Leef minimalisties


Waarom ek hou van blog oor hierdie onderwerp? Ek geniet skoon, netjiese, georganiseerde kamers sonder clutter (en ek hou nie van skoonmaak nie).

Ek hou van ‘n minimalistiese ontwerp in die meeste goed – van klere en horlosies tot kuns en interieurontwerp. Die idee van minimalisme resoneer met my siel!Minimalisme is waarna ek soek. Om meer tyd en ruimte in my lewe te skep vir die dinge wat die meeste beteken vir my. En as ek niks gedoen kry nie (of niks goed nie), met ander woorde is nie produktief nie, is dit dalk omdat my besittings te veel tyd in beslag neem! Dit is dus al die goed wat ek besit (en wat nie veel beteken nie) se skuld!  Hierdie goed vat net waarde weg van dit wat werklik belangrik is. Al hierdie energie wat deesdae in my huis ingaan, en al die tyd wat verbyglip…Besittings maak ons nie gelukkig nie. Erger, dit hou ons weg van die dinge wat wel geluk, doel en vervulling bring in die lewe. Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees. Minder goed is minder plekke waar jou hart by kan vassteek. Sit liewer jou hart op die dinge wat saakmaak.Minimalisme beskryf ’n eenvoudige leefstyl gefokus om net die essensiële van die lewe te besit en die clutter (enige iets ongeorganiseerd of onnet ) te verwyder. “Alles het ‘n plek en daar’s ‘n plek vir alles”. Clutter vergader wanneer dinge ‘afdwaal’ van die plek waar hul hoort en meng met ander goed. Soek jy alewig iets in die huis, of besit jy min clutter sodat jy dinge maklik of vinnig vind?As ons minder spandeer en net die noodsaaklike koop, is ons kans ook beter om finansieel vry te wees. Ons sal ook beter kwaliteit dinge kan bekostig omdat ons minder hoef te koop. Spandeer liewer geld op sake/mense wat dit nodig het, soos die kerk (die Here se geld)!Ons kultuur sê ons moet ons vergelyk met die Joneses. Ons moet meer en meer besit want ons moet byhou. Maar minder besittings maak jou vry hiervan, en gelukkiger! Met min goed voel jy nie net vry nie maar is jy vryer want daar’s nie soveel goed wat jou besig hou nie! Daar’s ook meer vreugde daarin om minder te besit en die lewe te beleef met verrykende ondervindinge.Deur minimalisme na te volg is jy ‘n voorbeeld vir jou kinders en hierdie is waardevolle lewenslesse wat hulle nooit in die media sal leer nie.Less is more. Een ding wat ek geleer het oor binnehuisversiering, is: as jy oor ‘n ornament vir ‘n rangskikking twyfel, neem dit onmiddelik weg (en laat die drie mooistes agter). Stal liewer net dit uit wat vir jou die meeste beteken, en kommunikeer so wat vir jou die belangrikste is. (Die drie wat oorbly staan dan uit!)Minder goed laat jou huis mooier lyk. ‘n Minimalistiese huis is gewis minder spanningsvol.So WAAR sal ek begin?!

Om te doen:

Gryp ‘n boks of sak, stap vinnig deur jou huis en vul dit met 5-10 dinge wat jy heeltemaal uit jou huis en lewe wil verwyder. (Moet eers nie bekommer oor dit wat moeilik is om ontslae van te raak nie. Begin met dit wat maklik is).Hoe minder ornamente en meubels daar is in die huis, hoe makliker om rondom dit skoon te maak. En hoe meer kan jy rus!Maar hoekom is dit so moeilik om te begin?!Dit is omdat ons vasklou aan die verlede. Al is dit hoe moeilik, moet ons dit regkry om te laat gaan, en so ‘n nuwe toekoms vir jouself te skep!

The heart of Minimalism: It is the intentional promotion of the things we most value and the removal of anything that distracts us from it.JoshuaBecker.

voelgoed.co.za blog

Published by Health & beauty

As former international Beauty and Spa therapist, Annien motivates and gives advise on body mind soul and spirit

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: