JOU KIND SE VOORKOMS


SEUNS

Dis harde werk, maar gereelde oefensessies en gesond eet laat jou seun goed lyk asook goed voel oor homself. En ‘n mens hoef nie obsessief daaroor te wees nie – net 20 minute tot ‘n uur, 3x per week, is genoeg.

Liggaamsbou masjien of gewigsoefeninge in die gimnasium, en natuurlike liggaamsbou aanvullings moenie voor 16 jaar gebruik word nie. (Hy mag wel weerstands oefeninge – oefeninge teen die spiere, soos pushups, situps, squats ens. doen. Of met die fiets ry, of die roei masjien gebruik, of swem).

Leer hom om sy liggaam te respekteer, vir lank. Om daarna te kyk en skadevolle gewoontes te vermy.

Moedig goeie selfversorging aan, soos gereelde stort, en om na sy tande, hare en vel te kyk.

Sy liggaam is egter net ʼn deel van wie hy is, daarom beklemtoon sy ander goeie eienskappe wat hom uniek maak.

MEISIES

Gereelde oefening, dans of sport, maar veral aktiwiteite oor naweke is belangrik.

Leer haar om lief te wees vir haar liggaam, gesond te eet en om ‘n gemaklike en gelukkige verhouding met kos te hê. Meisies is baie krities oor hul liggame. Help haar om vrede te maak met die manier wat sy lyk. Moet nie hoe sy gebou is of haar gewig verbind met die kos wat sy eet nie!

Moedig ‘n intuïtiewe eetgewoonte aan. Leer haar om te luister na haar maag. Gebruik dikwels die woorde “versadig” en “honger”.

Moet haar nooit forseer om te eet nie.

Moenie assosiasies met kos skep, soos deur vir haar ‘n koekie te gee wanneer sy seergemaak is of ‘n sjokoladetjie wanneer sy hartseer is nie.

Wees self ‘n voorbeeld deur aan gesonde kos te peusel. Hoe gemakliker ons is in ons eie lywe, hoe meer sal ons positiewe boodskappe na ons dogters kan versprei.

Gee haar ‘n kleiner skeppie kos. Sy kan altyd weer kom inskep as sy nog honger is.

Hou gesonde peuselhappies in die huis en nie kos wat haar versoek nie.

Gaan op pret uitstappies met haar wat nie om kos draai nie.

Die belangrikste egter is baie drukkies, omhelsings en positiewe opmerkings oor haar kwaliteite wat betref haar persoonlikheid, vermoëns en talente – en nie net haar voorkoms nie!

www.voelgoed.co.za/blogs

Published by Health & beauty

As former international Beauty and Spa therapist, Annien motivates and gives advise on body mind soul and spirit

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: