JY KOM EERSTE!


 Voelgoed

 

Die eerste verhouding wat jy moet regmaak, is die een met jouself. Dis dan wat jy die lewe begin geniet.  Alle vroue wil lief gehê word, maar jy moet begin deur jouself lief te hê.

Besef jou eie waarde. Enige vrou wat haarself met trots bekendstel, is aantreklik.  As jy onseker is van jouself, met ‘n lae selfbeeld, voel jy waardeloos en asof jy verdien om sleg behandel te word. Ons gedagtes is kragtig. Wanneer jy aan jouself dink as mooi, intelligent en waardevol – en wanneer jy optree asof jy saak maak – sal die wêreld jou ook so sien. Dink positief. Jou verstand is soos ʼn hardeskyf. As jy dit gemors voer, sal dit gemors voortbring.  En moenie bang wees om jou “prys te noem nie”!

My dogtertjie is vir die eerste maal in haar lewe verlief en ek wil so graag hê sy moet nooit die foute maak wat ek gemaak het nie. Sy is seker vir my die mooiste klein dogtertjie (en dis nie omdat ek die ma is nie!), wat ek nog in my lewe gesien het. En sy wys glad nie af by die gelukkige outjie, wat ewe mooi is nie! Maar, smoor verliefdheid maak jou skaam en selfbewus, en jy is gou-gou nie jouself nie. Jy’s soos ʼn hoender wat sy kop onder sy vlerk wil wegsteek. Dan’s jy mos nie mooi nie! Ontspan net en wees net jy…

ʼn Mens moet leer om jouself lief te hê.

Jou eerste stap is om dankbaar te wees vir die lewe. Wees dankbaar vir wat jy het en jy sal jou oopstel vir selfs meer goedheid.

Tweedens, sorg daagliks vir jou liggaam, siel, verstand en gees (al vier belangrik). Leer ken die faktore van goeie gesondheid soos gesond-eet en oefening. As jy jouself liefhet, sal jy alles in jou vermoë doen om nie jouself skade te doen nie. Respekteer jouself.

Vanaf ‘n paar weke gelede oefen ek in die gym, nou elke dag (ek doen Pilates, Zen pilates, Yoga en werk met gewigte). Ek gaan soggens soos ‘n perd met oogklappe gym toe, sonder om na enige dringendhede links of regs te kyk, of al sien ek soms nie die nut daarvan in nie. Ek doen dit veral vir my rugspiere, en my rugpyn het sowaar verminder. Ek het rooivleis en suiker uit my dieet gesny, maar my nie ʼn stukkie wortelkoek nou en dan misgun nie. Ek forseer myself om soggens na gym en in die middel middag iets te eet, en peusel deur die dag aan gesonde happies.  As ek laatmiddag ‘n groot ete geëet het, eet ek saans niks, en gaan klim met ʼn boek in die bed. En, so het ek vinnig 2kg in 2 weke verloor! Luister na wat jou liggaam vir jou vertel.

Published by Health & beauty

As former international Beauty and Spa therapist, Annien motivates and gives advise on body mind soul and spirit

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: