Hoe gesond is jou fascia?


Gewoonlik word ons pyn en styfheid toegeskryf aan spier styfheid, ons spiere wat verrek of getrek is, of selfs aan been, ligament of gewrigsprobleme (of in my geval, senuwees wat beskadig is).

Dit is soms die oorsaak, maar die pyn kan ook afkomstig wees van ons fascia!

Maar wat is jou fascia?

Jou fascia is die styfgepakte, digte bindweefsel onder jou vel – oor jou hele liggaam. Dit bestaan uit elastien, kollageen en ʼn kussingagtige stof. Hierdie vesels bind aan jou spiere, bene en organe en gee aan hulle hul strukturele ondersteuning. Die fascia is ook gepak met sensoriese neurone (senuwees). Dit het omtrent ses keer meer neurone as in enige ander liggaamsweefsel. Daarom is dit baie sensitief. Die neurone laat kommunikasie tussen jou spiere plaasvind, en help hulle om normaal te funksioneer.

Hoe affekteer jou fascia jou gesondheid?

Hoe die spier funksioneer hang af in watter kondisie die fascia is. As die fascia taai, leeragtig of styf raak, sit dit vas en gly nie maklik oor die spiere nie, en sal die spiere nie ordentlik kan funksioneer nie. Die fascia irriteer dan die spiere, gewrigte ens. en dit lei tot algemene pyne dwarsdeur die liggaam. As jy jou fascia egter vogtig, buigbaar en rekbaar hou, gly en reageer die spiere beter. Dit help dan jou liggaam makliker beweeg en buig, en help jou om met pyn en styfheid klaar te speel!

Wat kan ons doen om ons fascia gesond te hou?

Strek. Dit ʼn goed om uit te strek soggens en voor slaaptyd. Strek ook altyd voor of na ‘n oefensessie en nadat jy lank stilgesit het.

Die regte oefening kan ʼn groot verskil maak. Veral ligte oefeninge waarmee jy jou liggaam optimaal kan strek, asook die strek van jou gewrigte. Stap en swem is ook baie goed. Varieer jou oefeninge. As die fascia net in een rigting werk, soos wanneer jy net fietsry of draf, verloor dit elastisiteit, gly nie meer oor die spiere nie, raak styf en gaan in spasma.

Hidrasie is belangrik. Dit help om jou weefsels los en vogtig te hou. Maak seker jy drink baie water.

Drybrushing. Borsel jouself met ʼn lyfborsel (vanaf onder die voete in ʼn opwaartse rigting na die hart – op ʼn droë vel net voor jy stort of bad).

Bad in Engelsesout.

As jy voel jy’t ʼn bietjie ekstra hulp nodig, kan masseerterapeute die moeilik-bereikbare areas losmaak. Daar is ook self-masserings wat kan help, soos Shiatsu.

Al sien jy nie binne ʼn week ʼn verandering soos met die oefen van spiere nie, het navorsing bewys dat jy die argitektuur van jou bindweefsel met tot 50% kan verander/hernu binne 6-12 maande!

http://www.voelgoed.co.za./blogs

Published by Health & beauty

As former international Beauty and Spa therapist, Annien motivates and gives advise on body mind soul and spirit

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: