Haal net DIEP asem!


Ek het onlangs ‘n Zenga pilates kursus (die nuutste vorm van pilates) gevolg, en besluit om hierdie verrassende beginsel, die korrekte manier van asemhaal, met julle te deel.Van die oomblik wat ons gebore word, begin ons onbewustelik asemhaal, maar selde word vir ons vertel hoe om optimaal asem te haal en van die voordele wat dit inhou.

So haal ‘n mens bewustelik, ordentlik, asem (maak nie saak of dit deur jou neus of mond is nie). Met ʼn diep inasem, ‘n pouse, ‘n uitasem, en dan nog ‘n pouse. En hoe stadiger jy dit doen, hoe beter! Jy moet veral vir jou kinders dit leer.

Om eenvoudige daaglikse, bewustelike asemhalingsoefening te doen, of om te mediteer, sal jou totale gesondheid verbeter.

Sekere voordele van om bewustelik, optimaal asem te haal, gebeur dadelik, soos ‘n gevoel van ontspanning en rustigheid.

Ander voordele, soos jou vermoë om beter te reageer op stres, kom na vore na jy asemhalingsoefeninge vir ‘n tyd lank gedoen het.

Optimale asemhaling verminder negatiewe spanning in jou liggaam, soos in jou bolyf, skouers en nek.

Dit help ook veral om jou gedagtes te fokus – dit gesentreerd en kalm te hou.

Deur asemhaling te oefen, help jy jou senuwee-, kardiovaskulêre-, endokriene-, spysvertering-, limfatiese-, spier-, asemhaling-, urinêre-, en reproduktiewe sisteme – selfs jou naels en haargroei baat daarby!

Dit lei tot gesonder organe, en versterk byvoorbeeld jou hart.

Optimale asemhaling verander die suurgraad van jou bloed, of bloeddruk.

Jy kan die aktiwiteit van die selle in jou liggaam met goeie asemhaling verander.

Dit verlig selfs pyn! 80% van ons het ‘n sekere vorm van inkontinensie of rugpyn, en dit is dikwels weens swak asemhaling, en nie vetsugtigheid of ‘n tekort aan fisiese oefening soos baie mense dink nie.

Dit maak dat jou spiere beter werk, dus beweeg die liggaam gemakliker, en voel jy meer gemaklik.

Boonop skei dit endorfiene (hormone) af wat jou laat goed voel!

Asemhaling is nou wel nie die antwoord op alle mediese probleme nie, maar dit het ‘n geweldige invloed op jou gesondheid en geluk. En die beste daarvan is dat al die bestanddele gratis is!

Indien jy die verkeerde postuur het, sleg eet of rook, kan dit daartoe lei dat jy nie diep genoeg asemhaal nie. Wanneer jy deur trauma is, fisies beseer is of pyn het, of aan emosionele stres of angs lei, is dit veral belangrik om te let op jou asemhaling.

SO HET EK UITEINDELIK GELEER OM REG ASEM TE HAAL:

Ek trek my maag diep in en ontspan my nek en keel wanneer ek inasem terwyl die lug my bors of longe stadig-aan vergroot. Ek mediteer ‘n paar sekondes, en asem dan weer stadig uit terwyl ek my maag bly intrek, sodat my longe leeg raak. Dan weer ‘n pouse, voordat ek die proses herhaal en my asem stadig intrek, terwyl ek my maag intrek en my bors en longe vergroot..

Die pouses na in- en uitasemhaling is mediterend – ‘n stil spasie wat ‘n gevoel van balans gee wat die gedagtes en liggaam kalmeer. Die pouses sal met oefening algaande natuurlik langer word, maar ʼn mens hoef dit nie te forseer nie.

Konsentreer net eers daarop om deur diep, stadige asemhaling, die spanning te verlig en jou gedagtes te kalmeer.

http://www.voelgoed.co.za/blogs

Published by Health & beauty

As former international Beauty and Spa therapist, Annien motivates and gives advise on body mind soul and spirit

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: