Trek aan soos jou leefstyl


 

‘n Goeie klerekas reflekteer nie net jou klerestyl nie maar ook jou LEEFSTYL. Buiten dat dit jou liggaam en persoonlikheid pas, moet dit ook pas by die spesifieke okkasies in jou lewe.

Soms is ons klerekas volgestop met klere wat ons nie dra nie, met items wat ‘n lewe/styl pas wat ons verlede reflekteer (nie ons hede nie), of wat ons aangeskaf het vir ‘n lewe wat ons wil hê, of dink ons behoort te hê (‘n toekomstige of fantasie lewenstyl). Ons het nie nou hierdie lewe/styl nie.

Met tye in my verlede, was my klerekas vol gesofistikeerde klere en deftige juwele. Hierdie tye het ek in Johannesburg gewoon, en was ek bestuurderes van groot klerewinkels. Of dit het vreeslike kort minirompies en leerbaadjies bevat. Ek was enkel-lopend en was lief vir uitgaan, opsoek na die regte lewensmaat. In die skoonheidsalon moes ek sorg dat ek elke dag in ‘n netjiese uniform of voorskoot, met die minimum juwele, werk. Vir my lewe/styl nou, sal ek sulke items selde of ooit weer dra.  Hoe swaar dit ookal is om die selektering van interissante/goed-ontwerpte klere  – wat my herinner aan (seker my gelukkigste dae) wat ek gewerk het in klerewinkels in London – te weerstaan, my werk/lewe nou sluit nie enige van hierdie dinge in nie.

Nou is ek meestal by die huis, skryf, gaan gym, doen inkopies of woon informele skoolfunksies by. Ek sien steeds mense, maar meestal die skoolhoof, ouers, onderwysers, gymmers en die kinders. Daar’s nie juis plek vir ‘n gesofisikeerde pakkie en ‘n oorhoop juwele nie. Dit is vir die lewe wat ek voorheen gelei het. Dit is nie wie ek is op die oomblik nie. Dit is vir ‘n ander tyd, ‘n ander persoon. Die lewe wat ek nou lei in Durbanville, is ‘n meer ontspanne lewe/styl. Dit pas by ‘n gemakliker kombinasie van items, soos die “kunstige” voorkoms, die vloeiende t-hemp-materiaal rok, kreatiewe of eenvoudige silwer juwele, denims en stewels, of selfs tekkies en ‘n sweetpak! Ek het dikwels “ooraangetrek”/opgetof gevoel, totdat ek agtergekom het dat die meeste ander wat ek nou teëkom, aangetrek is in ‘n ontspanne styl. Hoewel ek graag hoë hake (wat by pakke pas) wil dra (en steeds soms dra by denims vir deftiger geleenthede), is daar meer okkasies waarvoor ek ‘n plat hakie, of effense-hakie skoen (met nie te veel blinkertjies) benodig.

Sekere realiteitsprogramme op TV straal die boodskap uit dat vroue wat in glinsterende nommers aangetrek is, lewens het wat ons moet bewonder, na moet strewe, of moet beny. Hulle word opgetof, opgemaak, en met net hulle heel beste kant verfilm. Gewone huisvrouens gaan uit vir middagete in sulke komposisies, met hare en grimering gedoen vir ‘n paar ure in ‘n salon, deur ‘n professionele persoon. Sulke programme is natuurlik onrealisties!

Watse lewe lei jy in werklikheid, NOU? (al is dit tydelik). Wat het jy in jou klerekas of juweleboks van lank lank gelede, of wat gekoop is vir ‘n toekomstige, of fantasie lewe/styl wat jy nie nou lewe nie? Miskien is jy ‘n werknemer by ‘n korporatiewe maatskappy waar jy kliënte moet sien of die firma waarvoor jy werk  op ‘n professionele manier moet verteenwoordig, in deftige broeke en baadjies. Dit mag wees dat jy ‘n uniform moet dra vir werk (soos ek as skoonheidsterapeut vir jare lank), waarvoor jy ‘n klompie bykomstighede kan hê wat jy daarby afwissel. Miskien gym jy elke dag, en kan ‘n paar mooi gymklere aanskaf, maar dit help nie jy’t ‘n klomp hiervan maar besoek die gym net een maal per maand nie!

Stroomlyn jou klerekas met net die klere en bykomstighede vir NOU. Dit sal jou lewe vereenvoudig en jy sal ongelooflik voel as jy dit doen

http://www.voelgoed.co.za/blogs

Published by Health & beauty

As former international Beauty and Spa therapist, Annien motivates and gives advise on body mind soul and spirit

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: