Oefen jou kind?


My seun het entoesiasties belowe om twee maal per week te gym (moontlik weet hy ek sal hom maar swaar soontoe neem middae – aangesien ek soggens gym).

Ek was verbaas dat soveel jong kinders daar oefen (dis ‘n nuwe gier!).

Vetsug by kinders is ‘n yslike problem. Die kweek van gesonde oefengewoontes is belangrik. Jong kinders (tot en met graad 9) behoort ’n uur per dag te speel en hardloop!

Dit maak hom nie noodwendig fiks nie, maar L.O.(liggaamsopvoeding) op skool maak jou kind bewus van die belangrikheid van speel en oefen. Die lekkerte van’n bal skop en gooi kan die saadjie by hom plant en ’n gewoonte (selfs ’n liefde) vir oefening kweek. Maar moenie net op die L.O. klas een maal per week staatmaak nie. Skep geleenthede om jou kind AAN DIE BEWEEG te kry!

Raak betrokke by sy sport (as jy gelukkig is dat jou kind sport doen). Sport leer hom lewensvaardighede – hardprobeer, deurdruk, en sukses behaal. Maar ongelukkig maak skole ’n te groot ophef van kinders met sporttalent, en die kinders wat uitblink kry die positiewe erkenning. Die outjie wat nie in sport uitblink nie, voel later hy is net goed genoeg om voor die TV of rekenaar te sit. En kinders wat nie in sport presteer nie, is in die meerderheid!! Motiveer hom dat sport nié net vir uitblinkers is nie, maar vir gesondheid, genot en sosiale interaksie (ongelukkig moeiliker gesê as gedaan…)

Hoewel my kind voorheen tennis gespeel en geswem het (en eintlik ‘n “sportman” is), sien hy skielik nie meer die nut in van sport nie (dalk is hy nie kompeterend nie, of voel hy hy’t “nie nog tyd daarvoor ook nie”), en daar skeel min fout met sy sosiale lewe! Dus praat ek oor gesondheid in die algemeen, en beklemtoom die positiewe uitwerking (en gesondheid) van enige fisiese oefening op sy liggaam. Al bied hy soms weerstand, kan oefening in die gym (of op gymapparate by die huis) vir hom lekker en deel van sy leefstyl raak, en gaan hy die voordele daarvan aan sy eie lyf ervaar. Wanneer oefening ’n dissipline raak, voel dit só goed en maak die SOVEEL sin!

Kinders funksioneer die beste binne reëls. Daar moet dissipline en ’n vaste roetine vir huiswerk en oefening wees. Stel grense, hulle kan nie net vrye teuels hê nie. (Jy is hul ma en hulle hoef nie altyd van jou te hou nie!)

Jou voorbeeld is belangrik. Jou kind luister dalk selde na wat jy sê, maar let op na wat jy doen. Hulle word wat jy vir hulle WYS om te wees. Wees ‘n rolmodel vir hom. Uiteindelik moet sy eie dryfkrag en motivering inskop, maar dit help as daar iemand is na wie hy kan opkyk.

Oefen as gesin saam. Stel voor dat julle saam begin stap en fiks word. Of gaan gym saam. Staan van die rusbank op en moedig jou kinders aan om saam met jou te beweeg!

http://www.voelgoed.co.za/blog

Published by Health & beauty

As former international Beauty and Spa therapist, Annien motivates and gives advise on body mind soul and spirit

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: