Die van julle wat my Facebook blad volg by Annien Jonker Botha, weet dat my kinders vir my die belangrikste in my lewe is, dat hulle my hoop is in die lewe, my doel op hierdie aarde. Ek het amper my lewe verloor, ‘n naby doodse ervaring gehad (wat jy kan volg op my Facebook blad vanaf 18 Julie 2012), en gesmeek om te herstel en te bly lewe, vir my kinders.

Maar, om ‘n goeie ma te wees, moet jy EERSTENS goed voel oor jouself! JY moet gelukkig wees met jouself. JY is belangrik. JY is nommer een. Om jou kinders lief te he, moet jy eerstens jouself liefhe.Takel verbeterings wat jy aan jouself wil bring, een vir een! Dis mos die dingetjies wat op die ou einde ‘n verskil gaan maak!

So hoe gaan dit met JOU sover hierdie week?

“So far, so good”, met my!

Ek het hierdie week my dae met God begin. Hulle sê jy moet vir jou ‘n “altaar” in jou huis skep – ‘n kolletjie waar jy God ontmoet, miskien ‘n stoel waarop jy jou “verbeel” Jesus sit, ek het gedink selfs ‘n wit kersie aansteek.

“Start talking to God as soon as you wake up each day – He is waiting to hear your voice” – Joyce Meyer.

Begin om te bid in die Gees. En probeer rerig met God in AANRAKING kom. Mediteer. “Die wat God soek, sal Hom vind.”

Ek eet nooit ontbyt nie. Dus het ek besluit om maar soggens iets af te sluk. Eers nadat ek my kinders afgelaai het, eet ek soms sommer die laaste bietjie wat oorgebly het van hulle ‘Futurlife’ pap? Dit lyk vir my na ‘n baie gesonde pap.

‘n Televisie aanbiedster, vir wie ek die hoogste respek het en wat ‘n rolmodel is vir my, het eenmaal hier oorgebly. Ek het haar gevra watter ontbyt ek die oggend vir haar moes bedien, voordat sy terug Johannesburg toe moes vlieg, om 6uur op SABC2 nuus te verskyn as sport aanbiedster. Sy het gesê soggens eet sy net ‘n bordjie graanpap. Natuurlik gee ontbyt jou meer energie vir jou take soggens.

Daar word nou met studies bevind dat mense wat ontbyt eet, ook vinniger gewig verloor. Dit moet die feit wees dat jou liggaam se bloedsuiker stabiel bly en nie val nie, en jou metabolisme daardeur versnel. Dit verhoog boonop jou immuniteit.

Om een ete van jou dag NET VRUGTE te maak, is natuurlik die mees aangewese, veral as jy neute byvoeg. Maar laat ek nou nie weer ‘carried away’ raak met wat jy moet eet vir ontbyt nie!

Om jou kinders te leer om gesond te begin eet, en meer vrugte en groente, maak ‘n reel in die huis dat hulle voor ontbyt, enige vrug, of voor die ander etes, enige rou groente van HULLE keuse MOET eet. Dit werk soos ‘n bom! Al eet hulle net komkommers, dit maak nie saak nie – dit wys eerder hulle liggaam het komkommers nodig!

Lees meer hieroor by www.naturalway.com se ‘101 day’s to Health’ program.

Hierdie week het ek my twee voortande laat kroon, omdat hulle gedurig breek of verkleur. Eers wou ek net die ene vervang, want my woorde aan die tandarts was dat ek nie soos ‘n ‘Bugs Bunny’ wil lyk nie! Dit was egter my derde nare onderving by ‘n tandarts – die geboordery aan my tande het geklink soos die bouers by ons huis!

Ek het die moontlikheid van kroon, of die “veneers” wat beroemdes op al hulle voortande laat sit, sodat al hulle tande witter vertoon, ondersoek. ‘Veneers’ is ietwat goedkoper as om jou tande te laat kroon, en minder van jou regte tand word verwyder. Die voorkant van jou tand word net ietwat verdun, en dan word die veneer ‘opgeplak’. Dit kos tog steeds ‘n paar duisend rand per tand, en eers wou ek sommer vir al my voortande veneers laat opsit, en my verbeel ek is self ‘n beroemde! Maar die twee voortande moes in elk geval eers gekroon word, al wil ek die veneers opsit, om hulle sterker te maak.

Nadat ek die resultaat van die twee krone sien, en sien ek lyk TOG nie soos ‘n ‘bugs bunny’ nie, was ek tevrede vir eers, want om nou vir al jou tande veneers te laat opsit, klink vir my al te veel na ‘n luuksheid. Maar, ek oorweeg dit steeds. Een tand op ‘n slag.

En dit alles net vir ‘n breer glimlag – met selfvertroue!

Hoe kan JY jou tande mooi wit kry vir ‘n nuwe wit glimlag?

Miskien het jy al verskeie produkte, soos spesiale tandepasta uitprobeer om jou tande wit te kry, en niks werk nie? Tandbleiking by die tandarts is skynbaar die beste oplossing, maar ongelukkig sal al jou stopsels of krone nie ook wit word deur die bleiking nie en sal na die bleiking vervang moet word met Cerec krone of Empress krone (in my geval). Sekere tandepastas en mondspoelmiddels werk wel om jou tande mooi wit te hou ná ‘n bleiking. Dit help om vlekke op jou tande te voorkom nadat jy dit professioneel laat skoonmaak het, maar die mate waartoe dit jou tande witter maak, is egter beperk. Rokers of mense wat baie tee drink, is meer geneig tot vlekke op hulle tande.

In plaas van bleiking kan jy kies om liewer op al jou tande die Veneers te laat plaas, maar veneers word net op gesonde tande, of tande wat klaar gestop of gekroon is, geplaas.

Ek het vir oefening, voor die Oscar Pistorius saak op tv vandag, op die harde bank gelê en sommer begin oefen – die oefeninge wat ek by die biokinetikus geleer het, om my bene en voete sterker te maak. Basiese ‘Mickey muis’ oefeninge – net om aan die gang te kom. Begin met  5 minute per dag, se hulle, op dieselfde tyd verkieslik, en vermeerder dan die vyf minute na tien minute, ensomeer.

Ek het gegaan vir my GELISH naels. Ken julle gelish naels? Ai, hoe spyt is ek nie dat ons nie hierdie nael bedekkings gehad het in die twintig jaar wat ek skoonheids terapeut was nie! Ek sou net soveel netjieser en selfversorgd gelyk het elke dag. Hierdie gelnael bedekking dop glad nie af soos naelpolitoere nie. En na twee weke, wanneer jou naels verder uitgegroei het, verander jy die kleur van die gelish naels – daar is die pragtigste kleure, soos die donker persrooi kleur, byderwedse helder blou, of soos tans, my baba blou kleur. Ek wou ook he dat die terapeut vir my silwer blinkers op die naels verf (sodat ek vir my dogtertjie soos ‘n “prinses” kan lyk), maar in my oe het hopeloos te veel van my tyd in beslag geneem, en die laag blinkers het die naels te dik laat vertoon. Boonop het sy die vliesies van my naels toegeverf, en ‘n mens los altyd die vliesies oop, sodat die nael gesond kan bly en kan uitgroei.

Die top 6 naelmodes van 2014

www.voelgoed.co.za, 24 Februarie 2014.

Naellak is die bekostigbare en vinnige manier om jouself op te beur. Jy sal ’n glimlag op jou gesig kry elke keer as jy na jou hande kyk met een van hierdie pretkleure.

1 Pastelkleure op jou naels

Groen, geel en laventel in sagte sorbetskakerings, met hoeglans- porseleinagtige afwerking, lyk goed by ligte velkleure.

China Glaze in Tart-y for the Party (R85) by www.maskscara.co.za

of skakel 0861 846 873.

2 Naels so wit soos sneeu

Wit naellak het sedert sy verskyning op die loopplanke ewe veel byval gevind by blas as bleek beroemdes. Van Jennifer Lopez tot die aktrise Scarlett Johansson dra dié mode – en graag saam met wit uitrustings. Dit lyk vars en onskuldig, maar steeds gesofistikeerd.

Michael Kors Nail Lacquer in Gossip (R215) slegs by uitgesoekte kettingwinkels.

3 Jel op jou naels

Laat doen jelnaels by ’n salon as langblywende kleur jou eerste oorweging is. Jelformules sal nie kraak nie of afskilfer nie.
Die model dra Maybelline Color Show Nail Lacquer in 651 Cool Blue (R39,95)

by kettingwinkels.

As jy van jelnaels hou, kies Gel-iT Electric Lemonade Turquoise 2 (R200 per aanwending) slegs by salonne.

4 Naels met ’n aksent

’n Aksentnael is ’n prettige manier om kostuumjuwele te dra en is soos ’n plaasvervanger vir ’n ring. Die idee is nie om jouself te bedruip met steentjies op elke vinger nie, maar om slegs een van die tien naels met ’n hart, skoenlapper of stermotief te verfraai.
Avon Speed Dry in Orange You Quick Y0443 (R87,95) by Avon-verteenwoordigers.

Naelsieraad (R40) beskikbaar by www.maskscara.co.za

of skakel 0861 846 873.

5 Hou jou naels kaal

Nie alle vroue is geseënd met slanke vingers, delikate kneukels en sterk naels nie. Die praktiese ding om te doen as jy jou hande ’n bietjie wil afrond, is om vleeskleur naellak te gebruik. Neutrale kleure vestig nie die aandag op hande wat voos gewerk is nie.
Essie Nails in 773 Brooch TheSubject (R123) by apteke.

6 Naels in kleur én geur

Seker nie almal sal daarvan hou as hulle vingers ruik soos laventelseep, Italiaanse leer of duur rooiwyn nie, maar ons is opgewonde oor die nuwigheid. Jou naels verkry ’n gesofistikeerde parfuumgeur sodra dit drooggeword het. Hierdie skakering is ook die ideale rooi vir die komende winter.
Revlon Parfumerie Scented Nail Enamel in Bordeaux 090 (R99,95) by kettingwinkels.

Maak tog net seker dat die kleur wat jy vir jou naels kies, by jou velkleur pas. Ek het al die fout gemaak om voor my lang vakansie die verkeerde kleur gelish naels te laat aanverf

Langs die tennisbaan waar die kinders tennislesse neem, het ek besef: Ek raak soms spyt oor die dae wat ek, en skynbaar ook ander in my posisie, nie genoeg byvoorbeeld tennis gespeel het nie, toe ek nog kon! Sulke tye moet ‘n mens die AANPASSINGS aanvaar en onmiddelik na die GOEIE kyk, soos in my geval, dat ek wel kon LOOP! Of dat ek ten minste helfte van my lewe kon rondspring en hardloop. Ek het met ‘n sanger by die tandarts gesels, wat nou nog soortgelyke aanpassings moet maak met sy baie swak oe waarmee hy gebore is. Kan julle glo -hy moet homself NOU nog dikwels herinner dat hy blind kon gewees het.

Ek het ook daar in my kort rokkie en kaal bene op die koue dag besef: om in my posisie selfvertroue te hê, wil gedoen wees. My bene raak stokstyf en aan die bibber, en ek moet maar nog steeds met my ken omhoog loop en vir ouers by die tennis met ‘n vriendelike glimlag groet!

As jy jou lewe vir God gegee het, woon die Heilige Gees in jou, en dan word jy BEMAGTIG om die Christelike lewe te lei, en het die KRAG om voort te gaan met die reis!