Slegte gewoontes VS Nuwe Lewenstyl
Sommer met die intrapslag wil ek vir lesers verseker dat ek alles behalwe ‘n engel is!
Ek rook weer
Ek eet ongesond
Ek eet nie gereeld nie en selde deur die dag
Ek drink nooit water nie, en is nie mal oor die smaak daarvan nie
Ek is een nommer oorgewig
Ek het nog tande om te vervang of te kroon
My naels is sag en groei nooit baie lank nie
Ek is nie heeltemaal seker van my haarkleur nie
Ek slaap nie genoeg nie, omdat ek sukkel om alles ingepas te kry in die paar ure wat ek beskikbaar het per dag
Ek skeep my kinders af
Ek sukkel met roetine
Ek neem selde my vitamines
Ek moet nog hordes chemiese medikasie per dag neem, en waarskynlik lewenslank
Ek kan om gesondheids redes nooit weer mooi hoe haak skoene dra nie, om die waarheid te se, HET ook nog nooit nie
Ek voel nie energiek as ek wakker word nie, in werklikheid, ek word moeg wakker
Ek was lanklaas in die gimnasium, gaan stap nooit nie en doen ook nie oefeninge by die huis nie
Ek dra selde sonskerm
Ek dra bykans nooit grimering nie, ook nie haar bykomstighede nie
Ek het wroeginge teenoor mense wat hier om my bly
Ek loop soms heeldag in my pajamas
Ek dra nie ‘n dagboek nie…
Daar is DAREM die positiewe ook!
Ek is elke dag dankbaar vir die klein dingetjies en bekommer my nie meer te veel oor die sogenaamde “groter dinge” nie
As dit dol gaan, het ek nou geleer om eers STIL te raak, en God se stem te hoor
Ek eet soms sommer ‘n vrug as ek besef ek eet nie deur die dag nie
Ek bou aan my vriendskappe
Ek het geleer om aandag en TYD aan elke individu te gee, soos Jesus se voorbeeld op aarde
Ek is elke dag dankbaar vir die onheil wat ek vrygespring het (ek was verlam en kan weer loop!)
Ek laat nou gereeld my naels en voete professioneel behandel
Ek het besluit om voortaan weer self my hare te kleur
Ek gebruik nou weer ‘n professionele salon produk op my vel
Ek probeer somtyds stylvol aantrek
Ek ken my figuur en weet wat my pas
Ek dra die pragtigste juwele
“I practice the presense of God”
Ek probeer “in die NOU leef”
Ek praat met my kinders gereeld oor geloof sake
Ek het nou opgehou geld mors
Ek reik dikwels uit na ander om my wat hulp nodig het
Ek werk kliphard om tog uiteindelik ekstra geld in te bring soos “die vrou van Spreuke 31”
Ek is opgewonde oor die lieflike nuwe seisoen in my lewe
So julle sien waar ek is op my lewenspad…
Die rede hoekom ek myself so ontbloot is die volgende:
Ek wil he dat JY as leser, SAAM met my hierdie NUWE LEWENSTYL pad begin stap.
Waar gaan ons begin?
Eerstens wil ek graag ‘n indikasie he wie almal rook. E-mail my asseblief.
Dan stel ek voor ons begin die pad so:
Ons begin ELKE dag, of ons nou 5uur, 6uur, 10uur of eers 12uur wakker word..met EEN gebed of gebedjie aan God, al voel Hy hoe onwerklik.
En dan lees ons ‘n klein stukkie uit Psalms, Spreuke of ‘n geestelike boekie van ons keuse.
Ek glo vas DIT is die beginpunt van ROETINE. As jy God eerste stel, kom ALLE ander dinge in jou lewe reg.
En hiervandaan sal ek en jy dan die pad na ons NUWE LEWENSTYL stap!
Ek sal aan jou ons stappe verduidelik, en daarmee saam ‘n produk so hier en daar voorskryf, waarin ekself glo en dan op myself toets
Ek sal ook gesondheids programme aanbeveel
En jy sal STYLVOLLE kleding wenke by my kry vir jou spesifieke ligaamsvorm en gelaat.
Word vervolg…