Probeer Jou Bes Deel 2


images (1)

Gesondheidsreëls is nie daar om jou te laat skuldig voel nie, maar te help om ‘n kwaliteit lewe te lei. Hier is nog ‘n paar van myne.

Borsel en Vlos
Om na jou tande om te sien beteken om dit daagliks 2x te borsel en 1x tussen-in skoon te maak. Jy mag dalk vlos soms oorslaan, maar soos ‘n tandarts vir my gesê het, is vlos belangriker as borsel. As vlos nie jou ding is nie, gebruik ‘n vooraf-bedrade vlosser of klein borseltjie om ontslae te raak van plaak tussen jou tande. Gaan kyk wat op die rakke is by Clicks.

Tandarts Besoeke
Miskien besoek jy al vir jare jou tandarts getrou elke ses maande maar wonder uiteindelik of dit tog nodig is en hy dalk net onnodig jou tande wegboor! Jy besluit dan jy gaan hom liewer net besoek as jy die slag tandpyn het (en kom dan boonop sowaar agter dat jy met baie minder besoeke kan klaarkom.) Wanneer jy uiteindelik gaan, is groter behandelings soos wortelkanale en krone egter skynbaar nodig, wat jy sou kon vermy het as jy die tandarts meer gereeld besoek het! Dit word voorgeskryf dat jy die tandarts gereeld sien, 2x per jaar, of 1x as jy gesonde tande en goeie gewoontes het. Myns insiens hoef jy nie halsoorkop wortelkanale of krone te laat doen nie en kan dit vereers tydelik te stop tot dit werklik nodig is vir sulke behandelings. Maar, sien jy iemand met skitterwit tande, dan het dit moontlik porseleinkrone of veneers op.

Jaarlikse Doktersbesoeke
Jou doktersbesoeke is ‘n ander saak. Deur jou dokter jaarliks te sien vir ‘n ondersoek, hou jou nie noodwendig gesond nie!! As jy geen klagte of probleem het nie, skeduleer ‘n ondersoek slegs vir wanneer jy dit regtig nodig het, of vir voorkomende toetse en inspuitings.

Oogtoetse
As jy nie probleme met jou visie het nie, hoef jy nie jou oë onnodig te toets nie. Maar maak ‘n afspraak op 40, wanneer tekens van oogsiekte dikwels verskyn. As jy oor 65 is, kan jy jou oë jaarliks toets. Natuurlik sal jy meer moet gaan wanneer jy ‘n bril of kontaklense dra, of as jy ‘n siekte het wat jou oë kan beskadig. Dra jou bril as jou oë swak is, anders kan jy hulle verder beskadig. Jy kan met ‘n Clicks leesbril wegkom vir ‘n tyd lank, maar sal later agterkom dat jy ‘n bril nodig het vir meer as net lees.. Eet baie wortels, en beskerm jou oë teen die son met ‘n goeie sonbril (of ‘n leesbril met ‘n sonskerm.)

Kalorieë
Jy kan meer kalorieë inneem as jy aktief is, maar minder indien jy nie oefen nie of ouer is. Maar in plaas van te kyk na hoeveel kos jy inneem, fokus liewer op gesonde eetpatrone, en vermy ‘n klomp “leë” kalorieë, soos gaskoeldrank, skyfies en koekies (en enige iets in ‘n pakkie) en eet liewer voedingryke natuurlike kosse. Vermy ook te veel koolhidrate laat saans wanneer jy nie meer soveel energie nodig het nie en moet ontspan.

Vesel
Ons kry gemiddeld net die helfte in van wat ons benodig per dag. Om meer vesel in te sluit, kies volgraan variasies van kosse waar jy kan, soos bruin rys en volgraan crackers. Eet ook bone en peulgroente. Voeg ertjies by jou slaai of meng lensies in jou vleisdis.

Groente en vrugte
Mik daarvoor dat die helfte van jou bord kos uit (veral groen) groente of vrugte bestaan. Eet ‘n wye mengsel van kleure en teksture. Drink uitgedrukte of 100% sappe (soos Liquifruit en  Appletizer)

Vette
Eet net die goeie vette afkomstig van olywe, humus, advokado’s, neute, sade en olyf- of klapperolie, instede van vette in vleis en volroom melk/kaas, gebraaide kos, sjokolade en chips. Sorg veral om met middagete gesonde vette in te kry om jou bloedsuikervlak te balanseer. Kies lean vleise en lae-vet suiwel produkte.

As jy jou liggaam se behoeftes addresseer, sal hy optimaal funksioneer vir jare. Om op die ou einde goed te leef, tel elke probeerslag!

Published by Health & beauty

As former international Beauty and Spa therapist, Annien motivates and gives advise on body mind soul and spirit

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: