My gesondheid en skoonheidroetine soggens


Ek praat ‘n bietjie oor my ongeluk in die nuwe “Finesse boekie oor Hoop” wat nou beskikbaar is en bestel kan word vanaf www.voelgoedwinkel.co.za. Een van my pyn oorwinningsmeganismes is om elke oggend dieselfde roetine te volg.

Vir my is dit moeiliker as vir die meeste mense om elke dag met ‘n glimlag en positiewe ingesteldheid die wêreld in die oë te kyk. Ek staan in pyn op, en dis allesbehalwe goed vir jou siel om soggens ‘n dosis chemiese medikasie te moet afsluk.

Tog het ek iewers vandaan die moed begin kry om soggens te gaan oefen in die gym. Buiten vir somtyds ʼn vloeibare jogurt of ‘n vrug, eet ek glad nie iets vroeg soggens nie, want ek vind dit hou my maag in beheer terwyl ek oefen. (Deur op ‘n leë maag soggens te oefen, verloor jy ook vinniger gewig.) Ek drink ‘n “Energade” (om my bloedsuiker en elektroliete wat ek verloor het tydens oefening te herstel), of neem ‘n paar slukke uit my waterbottel op pad huis toe.

Daarna maak ek  ‘n smoothie met ʼn vrug soos ‘n piesang, Bulgaarse jogurt, Oats en ‘n skoot heuning. Of ek drink  “Lifegain” by Clicks beskikbaar (opbouend vir mense na ongelukke, operasies, beroertes, en so meer). Andersins eet ek ‘n bord “Pronutro” of
“Jungle Hawain Muesli” met Bulgaarse joghurt en heuning.

Na ontbyt sal ek sommer onder die stort my hare en dan my gesig met ‘n velreiniger was en my gesig afspoel onder nie te warm water nie (te warm water veroorsaak gebreekte aartjies). Ten minste eenmaal per week gebruik ek ʼn afskilferaar wanneer my vel ekstra droog voel.

Na stort wend ek haarbevogtiger aan, soos “Proteinfeed”, wat ek dan sommer as haargel ook gebruik (‘n wenk vanaf ‘n kêrel in Johannesburg, wat gewoonlik sy punterige kuif op hierdie manier laat staan het terwyl dit steeds sag bly!). Die beste is om terwyl jou hare droog word, eenmaal per week ‘n vrugtesuur afskilferaar (wat die vel dieper verfyn as ‘n scrub) en vel masker aan te smeer (wat elk 10 minute aanbly), asook om elke dag jou lyf in te smeer met ʼn geur waarvan jy hou terwyl jou vel nog klam is (want so trek die bevogtiger beter in die vel in). Hierdie is iets waarby ek nie altyd uitkom nie en waar my seer, half-verlamde regterhand, nie meer wil saamwerk nie!)

Soms vee ek my vel af met ‘n wattetjie vol toner (maar bly gewoonlik sonder hierdie stap!) en wend dan soms (wanneer ek geld het vir een) my gesig serum aan. Daarna volg my dagroom en sonroom (faktor 15).

Ek spring dan in die kleur uitrusting waarvoor ek die dag lus voel, en wend grimering aan. (omdat ek dikwels haastig is, soms sommer in die kar!)

Party dae begin ek met ‘n donkerpers, donkergroen of helder ligblou oogskadu of dik oogpotlood, met ʼn dikkerige lyn oor die boonste ooglid, en gaan soms sommer met die kleur OOR die voulyn van die oog.  Dan wend ek ‘n enkele lagie navyblou of swart maskara NET aan die boonste wimpers (dit laat jou jonger lyk). By hierdie voorkoms gebruik ek net ʼn ligte natuurlike lipkleur of lipglans, omdat die oë alreeds die fokuspunt is, of selfs ‘n donkerperse (hoewel dit beter op dikker lippe vertoon).

Andersins gebruik ek  ʼn ligte of wit glinsterende oogskadu oor die hele ooglid. Dan ‘n vloeibare oogkleur (liquid eyeliner) en verf ‘n dun lyn daarmee langs die boonste wimpers van binne na buite. Ek trek die lyn effens dikker na buite, verleng dit by die buitehoek van die oog en eindig met ʼn effense opwaartse sweep om ‘n kat-oog effek te kry. Hierby dra ek gewoonlik ʼn helder lipstiffie, soos rooi.

Jou lipstiffie kleur kan selfs ‘n ander skakering of helderder wees as jou uitrusting, en jou naellak kan sommer HEELTEMAAL ʼn ander kleur wees!

So julle sien! Dit neem my nie TE lank om myself goed te laat voel soggens nie!

www.voelgoed.co.za/blogs

Published by Health & beauty

As former international Beauty and Spa therapist, Annien motivates and gives advise on body mind soul and spirit

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: