Oefening


Hierdie tyd van die jaar begin die algemene persoon daarbuite skielik wakkerskrik en besef dat hy/sy nooit deur die jaar tyd aan sy/haar lyf gegee het nie, en dan staan daar skielik oornag lang toue voor party gimnasiums regoor die land!!

Omdat ek ‘n spinale koord besering gehad het, kan almal van julle julle nie rêrig met my vergelyk nie. En die oefening voorskrif vir julle en my is nie 100% dieselfde nie.

Hoewel die rede hoekom ek oefen nie is vir ‘n mooi lyf nie maar om chroniese pyn te probeer beveg, is hier ook ‘n paar redes hoekom jy dalk oefening nodig het (buiten om goed te lyk/voel in die somer!)

HOEKOM OEFEN?

Oefening verbeter jou asemhaling en sirkulasie, versterk jou spiere, verbeter jou immuniteit, voorkom allerlei siektes en slegte spysvertering, verstadig beenverlies, en verhoog jou vetmetabolisme. Boonop verbeter dit ook depressie, angs, jou selfbeeld en selfvertroue. Dit gee vir jou ‘n kwaliteit lewe!

KARDIO

Kardio is enige herhaalde ritmiese aktiwiteit wat jy vir 10-20 minute uitvoer teen ‘n hoër intensiteit as wat jy gewoonlik daagliks werk. Voorbeelde is aerobiese klasseswem, dans, sport soos boks of tennis, stap, draf, ‘n roeimasjienfietsry, en harde huis of tuinwerk  wat jou hartspoed opstoot!

Kardiovaskulêre oefening verseker ‘n gesonde hartspier en stamina vir jou daaglikse aktiwiteite, dit leer jou deursettingsvermoë, help jou om jou ideale gewig in stand te hou, skei natuurlike endorfiene in die brein af wat help met beter buie en ‘n goeie nagrus, en voorkom beserings en siekte.

VERSTERKINGSOEFENINGE

Voorbeelde is vry gewiggies, swaarder gewigte, oefenmasjiene of die Circuit  by die gym, en arbeids of huishoudelike take wat spierkrag vereis!

Sulke oefening maak jou spiere sterker, verbeter jou postuur, verlaag die kans vir besering en siekte, verbeter genesing en herstel na besering, verhoog jou metabolisme, help jou balans, en gee jou die uithouvermoë om sekere aktiwiteite vir ‘n tyd lank te kan verrig.

STREK

Strek is ‘n reeks oefeninge wat die beste uitgevoer word terwyl jy op ‘n ferm oppervlak soos ‘n mat/tafel lê, maar dit kan ook in die bed gedoen word.

Voorbeelde is Yoga of Pilates. Yoga kan in ‘n groep of op die internet gevind word, en help jou ontspan. Pilates fokus op die strekking (en versterking) van core spiere, en kan ook help vir skouer en nekspiere.

‘n Reeks strekoefeninge sal jou spanning verminder en jou buie en slaap verbeter. Dit help met soepelheid, gesonde gewrigte, en vir strek in jou daaglikse aktiwiteite. Dit gee ‘n mooi postuur, wat jou help om jou liggaam op die regte maniere te gebruik. ‘n Goeie strek program, daagliks gedoen, sal jou ontspan en soms jou pyn verminder. Omdat daar baie dinge is in die lewe wat ons uit ons optimale posisies vat, kan strekoefening ons help om weer terug te kom in daardie posisies.

Met soveel gesondheidsvoordele is selfs ‘n bietjie oefening beter as niks. Dit hoef ook nie uitputtend te wees om voordele in te hou nie. En jy hoef nie eens by ‘n gym aan te sluit of ‘n persoonlike afrigter te hê nie!

voelgoed.co.za blog

Published by Health & beauty

As former international Beauty and Spa therapist, Annien motivates and gives advise on body mind soul and spirit

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: