Hoe sorg jy dat jou kind gesond bly?


Hoewel dit goed is om seker te maak dat jyself gesond en in good shape is –  om sodoende die krag te hê om die beste ma te wees wat jy kan wees – is dit ook belangrik om nie selfsugtig te wees en net aan jou eie gesondheid of voorkoms te dink nie!

Kinder vetsug en tipe 2-diabetes kom al hoe meer voor. Voed jou kinders op met regte kos wat suiwer is, sonder preserveer- en kleurmiddels, wat vir hulle energie en vitaliteit verskaf en hulle kanse verminder om hierdie siektes te kry.

Kos in pakkies skep die meeste gesondheidsprobleme. Miskien het jy ‘n kleuter wat behep is met sappe en lekkers, of ook ‘n honger tiener wat die hele tyd op soek is na stysel en neig om oorgewig te wees! Ons kinders eet te veel gemorskos, te veel suiker en te veel brood. En weens druk gee ons in vir hulle aandrang op soet bederfies, koop ons wat die supermark aanbeveel, eet gemak voedsels op weeksaande en wegneem etes op naweke… Wanneer ons ons kinders toelaat om geprosesseerde kosse te eet, laat ons hulle “petrol gooi in ‘n diesel enjin.” Onnatuurlike kosse maak hulle lui, geirriteerd, hiper-aktief en honger!

Natuurlike, lekker, lewende kos (wat ons oumas sou erken) is die antwoord, maak nie saak (belangrik) wat die ander maats op die speelgrond eet nie. Dit word aan ons oorgelaat om vir ons kinders hierdie kosse te gee. En dan volg hulle ook ons gewoontes, hier by die huis. So word HULLE lewenslange gewoontes gevorm. Toe ek my verantwoordelikheid besef om die regte kos namens my kinders te kies, het ek my minder aan hulle voorkeure vir soetgoed begin steur.

Begin met die volgende  goue reëls en onthou, dieet veranderinge gebeur nie oornag nie.

Kies lewende kos. Eet gesonde vette. Drink net water. Gooi winkelbrood uit. Bly weg van suiker.

Wat is daardie idioom? Jy kan ‘n perd tot by die water lei, maar hom nie maak drink nie? Ek glo dit maak saak watse kos jy in die yskas en huis het, maar jy mag nie jou kind forseer om dit te eet nie.

Etenstye moet gaan oor konneksie – aan mekaar, aan die natuur en aan ons sintuie. Kos gaan nie net oor watter voedingstowwe dit bevat nie maar hou ook jou kind se emosionele behoeftes, sosiale lewe en smaak in gedagte. Jou liefde bly die belangrikste.

Die skrywer van “Real food healthy happy children”, Kath Megaw, glo aan die volgende strategieë. ‘n “Bederf boks” vir suikertanne. (Met gesonde en minder gesonde treats waarvan hulle hou, sodat ongesonde happies nie meer “verbode” vrugte is waarna hulle smag nie). Selfbediening vanaf die middel van die etenstafel. Om hulle te laat speel met hulle kos wanneer hulle kleiner is. Om jou kind elke nou en dan uit te neem vir koek. Of ‘n koek by elke verjaardag partytjie. Lae stysel brood vir tienerseuns en drukkies vir tiener dogters!

www.voelgoed.co.za/blogs

Published by Health & beauty

As former international Beauty and Spa therapist, Annien motivates and gives advise on body mind soul and spirit

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: