By my gymklas oefen die een om skoliose te beveg, die ander MS, of kanker, (ek ‘n spinale koordbesering), een om ‘n heupvervanging te herstel, die ander ‘n knie… ‘n skouer, of ‘n lae selfbeeld. Maar, oefen moet ons oefen. Gesondheid gaan oor ‘n holistiese (liggaam, siel, verstand en gees) leefstyl. Dit behoort een van jou hoof prioriteite te wees en ‘n doelstelling om ‘n kwaliteit lewe te kan lei.
Hier is ‘n paar gedagtes oor gesondheid en my siening daaroor.
Water
Drink ‘n glas water, kruietee of kookwater met suurlemoen veral wanneer jy dors raak, en ook voor, gedurende en na oefening. Water spoel gifstowwe uit. Jy drink genoeg water as jy nie dors voel nie of as jou urine helder/liggeel is. Maak ‘n 2 liter bottel of filterwaterbeker vol water, of as jy dit kan bekostig – mineraalwater, en drink dit deur die dag. En hou in gedagte dat studies bevind het dat water sowaar vette afbreek!
Aerobiese Oefening
Jy hoef nie noodwendig te sweet as jy oefen nie, solank jy jou hartspoed opkry vir ten minste 10 minute op ‘n slag (met ander woorde, uitasem raak)…Probeer minstens 20 – 30 minute per dag oefen. Squats en pushups is aerobiese oefeninge wat selfs in Pilates en Yoga voorkom.
Spierbou
Jy moet 2x per week iets doen om jou spiere te versterk, veral jou maag en rugspiere. Lig gewigte/gewiggies of gebruik rekbande. Deur net Pilates, Yoga of Callinetics te doen, wat intense oefeninge soos push-ups en squats insluit, versterk jy ook jou spiere. En selfs die kombuisvloer vee, en bokse optel of ronddra, bou spiere!
Soepelheid
Jy behoort ten minste 2dae (of meer) per week te strek, veral jou bors en agterbeen (hamstring) spiere, wat jou help buig en maklik beweeg..Oefeninge soos Pilates, Yoga en Tai chi verbeter jou soepelheid (en ook jou balans.) Voor jy opwarm, strek liewer net liggies, of doen jou strekke na jou spiere opgewarm is om besering te voorkom.
Suiker
Jy kan natuurlike suikers in kos soos druiwe en waatlemoen eet, maar wees versigtig vir bygevoegde suikers in gemaakte kosse en drankies. As jy ‘n soettand het, kies suiker-belaaide kosse wat ten minste voedingstowwe bevat, soos volgraan breakfast bars en laevet jogurt. Probeer nie ekstra suiker by jou koffie of kos gooi nie, of vervang alle suiker met Xilitol. (Met Xilitol, en Yoga elke dag, het ek nog die vinnigste gewig verloor)
Alkohol
Volgens my drink die heel gesondstes nie elke dag alkohol nie, en so vinnig raak 1 glas per dag meer! Te veel lei tot kanker, hoë bloeddruk, alkoholisme, en baie ander probleme. My motto is: As jy nie alkohol matig kan gebruik nie, bly daarsonder. As jy dit vir langer as 6 maande uit jou sisteem gekry het (terwyl jy aan jou gees werk) kan jy daarna, buiten ‘n glas rooiwyn nou en dan, daarsonder klaarkom.
Slaap
Volwassenes het 7 of meer ure per nag nodig, en hoe ouer, of hoe fikser, hoe minder slaap het jy nodig. Dit gaan nie net oor die hoeveelheid nie, maar ook die kwaliteit van jou slaap (en gesondheid lei tot beter/dieper slaap). Beoefen goeie slaapgewoontes, soos om bed toe te gaan en op te staan op dieselfde tyd, en gereeld te oefen. Jy kry genoeg slaap as jy produktief en gelukkig is deur die dag – sonder koffie – en jy nie vaak word terwyl jy moet bestuur, of in die klas moet wakkerbly nie. Hou net in gedagte dat medikasie se newe-effekte ook slaperigheid kan veroorsaak, en wissel dit af met goeie vitamine/vitamiendrankies.
Lees gerus volgende week verder as ek en jy dieselfde gesondheidstaal praat!