Kommersiële groente en vrugte bevat net 10% van die voedingstowwe wat dit eens bevat het. Daarom moet ons maar ekstra vitamiene in die vorm van tablette of tonikums inneem!
Die belangrikste is ‘n volledige multivitamien wat seker maak jy kry genoeg mikronutriënte in. (Sekere multivitamiene werk vir spesifieke behoeftes van sportmense, kinders, vrouens, oumense, swangerskap ens.)
ʼn Hoë hoeveelheid B-kompleks vitamiene is goed vir mense wat sukkel met stres, depressie en moegheid. (‘n Vit B moet in ʼn kombinasie/kompleks van Vit B’s wees, vir die beste absorpsie).
Ons het ook anti-oksidante soos Vitamien C nodig, veral as ons ons inname van vars vrugte en groente, en natuurlike kosse afskeep. Jy kan ‘n 1000g+ Vitamien C per dag inneem, en as jy siek is tot 6000g. Vitamien C poeier kan gestrooi word oor kos, veral slaaie. En daar is baie goeie kombinasies van anti-oksidante beskikbaar met gewoonlik ook ander vitamiene soos betakaroteen by (wat jou immuniteit binne 48 uur verhoog!).
Essensiële vetsure is belangrik. Ons kry hopeloos te min Omega 3 in. Jy kan ekstra Codliver olie of Salmolie inneem hiervoor. Anders kan jy ʼn eetlepel flaxseeds oor jou kos sprinkel, of in doopsouse gooi.
By die ouderdom van 40 jaar het ons bene alreeds begin swakker word en tekens van kalsium en magnesium tekort kom voor soos krampe en pyne. Kalsium is broodnodig, en moet in kombinasie met Magnesium wees. Dit is nooit te vroeg of te laat om kalsium magnesium voedingstowwe te neem nie. Osteoporose kan voorkom word en selfs omgeswaai word! Kyk vir ‘n kombinasie van Kalsiumsitraat/Kalsiumkarbonaat/Magnesium. Veral die jare gedurende en na jou swangerskap. Baie vroue het al in hulle 30ger jare 30% van hulle beendigtheid verloor. Die goeie nuus is dat beendigtheid vinnig herstel kan word, met 10% per jaar, met die inname van die regte Kalsium Magnesium voedingstowwe! Neem net 2 tablette saans.
Onthou om veral wanneer jy sport doen, ‘n druk program het of gestres is, ekstra vitamiene te neem. ‘n Sportvrou slaan dalk koorsblare uit omdat sy nie genoeg vitamiene inneem vir die druk wat al die oefening op haar liggaam plaas nie. Maak seker jy neem jou vitamiene altyd saam met kos, vir beter absorpsie.
Met ʼn Multivitamien, Vit C, Omegas, Kalsium magnesium, en dalk ook Vit B-kompleks en ‘n Anti-oksidant, kan jy seker wees jy doen jou beste wat betref jou gesondheid!
‘n Klomp van die bekende produkte wat jy oor die toonbank koop, is egter geldmors en nie gekonsentreerd genoeg nie. Vir enige opinies, vrae of idees, e-pos my asb. by adres hieronder.
e-pos: annienatpeace@gmail.com