Sorg vir ‘n goeie voorraad gesonde, lae-stysel peuselhappies in die huis en meer kos as toe hul jonger was. Vol kosblikke vir skool.
Sorg vir ‘n groter verskeidenheid van kosse met etenstyd. Hulle is nou gereed om nuwe gesofistikeerde kosse te probeer.
Laerskool dogters het ʼn YSTER aanvulling nodig.
Hulle sal nou daarvan hou om te help kook. Leer hulle om basiese etes te kook, ook uit resepte wat hulle self kan lees, en onthou om hulle te prys vir hulle pogings!
Gee ook vir hulle kombuis chores.
En bly weg van koekies, lekkers, chips, kitskosse, ens!
Wanneer jou kinders hoërskool bereik, sorg steeds vir baie gesonde lae-stysel peuselhappies en ‘n wye verskeidenheid kos, veral van 5 tot 8 namiddag, wanneer hulle graag die yskas oopmaak! Nou soek hulle baie meer kos, hou van baie slaap, en is dikwels honger! (Hulle bloed glukosevlakke verhoog en hulle soek dringend kos – die hele tyd!)
Hulle is nou geneig om slegte kos keuses te maak en dit sal hulle nou vetter maak as ooit vantevore (hulle verhoogde bloed glukose kan lei tot insulien weerstandigheid). Hulle skielike waagmoed en nuwe avontuurlustigheid kan nou maklik tot verslawings lei, soos aan verfynde stysel en ongesonde kosse, en hulle wil eet soos hul maats eet!
Hul liggaam is onder stres, hul immuunsisteem vat ‘n knock, en hulle is vatbaar vir siektes.
Nou is die beste tyd om weer die kosse wat hulle verwerp het as kind, aan hulle bekend te stel. Gaan saam na restaurante of koop bestanddele wat jy nooit andersins sou probeer nie.
Pak gesonde kosblikke, en verskaf tuisgemaakte kos.
Maak seker jou tiener kry ‘n gesonde ontbyt, al is dit vir die eerste keer (en al staan hy baie laat op). Maak daarom seker dis gesonde, moeite-vrye kos, wat gou en selfs in die hardloop geëet kan word. Moenie dat jou dogter ontbyt vryspring omdat sy gewig wil verloor nie. Dis ongesond en sal in elk geval nie werk nie. Gee vir haar ‘n smoothie, wat lig is en vinnig om te drink.
Maak seker jou tiener kry ‘n goeie aandete.
Nie-voedsame kos lei tot gewig maar ook velprobleme. Transvette, verfynde koolhidrate en suiker in geprosesseerde kosse veroorsaak puisies.
Aanvullings is ‘n goeie keuse, selfs al eet jou kinders gesond. Yster vir dogters en proteïen (soos in ‘n skommel) as hulle net stysel wil eet. Gee vir hulle sink en Omega 3 vir velprobleme en hulle immuniteit, of Vit B12 en B6 (in ‘n B- kompleks) vir stres rondom hul skoolwerk, sport, vriende en verhoudings.
Dis nou belangrik om saam te sit en eet as ‘n familie, ten minste 1 of 2 keer ‘n week – om jou tiener te herinner dat hy waardeer word en dat jy hom liefhet. Dit gee hom die geselstyd wat hy nodig het (en hou hy van gesels!), en die plek om gehoor te word. Maar moenie oordeel of sy opinies afkeur, of nie saamstem oor iets nie, en los die advies vir ander plekke as die etenstafel! “Trek” dit uit jou kind… vra vir hom vrae oor sy voorkeure en afkeure, kry sy input oor familiesake, en moedig sy passies aan.
Leer jou tiener om ten minste 3 etes te maak, en neem hulle saam om bestanddele en peuselhappies te koop vir die resep! Laat hulle een maal per week kook, wanneer jy nie die tyd het daarvoor nie, en so ekstra geld verdien.
Maak eet by die TV net ‘n uitsondering en nie die reël nie. Moenie baklei oor kos nie en konsentreer op jou positiewe rol, en dit is om voeding te verskaf aan ‘n baie behoeftige liggaam en ‘n tuiste vir ‘n behoeftige hart!