Hoe om jou huis te organiseer!


images stuff

Jy KAN beheer oor jou huis verkry. Hier is my uiteindelike formule om elke kamer een vir een te declutter.

As jy wil begin met ‘n lewe van MINIMALISME, begin by jou huis.

Gaan deur elke kamer, van MAKLIKSTE, tot MOEILIKSTE.

Begin die KAMERS WAARIN DIE MEESTE GELEEF WORD, declutter van besittings wat jy nie meer langer nodig het nie. Vir my is dit die eerste vertrekke waar mense die huis binnekom: die sitkamer, kombuis, gastetoilet, en ook die garage waar mense inkyk wanneer die motor ingetrek word.

Verwyder die MAKLIKSTE dinge eerste.

Moet jou nie bekommer oor die moeilike dinge om van ontslae te raak nie. Scan die hele area en vul ‘n klomp swartsakke/bokse/houers met items waarvan jy vinnig en maklik ontslae kan raak. Jy neem geen moeilike besluite nie, net vinnige maklike besluite op hierdie stadium. Jou opruimingspad begin met hierdie eenvoudige stap.  Jy hoef nie eens bokse oop te maak nie. Gryp net die vrugte wat laag hang – die dinge wat jy DUIDELIK weet jy nie wil hê nie!

Volgende, raak ontslae van die GROTER items.

Kyk vir groot items wat baie fisiese spasie opneem en verwyder hulle volgende. Dinge soos bokse, meubels, groot gereedskap – enige iets wat uit plek uit lyk. Dit IS so dat hierdie groot items soms moeiliker is om van ontslae te raak, maar dis belangrik om hierdie te tacle, want deur die grootste items aan die heel begin te verwyder sal jy vinnige vordering sien in die decluttering van jou spasie. Die visuele oorwinning van die voltooide,opgeruimde areas sal jou motiveer soos wat jy aangaan.

SKENK items in plaas van om dit te VERKOOP

Indien jy nie DESPERAAT die geld nodig het nie, moet jy altyd jou goed skenk aan ‘n plaaslike welsyn in wie se missie jy glo, of aan iemand wat jy weet dit nodig het (en dis nie altyd jou huiswerker nie, dit kan ook ‘n vriendin of familielid wees). Dit gaan net verder tyd opneem, moenie nog die verdere las op jou sit deur als te probeer VERKOOP nie. Die ENIGSTE uitsonderings is WAARDEVOLLE items (jou leerbaadjie) of GROOT items wat jy nie self kan VERVOER nie (meubels). Ek verkoop sulke artikels gereeld op plekke soos Facebook buy/sell groepe en veral Gumtree.

Breek ‘n moeilike spasie (soos jou kantoor of garage) op in KLEINER uitdaginkies.

Nadat jy die maklike en groot items verwyder het, begin die proses om metodies deur jou spasie te gaan. Gebruik fisiese natuurlike grense om jou projek op te breek in KLEINER DELE: een rak, een laai, een kant van die kamer, EEN MUUR OF TAFEL of selfs een boks op ‘n slag. Moenie aan die hele projek op een slag dink nie. Begin net met een klein area. Heel waarskynlik sal ek nie my kantoor en garage in een dag voltooi nie – veral omdat ek jare van items vergader het. Maar ek sal definitief steeds ‘n gevoel van vervulling (dat ek iets bereik het) ervaar deur die kleiner uitdaging elke keer te voltooi (‘n rak, ‘n laai, ‘n hoek, ens.)

Werk totdat jy KLAAR is

Wanneer jy begin declutter verander 10 minute maklik in ‘n uur. Maar werk TOTDAT jou klein area VOLTOOI is. Maak elke een KLAAR voordat jy ‘n BREUK neem of OPHOU vir die dag. Daar lê vreugde daarin om eers jou kleiner doelstellinkies te voltooi. En onthou: Rome is nie in ‘n dag gebou nie. Jy hoef nie ‘n groot area in EEN dag klaar te maak nie. Solank jy ‘n PLAN opstel van wanneer jy watter klein area gaan klaarmaak.

VAT aan elke item en sorteer dit in HOU, VERWYDER, of VERSKUIF (bv na ‘n ander kamer) hopies.

Dis belangrik om aan elke item in die spasie wat jy declutter te raak, want die aksie maak dit vir jou veel makliker om te besluit. Werk hard daaraan om soveel goed as moontlik in die “verwyder” hoop te sit. Jy het veel minder dinge nodig as wat jy dink! As ‘n item vir jare in jou garage gesit het sonder dat daaraan geraak is, is daar baie min kans jy sal dit nodig hê in die toekoms.

Wanneer jy klaar is, organiseer NOU dit wat oorbly, en skep vir als ‘n plek.

ALS van een ding hoort bymekaar (bv alle boeke in jou huis op een plek). Doen dit netjies sodat die spasie skoon, hanteerbaar, en bruikbaar bly.

Moet nooit OPHOU declutter nie.

In die dae wat kom, BLY declutter TOTDAT jou spasie ruim en hanteerbaar lyk.
Wanneer jy daarna clutter notas oplet, plaas die info liewer aanlyn
Doen dit in “kompartemente” op ‘n aanlyn notaboek App soos “Notes(2018) Colourful Notepad(Lemon, inc: die helder geel Icon), en herwin jou onnodige papiere.
Jou blyplek neem gefokusde moeite en tyd. Maar jy kan dit doen.

Published by Health & beauty

As former international Beauty and Spa therapist, Annien motivates and gives advise on body mind soul and spirit

Leave a comment