Skoonheid van môre – ‘n kwessie van toegewydheid


Om mooi te kan lyk, moet jy mooi voel. Maar hoe bewerkstellig jy dit?

Dit is ‘n kringloop: eerstens moet jy TOG goed lyk. Skoonheid en voorkoms maak saak, nie omdat ons ydel of ligsinnig is nie, maar soos Scott Fitzgerald gesê het, “Slegs wanneer die fyner detail van jou voorkoms versorg is, kan jy die sjarme daarvan geniet”. Om goed te kan lyk, moet jy ruimte vir skoonheid in jou lewe maak.

Tyd is nodig om oefening te kry en jou vel en hare te versorg. So ook die aanpassing van sekere aspekte van jou lewenstyl, goeie eetgewoontes en, indien nodig, massaverlies. Hierdie aanpassings is bevrydend eerder as beperkend, want, indien hulle eers baasgeraak is, sal jy vry kan wees van angstige gedagtes wat jou daarvan weerhou om op die dinge te konsentreer wat jy belangrik ag.

Die aanpassings en toewyding het veral te make met ‘n manier van dink. Verbreed jou perspektiewe. Skoonheid omvat jou hele wese. Word dus bewus van jouself, en jou gevoelens oor jouself.. Wees bewus van hoe jy jou eie liggaam behandel, jou liggaamshouding, jou optrede onder druk en die hulpmiddels waarvan jy gebruik maak. Boeke, tydskrifte of die internet kan al die tegniese kennis veskaf, maar die belangrikste faktore, motivering en toewyding, kan net vanuit jouself kom. Slegs die uiterste beeldskone kan sonder enige inspanning goed lyk.

Vir my is ware skoonheid gesond en stralend, geheel en al natuurlik, met ‘n helder gelaat, blink hare en oë, ‘n ferm figuur en ‘n positiewe lewensbenadering.

Elkeen kan gesond wees en ‘n goeie voorkoms hê, mits dit versorg word. En die versorging hang nie van gister of van die planne vir môre af nie, maar van wat jy vandag doen.

Kyk met ander oë na jouself. Dit is nooit te laat nie..

http://www.voelgoed.co.za/blog

Published by Health & beauty

As former international Beauty and Spa therapist, Annien motivates and gives advise on body mind soul and spirit

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: