LEEF IN DIE OOMBLIK


 

by Blogger – Annien Botha / Jan 09, 2017

WhatsApp Facebook Twitter Share

Wil julle weet wat is hoogs modern? James Wallman wat die boek “Stuffocation” geskryf het, reken om jou gelukkig te maak, kies nuwe ondervindings eerder as nuwe goed!

Maak gerus hierdie ondervindinge deel van 2017 (eerder as om nog goed aan te skaf):  Strand toe gaan, jou tone in die seewater druk, braai, tyd spandeer met die mense wat jy liefhet, ‘n nuwe vaardigheid aanleer, ‘n vriend uithelp, jou kinders leer kook, draf, met ‘n vriend gesels, kerk toe gaan, uitgaan vir aandete, weggaan vir die naweek, ‘n e-book lees, ‘n tydskrif op rekenaar lees, ‘n huis, kar, klere of DVD’s huur eerder as koop, ‘n lewendige musiekkonsert bywoon, op vakansie gaan, ekstreme sport, ‘n dag by ‘n spa, gholfspeel, piekniek hou op’n verlate strand, bootry…

Moenie iets aanskaf vir status nie, maar eerder vir die ondervinding wat dit bied, soos toerusting en klere om ekstreme sportsoorte mee te beoefen, tennisrakette, musiektoerusting, rekenaarspeletjies, en boeke. Spandeer op vakansies en jou gesondheid. Werk minder en speel meer.

Die beste manier om hierdie ervarings te beleef, is wanneer jy so gefokus is. Jy vergeet die toekoms, die verlede, jou alledaagse sake, en enige onderliggende gevoel van selfbewustheid. Jy leef in die oomblik wanneer jy jou hart uitsing in die stort, valskerm spring, langs ‘n plaaspad ry met die dak af, ‘n oester afslurp, ‘n rotsmuur uitklim, ‘n goeie fliek sien, ry op ‘n kameel se rug (wat ek al gedoen het!), fietsry teen die heuwel af sonder jou voete op die pedale, en wanneer jy onderwater swem – in ‘n warm, helderblou see. Jy kies nie net die ondervinding nie, maar doen dit met oorgawe (“throw yourself in it”).

Baie van ons probeer meer as een ding tegelyk doen. Soos ‘n besigheidsvrou wat spog dat sy oor etenstyd deur werksmateriaal lees, notas maak, selfoon oproepe beantwoord, haar toebroodjie eet en kan oefen soos sy jaag van een plek na die ander. Maar ongelukkig is sy dan nie “daar” vir enige van haar aktiwiteite nie. Sy geniet dit nie en kan selfs nie al die dinge onthou wat sy gedoen het nie, wat sy vir middagete gehad het, alles wat gesê is tydens haar gesprekke, of die weer terwyl sy geloop het nie. Sy besef ook nie die stresvlak wat haar gewoonte om te multitask skep nie. So ‘n persoon mis uit op hoe goed die toebroodjie proe of hoe mooi die lug is. Sy mis uit op die “tekstuur of kleur” van haar lewe, terwyl sy haar gesondheid ook benadeel. Sy sweer om dinge rustiger te begin vat en die chaotiese pas van haar lewe stop te sit. Maar natuurlik is gewoontes moeilik om te breek!

Met tegnologie het die gewoonte in almal van ons se lewens ontstaan om dinge te oordoen. Ons word nou verplig om ‘n bewustelike besluit te neem oor hoe ons die tegnologie vandag gaan gebruik, of nie gebruik nie. Hoewel opwindend, veroorsaak die te veel beskikbaarheid daarvan, dat ons oorweldig word met geleenthede om meer te doen as wat ons kan hanteer.

Hoe leef jy in die oomblik? Jy wil nie liewer iets anders doen as wat jy op die oomblik besig is om te doen nie. Jy dink nie aan gister of more nie, maar is heeltemal  gefokus op  die oomblik. Jy doen iets vir pret en die genot van die ondervinding, en nie net vir ‘n toekomstige beloning nie

Met alles wat jy doen, is dit belangrik dat jy dit eerstens vir jouself, en vir die pure genot van die ondervinding self, doen. So plaas jou kamera-foon neer en doen wat jy ook al doen, asof niemand anders kyk nie!

http://www.voelgoed.co.za/blogs

Published by Health & beauty

As former international Beauty and Spa therapist, Annien motivates and gives advise on body mind soul and spirit

One thought on “LEEF IN DIE OOMBLIK

  1. m.a.w. LEEF die lewe! Goed jy stuur hierdie. Want ek kry seker nul uit 10. Gaan hierdie jaar weer probeer doen wat jy sê hier!

    Hoop dit gaan goed met jou kindertjies se eerste paar dae in die nuwe kwartaal! Veral Nina met die nuwe skool.

    Ek is maar agter met alles hier, want ek het vandag maar eers in my kantoor ingeval. Het my hier uitgehou totdat Annamart Sondag weg is. Nou moet ek maar ly. Maar dit is als die moeite werd, want ons het baie ander dingetjies gedoen.

    Sterkte en geniet julle jaar. Hopelik kan ek ssm ‘n daggie Kaap toe skiet, dat ek en jy weer slaggie kan gaan lunch. Moet nou maar eers met die universiteitsdinge insettel. Annamart kamp tot Woensdag, dan Donderdag moet sy in die koshuis wees.

    Ons praat weer later!xxx

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: