul and spirit

2 thoughts on “KOM ONS OEFEN

  1. I wilⅼ immediately snatch your rrss feed as I can not to find your e-mail subscription link or e-newsletter service.
    Do you’ve any? Kindly permit me recognise in оrder
    that I could subscribe. Thɑnks.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: