FacebookTwitterPinterestWhatsApp Share
Ek druk die wekker dood en bly lê. Staan dan traag in pyn op, trek ’n sweetpak oor my pajamas aan en kry die kinders gereed vir skool. Wanneer ek terugkeer huis toe en uiteindelik die dag in die oë staar, vra ek vir myself.
Vir wie of vir wat wil ek vandag op my beste lyk? Nie om man te probeer vang nie. Of te kompeteer met vriendinne nie. Seker maar soos hulle sê, vir myself! Dit is egter nou vir my belangriker hoe ek VOEL as hoe ek LYK.
In die hospitaal kon ek my nie optof nie. Dit het ook geen nut meer gehad nie. Jy is deur ander gewas of gehelp stort. Jou tande is VIR jou geborsel, of soms sommer glad nie geborsel nie.
So wat motiveer my dan om my vleiendste kledingstuk en bykomstighede uit te soek?
* Wanneer ek op my mooiste lyk, beïnvloed dit ANDER se persepsies van my, en hulle reaksies teenoor my is meer POSITIEF. Dit maak MY dan meer positief en ek VOEL beter.
* My liggaam is God se tempel. Om myself mooi te versorg, hom te aanbid en te dien met my liggaam, is my offergawe aan Hom.
* Ek moet lief wees vir myself. My ondervinding in skoonheidsterapie het my gewys dat baie mooi vrouens onseker van hulleself is, onnodig ’n negatiewe selfbeeld het en krities is op hul voorkoms. Nederige selfvertroue is belangrik.
* Ek moet ’n voorbeeld vir my kinders wees. Om te hoor, “Mamma lyk moo-ooi”, is die soetste woorde! Ek is die ene wat my kind moet leer om nie haarself met ander te vergelyk nie maar om haar eie styl te ontwikkel.
Die ander dag loop ek een van my skoolvriendinne raak, en sy sê, “Jy lyk so MOOI!” En meteens besef ek – ’n mens maak altyd ’n indruk op IEMAND.
-
Blogger – Annien Botha
As internasionaal gekwalifiseerde skoonheidskundige, spaterapeut en huishoudkundige skryf Annien oor SKOONHEID en GESONDHEID op alle terreine. In 2012 was sy betrokke in ‘n ernstige motorongeluk wat haar beroep as terapeut na 20 jaar beëindig het. Sy het egter besluit om te bly skryf en blog in haar beroep. Sy inspireer met haar eie gedagtes, dade en lewensverhaal sowel as die van mense rondom haar.
Baie waar!!
LikeLike
Dankie vir hierdie Annien. En elke keer wat ek jou die vakansie gesien het, het jy so mooi gelyk! En het jy, Nina en Josua boon-op so mooi bymekaar gepas!
Dankie vir die insperasie – alles is so waar wat jy se^ hier!
Sterkte vir die nuwe kwartaal. Dit was so lekker om julle te sien. Hoop ons sien julle gou weer op Bonnievale.
Baie liefde
xxx
LikeLike
Baie dankie sus! Jy bly een van my grootste inspirasies xx
LikeLike
O ja ek het glad nie die vakansie probeer mooi lyk nie hoor!:)
LikeLike