To cheat or not to cheat? That is the question!


Ek kom terug uit die Boland… soo moeg… en “trommeldik geëet”. Ken julle Bolandse kos?! My ma se huishulp is ‘n gevorderde kok. Sy’t ons bederf met heerlike soet, bobaas-gemaakte geregte.

Al is jy ‘n gesondheidsblogger – niemand hoef altyd perfek te wees nie, en om te cheatnou en dan mag maar deel wees van ‘n gesonde eetplan – solank jy hierdie tye wys kies. Wees ten minste gedissiplineerd met jou etery die MEESTE van die tyd en vermy die verkeerde kos.

Redes om gesonde bo ongesonde kos te kies:

Jou liggaam is TEMPEL van God – Sy huis waarin Hy woon. Jy kyk dan na jou eie huis, hoekom nie na hierdie “tempel” nie?

Ek het ENERGIE nodig om as skrywer, en enkelma met ʼn besige kinder-skoolprogram, by te hou. Ongesonde kosse maak my moeg of opgeblaas voel, en as dit suiker is, wil ek slaap (en dit kan ek nie kies soos ek wil nie). Veronderstel ek sê aan my nog-nie-tieners: “Haai julle, julle kan aangaan met julle rekenaarspeletjies, terwyl ek bietjie slaap! En as julle honger raak, kry net vir julleself iets uit die yskas en slaan gou ‘n etetjie aanmekaar, oraait? Of …“Mamma voel nie goed nie en kan nie nou na jou luister, of na jou You tubekanaal loer nie. Ek het nie eens die krag om na jou mondeling of toets te kyk nie!”

Hulle het jou nodig om “daar” vir hulle te wees. Miskien het ‘n mens ‘n dag nodig om te relax, maar as ek op my stukke wil bly, beskikbaar wil wees vir my kinders, saam wil speel/swem of self vir hulle wil kook… verkies ek nie hierdie antwoorde te dikwels nie. Ek wil oefen en genoeg energie hê om aan my boek of blogs te skryf, die huis of skoolwerk monitor, ‘n gesonde aandete vir my kinders maak of saam met hulle tyd buite spandeer. Kosse wat my krag gee hiervoor en my nie “aftrek” nie. Ek het al die krag nodig om hulle met hul hectic skoolprogram by te staan, en kies meestal iets gesonds – nie om te keer dat ek vet word nie, maar om my beste te voel elke dag.

(Ten spyte van swaar medikasie) wil ek vroeg opstaan en vinnig WAKKER word. Nie uit die bed “strompel” nie, maar my dag positief en rustig begin, na tyd met die Here, met ‘n glimlag op my gesig (en ‘n koppie koffie in die hand)… “Goeie môre kinders! Wat ‘n mooi dag, ne?” So wil ek hê hulle moet my onthou. Visualiseer jouself in 10, 20, 30 jaar – aanhardloop agter jou kleinkinders (of hulle kinders)  en dinge doen wat jy geniet ten spyte van jou ouderdom. Ek wil nie agterbly as my kinders vinnig deur die lewe beweeg nie, en bybly. Dit gaan nie oor gewig nie maar gesondheid – hoe om aan te gaan in die jare wat voorlê en hoe jou keuses jou gaan affekteer UITEINDELIK.

My druk program en lang “doen-lysie” elke dag, laat min tyd om alles in te pas. Daarom het ek HELDER DENKE nodig om reg te besluit en te prioritiseer.

En jou MAN? (as jy een het). Dink net hoeveel swaarder is sy lewe as mamma uitgeput op die rusbank lê en sleg voel omdat sy nie aandag aan haarself gegee het nie! Julle is ‘n span en hy’t jou hulp nodig.

Hierdie is die dinge wat my motiveer om aan te hou gesond eet en vinniger te herstel (en om goed te lyk in stywe denims help darem ook)

Bolandse resepte:

KABOUS SE SLAAI: klein stukkies verskillende blaarslaai, komkommer, tamatie, avo, baie klein stukkies appel, donker olywe. Sprinkel oor: ‘n Mengsel van olyfolie, mayonnaise, witasyn, sout en peper, suiker, knippie mosterd.

MA SE GESONDE ONTBYT OF SNACK (waarvan ek nie genoeg kon kry!): Natuurlike double thick yoghurt met papaja stukkies/granate. Sprinkel pampoensade, klein stukkies amandel, sesame sade bo-oor, en genoeg heuning.

http://www.voelgoed.co.za/blogs

Published by Health & beauty

As former international Beauty and Spa therapist, Annien motivates and gives advise on body mind soul and spirit

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: