Geestelike gesondheid


WhatsApp Facebook Twitter Share

Jy raak geestelik ondervoed wanneer te veel dinge in die samelewing jou aflei van die dinge van God, en jou aanmoedig om liewer te konsentreer op materiële goed.

Mense word verlei om groter huise en “grander” karre te koop om by te bly met die nuwe tendense. Families bly nie meer naby mekaar nie. Tyd vir kerk en godsdienssake, selfs rustige tyd in die natuur, word opsy geskuif vir besige skedules en vermaak. Die stil stem van God word gesmoor deur die konstante geblêr van die TV of deur die oormatige pogings om by te bly met Facebook vriende.

Sekere goed wat mense drink, eet, of inasem gee vir hulle tydelike plesier, troos, of verligting van emosionele pyn. Sommige sit selfs alkohol, dwelms of kos in hul liggame om beter te voel. Elke keer wat jy emosionele pyn of geestelike leegheid voel  – hartseer, depressie, of verveeldheid, of nie geliefd, benodigd voel, of selfvertroue het nie – reik jy uit na kos om die pyn te verdoof of om die leemte te vul (die “hole in the soul”). Jy verwar jou geestelik honger met fisiese honger. As jy te veel eet, rook of drink, of jou oorwerk, kry jou gees nie wat dit nodig het nie. Hoe meer jy die geestelike leemte probeer “behandel” met hierdie “voel goed” middele, hoe meer sal jou siel crave na geestelike voeding!

Jou gees het voeding net so nodig soos wat jou liggaam dit het. Herinner jouself in pynvolle omstandighede dat wat jy werklik nodig het, geestelike voeding is. Moenie wag totdat daar ‘n krisis is voordat jy jou gees begin voed nie, en besluit om in jou geestelike gesondheid/sterkte te groei, net soos wat jy jou fisiese gesondheid probeer verbeter.

As jy byvoorbeeld ‘n babatjie vashou, is jy verwonder en heeltemal tevrede (as jy van babatjies hou!), selfs oorweldig met vreugde. Daardie oomblik is volmaak,  jy’t niks anders nodig nie. Wanneer jy die geestelike voeding kry wat jy nodig het, en ‘n ryk geestelike lewe het, sal jy ook geheel en al, diep tevrede wees met elke oomblik en ervaring, dit sal perfek wees en jy sal nie nodig hê om dit aan te vul met enige iets nie.

Probeer die leë areas vul met mense of ‘n werk wat jou kernwaardes ondersteun, of aktiwiteite wat jou help om jou gees te voed en te connect met God. Begin om vervulling en vreugde in God te vind in stede van in ander dinge.  Vul jou lewe met soveel positiewe, geestelike, herbevestigende dinge dat daar nie plek is vir die slegte gewoontes nie! Studies het bewys dat mense met geloof, wat betrokke is by die kerk, gebed en Bybelstudie beoefen, langer lewe en in die algemeen gesonder is as mense wat dit nie doen of gelowig is nie.

God is altyd vir ons daar wanneer ons Hom nodig het. Wanneer jy pyn het, hardloop in die eerste plek na God eerder as na ‘n ander persoon of middel. Ekself moet rêrig naby aan die Here bly om my gees gevoed te hou, en om my entoesiasme van Hom af te kry. Maak nie saak wat jy doen vir ‘n lewe of wat jy voel jou roeping is nie, elkeen moet naby aan God bly. As ons ons behoefte aan God met enige iets anders probeer vul, sal ons altyd leeg voel.

http://www.voelgoed.co.za/blogs (onder “Voorkoms”)

Published by Health & beauty

As former international Beauty and Spa therapist, Annien motivates and gives advise on body mind soul and spirit

3 thoughts on “Geestelike gesondheid

  1. Dit is so waar! Met die nuwe jaar en nuwe dinge wat op ons toesak en ons dae so volmaak, is hierdie SO goed om te lees! Ek stuur dit verseker aan o.a. aan al die besige studente!

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: