Gebruik jy meer jou linker of regterbrein?


Ek het nog altyd hieroor gewonder: “Word ek beheer deur my regterbrein, of linkerbrein?” Ek vermoed ‘n bietjie deur albei, want buiten my kreatiewe kant, kon ek iewers “along the line” ook my linkerbrein ontwikkel.

Miskien met die tegniese kant van skoonheidsterapie, omdat ek gesukkel het deur my hoërskoolloopbaan met die vreemde kombinasie van Wiskunde en Skeinat, kuns en musiek as vakke… of sosiologie op universiteit en die waarneming van menslike gedrag rondom my… of selfs met my skrywery! Ek vermoed ander dink hierdie uiters kreatiewe mens is beslis regterbrein! Tog verkies ek om dinge op ‘n stap-vir-stap metode te leer (linkerbrein), en glo nie ek “dink juis in prentjies nie”. Ek het nie ‘n goeie verbeelding nie. En is beter met feite neerskryf, eerder as kreatiewe denke. Maar wat presies IS die linker en regter brein? Onlangs hoor ek iemand sê in ‘n realiteitsprogram: “She’s more analytical… calculated. I’m more… colourful!”

Ek het gaan ondersoek instel presies hoe linker en regterbrein mense dink. Miskien is jy ook meer die een of die ander, of meer gebalanseerd?

Die brein is verdeel in twee dele wat geassosieer word met spesifieke dink en geheue style. Elke deel beheer die teenoorgestelde deel van die liggaam. Die liggaam is egter ontwerp om te help om albei dele saam te laat werk. Die linkerbrein en regterbrein moet met mekaar kommunikeer.

EIENSKAPPE VAN DIE LINKERBREIN (Analitiese denker)

Die linkerbrein hou van analiseer, dinge in volgorde plaas, te verminder en komplekse informasie op te breek in kleiner dele (soos my blog redigering!), konsentreer op detail (sien die dele binne die geheel eerste raak), en het ook die volgende eienskappe: rasioneel, objektief, goed met wetenskap en wiskunde (dink in letters, nommers en formules), is analities, taalkundig (dink in geskrewe woorde en taal), en hou van redenering. Dink dinge deur met vele opsies of moontlikhede voordat hy tot ‘n besluit kom. Soek struktuur in sy dag, hou van ‘n plan vir elke dag, week, ens. Geneig om goed onafhanklik of self-aangedrewe te werk, is goed met verkope en met rekenaars. Gebruik ‘n logiese, stap-vir-stap denkproses. Prakties, hou van beplan, lysies maak, en die afmerk soos take voltooi word. Feite is vir hom belangrik, hy vorm strategieë, begryp/verstaan, is ingestel op die hede en verlede, erken name, en is versigtig.

EIENSKAPPE VAN ‘N REGTERBREIN (Kreatiewe denker)

Die regterbrein sien informasie meer holisties en konsentreer eerste op die groter prentjie (kyk na die geheel). Eienskappe is: intuïtief, kreatief, kunstig, emosioneel, visueel, spelerig, verbeeldingryk (hou van fantasie), en is spontaan. Vaar gewoonlik die beste in musiek, kuns, teken, atletiek en dans. Kan meganies wees – breek altyd dinge uitmekaar, herstel of verbeter dit sonder aanwysings, of kom selfs op met nuwe uitvindsels. Omdat hy dit moeilik vind om in herhalings te dink, spring hy dikwels rond in sy werk. Verkies meer “hands-on” of interaktiewe take, projekte of besprekings. Hou van spontane gebeure, eerder as beplande gebeure elke dag, en beplan nie gereeld vooruit nie. Fokus nie maklik op ‘n groot hoeveelheid informasie nie, want hy kan verward word oor waar om te begin of hoe om dit saam te voeg in ‘n logiese, stap-vir-stap formaat. Is onreëlmatig, en voeg dinge sommer saam, is goed met filosofie en spiritualiteit, vind die betekenis van dinge, is subjektief, gebruik gevoel, is goed met simbole en beelde en die persepsie van ruimtes, is ingestel op die hede en die toekoms, glo en waardeer maklik, is avontuurlustig, sorgvry of hou daarvan om kanse te waag.

Wanneer jy nuwe informasie leer (soos met hierdie blog!), groei jou senuseltakke. Een nuwe tak groei met elke nuwe stuk informasie. Hoe meer takke daar is, hoe meer geheue bou jy. Ons vergeet maklik as ons nie die informasie ordentlik in die brein stoor nie. Ons korttermyn geheue is waar ons geheue gebou word. Ons langtermyn geheue is waar ons geheue gestoor word. Om ‘n goeie geheue op te bou, moet jy die informasie verstaan waarop jy probeer om jou geheue te bou. (En as jy hierdie blog verstaan, sal jy ‘n goeie geheue opbou!)

Ek het tot die slotsom gekom dat die antwoord is om beide kante van jou brein so goed te ontwikkel soos wat jy kan.

http://www.voelgoed.co.za/blogs

Published by Health & beauty

As former international Beauty and Spa therapist, Annien motivates and gives advise on body mind soul and spirit

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: