Ek is ‘n opgeleide skoonheid en spa terapeut maar nie dieetkundige nie. Tog het ek o.m. voeding en irodologie in Spa Terapie en B Huishoudkunde bestudeer, so beskou myself tog as ‘n voedingkundige. Ek is opgewonde en haastig om te begin skryf oor SKOONHEID maar agv my passie vir GESONDHEIDS-dinge wil die dieet ding maar net nie wyk nie! Toe my seun se gewig top hoogte bereik, het ek besluit: “bogger” met die ding van nie ‘n “issue te maak oor gewig” met die kinders nie. Nou moet ek ingryp en hulle “leer” reg eet!
Intussen ontmoet ek hierdie aantreklike Men’s Health front page kandidaat by die Caltex garage en ons twee raak stelselmatig vriende! Ek vertel hom van my penarie, en hy skryf vir my sommer so ligweg ‘n dieet voor. Nou ja, so eet ons die afgelope paar dae en sowaar, my seunskind het tjop tjop ‘n paar kilogram verloor! Ons hou sowaar by ons nuwe “dieet” wat ek ‘n bietjie met my eie kennis aangepas het…
Geen SUIKER, plus minus geen PRESERVEERMIDDELS en geen VERFYNDE KOOLHIDRATE nie. (Geen koek, sjokolade, lekkers, koekies, witmeel, witbrood, poedings, pakkies “chips” nie en vereers geen pasta, aartappels, warm “chips”, kaas of gegeurde jogurt nie, en selde lekker “sweetcorn.”
ONS EET WEL patat, mielies, “baked beans”, “EXTRA LEAN minced meat”, Tussers en Mozarella kaas, plein jogurt met heuning, rogbrood, 2% melk, volstruis vleis (laag in vet), hoender, tuna (sonder maar soms met olie), alle vrugte, komkommer en tamatie, broccoli ens., vetvrye mayo, botter, Marmite, grondboonjiebotter, kaassmeer, All gold tamatiesous, gevriesde ertjies, wortels en mielies, olyfolie, en bruin rys. Ek het Fruktose (vrugtesuiker) by Checkers gekoop wat ons eet ipv suiker. Wheatbix vir ontbyt (soms Future Life of mieliepap) en geen eet na 8 saans nie. Ek was verbaas hoeveel my kinders hou van volstruisvleis en rogbrood roosterbroodjies! (hulle hou ongelukkig nie van vis nie).
TE DRINKE IS melk (ook warm met Fruktose suiker voor slaaptyd), asook gegeurde water, Liquifruit, Appletizer, sowel as Grapetizer en Just Juice.
VIR SKOOL het hulle 6 provitas gekry: 1 met grondboontjiebotter, I met kaassmeer of Marmite, en een met gekrummelde maaskaas en ‘n velletjie geprossesseerde hoender.
ELKE dag moet IETS gedoen word vir oefening, al is dit net fiets ry. .
Ons het hierdie oulike APP ook van die foon afgelaai – “My diet coach”! Daarvolgens moet ‘n mens elke 4 ure KLEIN PROTEÏEN ETETJIES eet. Ek leer my kind nou om op te hou na een blik tuna en nie dadelik ‘n 2de te wil eet nie maar eers ‘n bietjie te wag, en om hulle kos STADIG TE EET en FYN TE KOU. Voor enige kos, moet hulle my eers vra of hulle dit mag eet en my kind begin nou al sowaar saamwerk soos wat hy sien hoe die kilos val, hy sy maag meer kan intrek en hy beter oor homself begin voel!
Volgens my gymvriend leer jy SO jou kind ‘n LEEFSTYL maak daarvan! Toe ek hom vra of HY ‘n dieet volg was sy antwoord, Altyd! Hierdie mooi man drink ook skynbaar selde alkohol.
MY DIET COACH TIPS (Vir diegene wat nie die oulike APP van die foon kan aflaai nie):
FAMILY MEAL
- Chew your food carefully and slowly, put your cutlery on the table while you are eating. (kou jou kos fyn)
- Eat if you’re hungry, but stop if you’re full
- Eat only until you feel 80% full
- Fill your plate only once
- Fill HALF THE PLATE with VEGETABLES – before you start eating
- Eat FRUIT rather than cakes
- Drink only WATER, give up those sugary beverages
- Be assertive – learn how to say ‘NO’ to offered food (say “maybe later”)
- Choose carefully what to eat. Don’t be tempted to eat all the servings
- Avoid alcoholic drinks
- There’s nothing wrong with leaving food on your plate without eating it – get into the habit of doing this!
- Choose what you eat – preferably VEGETABLES, LOW FAT PROTEIN FOOD and BAKED FOOD – WITHOUT SAUCES!
GROCERY SHOPPING
- If you simply can’t resist the temptation – buy a very small portion of the food you like
- Focus on the perimeter of the store (the FRUIT, VEGGIES, etc.)
- Be aware of “Low Fat”, “Light” or “Reduced Sugar” food – always check the lable (blykbaar was hierdie kosse aanvanklik baie HOOG in suiker of vet, en REDUCED beteken maar net dat hierdie nuwe produkte ‘n bietjie minder daarvan bevat. As ‘n mens agter op die etiket kyk, is die bestanddele wat eerste genoem word, dit wat die produk die meeste van bevat!)
- In the long run, your family will thank you for not buying all that junk food (‘n mens moet GEEN van hierdie kosse in jou huis aanhou nie, dan sal daar nie die versoeking wees om dit te eet nie)
- Don’t come to the grocery store hungry – eat a small healthy snack beforehand
- Keep small plastic containers for packing up small individual portions
- Don’t bring your kids! They’ll talk you into buying sweets and snacks
- Shopping with a list is a must!
- Try to avoid the section of the store with the processed foods
- Avoid the areas with snacks at your grocery store
- Try to avoid shopping at the grocery store (make a list and place your order online). (soveel mense koop al goed aanlyn, dat die winkels sukkel om ‘n bestaan te maak!)
- Stock up on healthy snacks that you can easily carry around with you
- Pick up a variety of FRESH VEGETABLES AND FRUITS
- It should be you who goes to the grocery store.(Other members of the family might buy less healthy food)
- Check the nutrition lable on the pack – you might be surprised!
- Buy WHOLE GRAIN BREADS
- Replace high-sugar foods with LOW-SUGAR ALTERNATIVES
- Cook your own meals – buy FRESH PRODUCTS instead of frozen or canned foods
- Buy SKIM MILK with added calcium
- Buy healthy meals that take only a few minutes to cook (SOUP, PRE-CUT VEGETABLES, HEALTHY SANDWICHES)
ON VACATION!
- Keep exercising, even if you’re on vacation
- Always drink plenty of water
- Limit your consumption of alcoholic beverages
- Don’t blow your diet. Take a deep breath and think carefully before you eat!
- Eat the natural sugars you get from FRUITS LIKE APPLES, ORANGES, STRAWBERRIES and PINEAPPLES – fruits are healthy, more satisfying and contain fewer calories
- Warning: Mini-bars can damage your diet!
- Decide which restaurants you’d like to eat in (most restaurants have online menus). (Ek het my eie “Restaurant resepte boekie” waarin ek gesonde resepte afskryf wat ek vanaf ‘n restaurant gegaps het!)
- Always carry healthy low calory snacks with you
- Eat only a bite of ‘forbidden’ foods you really like (hulle se as jy dit nie KAN doen nie moet jy daardie kos liewer heeltemaal uitskakel!)
- Travel on foot or by bicycle, and not by car
- Plan when and where you’re going to exercise. Exercise is a crucial part of staying fit and healthy!
- In restaurants – order one of the appetizers with a side salad as your main dish
- Plan your day – when and where are you going to eat?
- Plan ahead – find healthy restaurants in the vacation area
- Eat only one big meal a day
- Make healthy choices – it’s not only the way you look and feel – it’s your health as well!
- Experience your local area on foot
- Remember that losing weight is a long journey of changing your thinking and behaviour patterns
- Drink SWEET VEGETABLE JUICE instead of fruit juice
- You’re not one of those people who give up – you can control yourself
- Drink ZERO CALORY BEVERAGES (nie dieet koeldranke nie – dit bevat preserveermiddels wat veroorsaak dat jou liggaam meer vetselle maak om jou TEEN die gifstowwe te beskerm!)
- Choose what you eat – go for VEGETABLES, LOW FAT PROTEIN FOOD and BAKED FOOD – WITHOUT SAUCES!
- Dieting is all about changing habits, forever – even while you’re on vacation
- Don’t deprive yourself too much, enjoy food in moderation.
- Grab meals from the grocery store instead of buying fast food
- Do pool exercises
- Order junior meals!
- Eat regularly, don’t skip the small meals
MOTIVATION
- Eating right is a habit – get into it now!
- You can resist unhealthy food – practice and it’ll get easier
- Eat to live, don’t live to eat.
- Make a difference in your life – You can do it!
- Obesity is not just about the way you look – it’s a life threatening condition!
- You deserve to look your best! Don’t settle for less!
- Start thinking like a thin person whose life doesn’t revolve around food
- You can either eat whatever you want or you can lose weight – but you can’t do both!
- The healthy food you eat will protect you from diseases
- You’ll have much more energy and you’ll be less tired
- What you’re starting tomorrow is not your latest diet – it’s your completely new LIFESTYLE!
- Don’t binge! Before you eat, take 5 minutes out to consider your choices!
- Losing weight will boost your self-esteem
- Don’t binge, control yourself – eat small portions, and eat them slowly!
- Get social help – join a diet group!
- Weight loss is not a punishment – there are so many healthy, delicious foods to choose from
- Tell the world about your diet and your weight loss goals
- Write down five things you love about your diet
- Be an example to your kids! Eat healthy
- You no longer desire foods loaded with calories, fat, sugar and sodium
- You must love eating healthy food
- Write down your goals – it’ll make you more diligent
- Don’t be a perfectionist – if you slip a little – get right back on track!
- Set yourself small, realistic goals!
- Imagine how agile you’ll be
- A diet broadens your choice of food because there are so many healthy recipes
- You have the will power – train it.
Die van julle wat reeds die perfekte gewig het, al eet jy verkeerd (daar is baie van julle!), hou weer die volgende in gedagte. Jy kan jare op gesonde kos goed lyk, en dan op ‘n dag kan jy skielik siek of moeg word.
Daar ook die voordeel van VERJONGING dmv jou dieet.
Eet en drink só die ouderdom weg
Finesse, 19 November 2014
“Vroue word elke dag gebombardeer met teenveroudering. Ons soek ’n kitsoplossing, daardie magiese bestanddeel wat ons vir ewig jonk, maer en gesond gaan hou – en maatskappye buit dit natuurlik uit. Daar is ’n kuur wat geen pille en rome behels nie. Voor jy jou kredietkaart uithaal vir die nuutste room of pil wat belowe om die horlosie terug te draai, kyk ’n slag na wat jy EET EN DRINK.
Prof. Gary Wenk, ’n Amerikaanse kenner van sielkunde en breinwetenskap, meen dat KOS die kragtigste middel is om langer JONK EN GESOND te bly.
‘Ons moet anders oor kos begin dink. Benewens VOEDING moet ons dit ook as MEDISYNE gebruik. Mense beskou medisyne as chemikalieë omdat dit ’n reeks chemiese verbindings is. Kos is presies dieselfde, dit bestaan uit verskillende elemente. Jou liggaam bestaan ook uit ’n reeks chemiese verbindings. Jy kan dus jou liggaam se FUNKSIES VERANDER, VERBETER of VERSWAK met die tipe kos wat jy eet.’ ‘Terwyl sommige kosse jou jonger kan dokter, is ander weer gif wat jare by jou liggaam voeg. Die kos wat jy eet, bepaal HOE jy gaan VEROUDER, en HOE OUD jy gaan word,’ verduidelik prof. Wenk, wat ook die skrywer van Your Brain on Food is.
5 koppies koffie ’n dag hou jou skerp
Jy mag dalk dink dat jou koffieverslawing nadelig vir jou gesondheid is. Die waarheid is egter dat jy besig is om jou BREIN teen AGTERUITGANG te beskerm. Volgens prof.Wenk word die breinoordragstof asetielcholien in jou brein vrygestel wanneer jy koffie drink. Dit is die oordragstof wat jou wakker laat voel en beter laat konsentreer. Op kort termyn is jou brein skerper, maar op LANG TERMYN is jou kans vyf keer KLEINER om Parkinsonsiekte op te doen as dié van persone wat nie koffie drink nie. Dié siekte ontwikkel gewoonlik na die ouderdom van 50 jaar, wanneer die selle wat jou spiere beheer, ophou om DOPAMIEN te vervaardig. Behalwe dat dopamien jou buie beheer, is dit ook noodsaaklik vir SPIERFUNKSIE. ‘Die effek wat koffie op die voorkoming van Parkinsonsiekte het, is net so kragtig soos dié van voorskrifmedisyne,’ sê hy. Let egter op die gehalte van jou koffie. ’n Sigorei-en-koffiemengsel met drie teelepels suiker gaan weinig vir jou gesondheid doen. Die beste is ’n ESPRESSO of AMERICANO van suiwer gemaalde bone, sonder melk, suiker of versoeter. (“lg. Klink rêrig soos medisyne!”)
Waak teen suiker, want dit gee plooie
Bestee jy honderde rande aan skoonheidsroompies, maar eet koek en lekkers asof dit uit die mode gaan? Jy is besig om jou geld in die water te gooi. Wetenskaplikes van die Universiteit van Leiden en die verbruikersreus Unilever het die bloedsuikervlakke van 600 mans en vroue tussen die ouderdomme van 50 en 70 getoets. Toe het hulle die foto’s van die respondente aan ’n onafhanklike paneel gewys en hulle gevra om die respondente se ouderdom te skat. Die paneel het die persone met die hoogste bloedsuiker as die oudste geskat. Trouens, vir elke 1 mmol/liter-TOENAME IN BLOEDSUIKER het die geskatte OUDERDOM van die respondent MET VYF MAANDE GESTYG.
Dr. Aamer Khan, ’n Britse dermatoloog, sê dit help nie net om jou vel van buite te voed nie. ’n Gesonde dieet dra ook by tot ’n jeugdige voorkoms. ‘As jy baie SUIKER eet, bind dit aan die proteïene in jou liggaam en stel skadelike molekules vry. Dit verminder die effektiwiteit van ELASTIEN EN KOLLAGEEN, wat jou vel sy jeugdige voorkoms gee. ’n Dieet ryk aan GESONDE VETTE, soos AVOKADO, ROU NEUTE, SADE en OLYFOLIE, sal jou help om jou jeugdige voorkoms te behou.’
Matige OEFENING draai die horlosie terug
‘As jy jonger wil voel, belê in ’n paar tekkies en gaan stap,’ sê Sherri McMillan, skrywer van Fit over Forty. ‘Oefening is die oorspronklike elikser van jeug. Mense wat matige OEFENING doen, het baie meer ENERGIE en VOEL JONGER as hulle ouderdomsgenote wat nie oefen nie. Die agteruitgang wat ons beleef wanneer ons verouder, kan grootliks toegeskryf word aan ’n ONAKTIEWE LEEFSTYL.”
Maak seker jy doen ’n kombinasie van WEERSTANDSOEFENING (MET GEWIGTE) en AEROBIESE OEFENING, wat jou harttempo opjaag. Weerstandsoefening help om SPIERMASSA te behou. Namate jy ouer word, VERLOOR jy ongeveer ’n halwe kilogram SPIERE per dekade, maar kry een kilogram vet by! Na 26 WEKE van weerstandsoefening kan jy egter die horlosie terugdraai en jou SPIERMASSA VAN TIEN JAAR terug herwin.
Moet ook nie bang wees vir HOË-IMPAK-OEFENING nie. Tensy jy knieprobleme het, is dié oefeninge goed om jou BEENDIGHDHEID te behou en jou GEWRIGTE GESOND te hou. Ons sê nie jy moet die pad gaan afhardloop nie – deur net teen ’n VINNIGE PAS TE STAP, sal jy al klaar jou gesondheid bevorder.
Eet minder en leef langer
‘Daar is al duisende studies gedoen oor hoe om veroudering te vertraag. Van eensellige organismes tot diere blyk daar een beduidende faktor te wees: Neem minder energie (kilojoules) in,’ sê prof. Wenk. (maw EET MINDER)
Die aantal kilojoules wat jy daagliks nodig het, hang van ’n paar faktore af: jou ouderdom, lengte, geslag en daaglikse AKTIWITEITSVLAK. (Daar is talle apps op die internet wat jou energiebehoeftes kan bereken. Besoek www.calorieking.com vir meer inligting.) Prof. Wenk beveel aan dat jy jou daaglikse energie-inname met 30% verminder as jy LANK WIL BLY LEEF én GOEIE LEWENSGEHALTE OP JOU OUDAG wil geniet.
‘Daar is verskeie studies wat bewys dat mense wat ENERGIEBEPERKTE DIETE volg, LANGER LEEF. Hulle word later grys en hulle toon minder tekens van ouderdomsverwante inflammasie, soos ARTRITIS. Jy verklein jou kans om KANKER op te doen met bykans die helfte. Mense wat hulle energie-inname beperk het, was 45% minder geneig om kwaadaardige GEWASSE op te doen,’ sê hy.
Die voordele is egter nie net beperk tot die voorkoming van kanker nie. Jou ORGANE FUNKSIONEER beter. Jou SPIERTONIS gaan ook nie so gou agteruit nie. Prof.Wenk stel voor dat mense hulle grootste maaltyd tydens ontbyt eet. Onthou jy die uitdrukking: ‘Ontbyt soos ’n koning, middagete soos ’n prins en aandete soos ’n kerkmuis’? Daar lê tog waarheid daarin as jy gesond oud wil word.”
Die onderwerp oor gesondheid (seker die mees kontroversiele onderwerp!)sal seker nooit tot ‘n einde kom, tensy ek dit doelbewus beeindig nie! Ek is besig om ‘n webblad op te stel oor gesondheid en skoonheid asook mode, waarop jy die geleentheid sal kry om allerlei professionele produkte of programme by my te bestel (ook met kredietkaart).
Op aanlyn aankope – die ding van die toekoms!