Ek het per ongeluk op die You Tube kanaal van Jinti Fell afgekom – met ‘n familie van man, vrou en klein dogtertjie van twee of so. Hulle volg die Vegan dieet/leefstyl, waarvan ek al gehoor het, maar nie veel van geweet het nie – net dat dit streng is en slegs rou kosse insluit – of so het ek gedink.
Ek het nooit besef hoe wyd hierdie dieet is, dat dit helderkleurige, gaar kosse en baie ander byvoegings toelaat wat die kosse lekker maak, heelwat soetgoed bevat en selfs kitskosse insluit wat jy kan koop by sekere supermarkte nie.
Wetenskaplikes gee talle redes hoekom hierdie plantaardige manier van eet eintlik beter is vir jou, en jou ongelooflik en gelukkiger laat voel. Alles wat jy benodig vir ‘n sterk gesonde liggaam en ‘n helder verstand is groente, vrugte, neute, sade, grane, en peulgroente.
Ek lees toe dat Richard Branson (van Virgin Active) ‘n klomp geld investeer het in ‘n maatskappy wat Vegan kosse maak. Hy voorspel dat almal oor 30 jaar geen vleis meer gaan eet nie!
Omdat dit ‘n eenvoudige manier van eet is, skynbaar goed vir die omgewing (waaroor ek baie passievol is!), en ‘n spul ander redes, het ek toe oornag besluit om alle vleis te los, en selfs begin oortuig voel dat ons as mense dalk nooit gemaak is om vleis te eet nie!
Miskien is daar die van julle wat nou jul kop skud en natuurlik is daar (soos met alle diete) baie argumentering daaroor na beide kante. Die beste is maar net om dit te probeer, om te sien wie’s reg!
Ek redeneer ‘n mens sal in elk geval nie sommer doodgaan nie (en het die fliek gesien van die voetsbalspan wie se vliegtuig in die berg geval het – hoe lank hulle moes leef sonder kos!)
So… ek probeer toe hierdie dieet (of leefstyl)!!!
Hoofsaaklik was dit ‘n eksperiment. Ek wou sien wat die effek op my liggaam is – op onsigbare, chroniese pyn waarmee geen verdere medikasie of operasies my mee kan help nie (wat jou soms laat moedverloor.) En my wens is om my medikasie te kan verminder (waarsonder ek tot dusver nog nie kon funksioneer nie).
Ek hou so baie van die ligter liggaamsgevoel en helderder denke – ek glo nie ek sal ooit weer terugkeer na vleis en suiwel eet nie.
Maar jy het nie ‘n dokter of miljoen wetenskaplikes (of vir my) nodig om vir jou te vertel watter manier van eet beter is nie. Probeer dit eenvoudig jouself.
Ons double thick smoothie:
2 piesangs, 1 mango, halwe groot papaya, 10 pitlose dadels. Meng in ‘n smoothiemaker/voedselverwerker
“https://www.jenreviews.com/vegan/”/vegan/20 Health Benefits of Going Vegan, According to Science
“http://www.healthline.com/health/definitive-guide-to-being-vegan
“https://www.veganmotivation.com/vegan-b12-truth/”-truth/
Tot volgende keer…
Annien
Ek het ook baie oor hierdie manier van lewe gaan lees maar ek moet iets vra wat my nogal baie pla. Die mense wat so streng hierdie volg sê dis goed vir die omgewing maar ek verstaan nie hoe nie. Om genoeg groente vir almal te plant moet jy ‘n helse stuk grond hê…’n helse stuk grond wat ontbos is. So geen bome of dies meer nie. Ek is nou nie pro-vreet diere nie maar hierdie is ‘n vraag wat knaag.
LikeLike
Baie dankie dat jy tyd geneem het om my blog te lees! Die eintlike rede hoekom ek ‘n Vegan is, is om gesondheidsredes, en ek is nie heeltemaal gereed om die positiewe effek wat die dieet op die omgewing (mag) he, aan te vat nie. Maar ek is as sensitiewe gees ontsteld oor die klimaat veranderinge in die wereld (net hier in Kaapstad alleen) en skynbaar is die besoedeling, wat meer as 50% veroorsaak word deur vleis en dier produk verwerkings, verantwoordelik hiervoor. Terselfdertyd is ek ontsteld oor hoe ek lees diere grootgemaak word in klein kampies, vetgevoer en ingespuit word, net om dan geslag te word uiteindelik (sonder dat hulle ooit veel weiveld gesien het). Watse negatiewe energie word nie aan ons oorgedra wanneer ons daardie vleis eet nie. Dit moet jy asb self in die volgende webblaaie lees.. Maar ek het net vleis gelos om die effek te ervaar, en bloot nie weer daarvoor lus gevoel daarna nie xx
http://matteroftrust.org/14300/what-is-the-impact-of-animal-production-on-the-environment
Hierdie webblad het ook baie antwoorde: http://www.healthline.com
LikeLike