Raak rustig…


Die Bybel is ’n boek van genesing. Dit hou ons gesond.

Psalm 23 help vir depressie. Eksodus 20:8-11 sê ons moet die sewende dag rus. Ons word nie beveel om dit te doen nie. Dis ’n wysheid. Ter wille van ons gesondheid word ons aanbeveel om 1x per week ‘n blaaskans te vat.

Jy voel skuldig wanneer jy rus. Jy oorwerk jouself. By die werk voel jy skuldig omdat jy nie tuis by die kinders is nie. Is jy by die huis, bekommer jy jou weer oor al die werk wat jy moet inhaal!

Kry gemoedsrus

Moenie jou bekommer oor môre nie.

Jy bekommer jou gedurig oor alles! Vertrou op God. Volgens Psalms moet jy rus in God vind, jou by dinge berus, en laat gaan.

Dinge wat jou rustigheid steel

Losses, Loneliness, Lack of money. Hierdie steel jou vreugde en rus.

* Losses. Een verlies na die ander jou tref jou. Jou kind verlaat die huis, jy skei, verloor jou werk, jou huis, iemand na aan jou sterf, of jou gesondheid laat jou in die steek!

* Loneliness. Jy’s skaam om te erken jy’s eensaam. Jou man het jou verlaat, of jou kinders gee nie meer vir jou om nie. Jy vang vreemde dinge aan soos knoop ’n verhouding aan wat nie goed is vir jou nie.

* Lack of money. Jy lê nagte wakker. Jy bly in ‘n slegte verhouding/huwelik net om ’n dak oor jou kop te hê, of raak ‘n prooi  van ‘n man wat net gratis blyplek soek. Jy maak finansiële opofferings ter wille van hom en verloor in die proses.

Hoe kry ‘n mens rus in hierdie deurmekaar wêreld?

Word gesond en bly gesond:

* Slaap genoeg (nie te min of te veel nie).

* Onthou daar’s krag in gesonde kos. Wat jy eet, beinvloed jou welstand.

* Stap in die son.

* Omring jou met mense wat jou ondersteun.

* Hou op om jou te bekommer oor nietighede, en bepaal jou by die dinge wat rêrig belangrik is in die lewe. Wees tevrede met wat jy het. Vind jou rus by God.

Psalm 131: Ek maak my nie besorg oor groot dinge nie, dinge wat bo my vermoë is. Ek het rus en kalmte gevind. Soos ’n kindjie wat by sy moeder tevredenheid gevind het, so het ek tevredenheid gevind. Wag op die Here, Israel, nou en vir altyd.

http://www.voelgoed.co.za/blog

Published by Health & beauty

As former international Beauty and Spa therapist, Annien motivates and gives advise on body mind soul and spirit

Leave a comment