Terug by rys, vleis en aartappels


Reis, vleis2

Ek en my gesin het mos die ‘’Vegan ding’’ probeer (ten minste, ek was die een wat hulle probeer oortuig het dis hoe ‘n mens veronderstel is om te eet)

Bottom line…nie gewerk nie! Die Vegan dieet was lekker om te volg oor die somervakansie en was great vir eenvoudige kosbeplanning, maar ek is bevrees om te sȇ…

Ons is terug by bruinrys, grass-fed of vars bief (wat jy kry by Woolies) en lekker aartappels…

Daarmee skiet ek nie die Vegan dieet af, of diegene wat die dieet ‘’to the T’’ volg nie. Ek bewonder hulle moed om weg te breek van die manier wat die meeste mense eet. En hulle is van die gesondste mense wat jy kry (Loer na Jinti fell op YouTube en jy sal dalk lus kry om self so te eet, of na Mary Anne Shearer se gesonde familie.)

Ek het ook baie wenke opgetel en van die kosse of disse het wel ”vasgesteek”, soos vars neutbotters of lensie kerrie!

Maar daar is te veel mense wat hierdie dieet afwater na geprosesseerde kos en veral soet snacks. En die gesonde bestanddele is nie oral verkrygbaar nie.

En buitendien…is dit dan nou rérig sonde om vleis of diere-produkte te eet? Wat van vis? Of eiers? Of heuning?

Baie Amerikaners is Vegans…maar dis mos nie ”boerekos” nie!
Ek fokus weer op Patrick holford se bestanddele…of die manier van eet soos op Beyond Diet. Laasgenoemde is gesond en hoogs eenvoudig, met maklike resepte (wat werk vir ‘n besige ma soos ek.)

Na aanleiding van die book, The manual that never came with your child (Jane Jarvis and Debbie de Jong) eet ek en my kinders nou SO, met ‘n Proteien by elke ete.

Ontbyt: Multi-graan brood / Toast met ‘n sny laevet kaas / grondboontjiebotter / roereier, ‘n paar snye appel / piesang en ‘n glas eie lemoen gegeurde water OF Oats-so-easy / Pronutro (Original of Apple Bake) / koue mieliepap met laevet of vetvrye melk en zylitol OF ‘n Smoothie met 2 piesangs of ander vrugte, klein houertjie jogurt, 25ml grondboontjiebotter, lepel mout (ops), heuning en ‘n bietjie melk indien nodig OF ‘n proteien skommel soos Sustagen, Ensure of Lifegain (vir my.)

Vir skool: Proteien (laevet vleis, melk, kaas, jogurt, eier) en ‘n lae-GI kos, soos tuisgemaakte springmielies / mielies / provitas / vrugte, en ‘n bottel water

Middag en aandete: Proteien (laevet vleis of vis soos tuna / Omega 3-eiers / okkerneute en ander neute / baked beans of ander peulgroente / lae-vet jogurt / laevet-kaas, Tastic wit of bruinrys / mielies / Durum-pasta, en soetpatat / ander gekookte of rou groente. (Ons gebruik Canola olie.)

Poeding: Instant pudding met laevet melk / geblikte vrugte in vrugtesap met laevet / vetvrye vla

Drankies: Proteien skommel / melk / Milo

Dit vereenvoudig sowaar my kos beplanning! En Fruit&Vedge is die goedkoopste

Loer na my nuwe webblad op www.myongeluksverhaal.wordpress.com en email my op annienatpeace@gmail.com vir my bobaas lensiekerrie, of sommer net om te gesels. Smaaklike ete!

Published by Health & beauty

As former international Beauty and Spa therapist, Annien motivates and gives advise on body mind soul and spirit

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: