EKSIE PERFEKSIE


 

 

Ek het altyd vir kliënte hierdie wenk gegee. As jy voel jou liggaam het tlc en werk nodig, dan moet jy eers met net een ding begin, en soos jy beter oor jouself voel, doen jy die volgende by, en die volgende – totdat jy uiteindelik heeltemal goed versorg is!

Net gister het ek gewonder hoekom ek altyd skop teen die strewe om “volmaak” te wees. God het ons tog geskape om te bly streef na sy beeld. Miskien is ons bang vir die onbekende, en bly maar vasklou aan die ou mens wat ons gewoond geraak het. En net daar het ek besluit. Waarom dan nie volmaak wees nie? Waarom nie heeltemal gesond eet, gereeld oefen en liggaamlik goed versorg wees nie? Waarom nie selfvertroue hê en goed voel oor jouself nie?

So het ek myself toe begin versorg. Eers is net die skurwe wintershakke afgevyl met ʼn growwe voetvyl, my mooiste blou naellak op die tone geverf, akriel naels (sonder enige kleur) op my hande laat plak, my hare sommer self bloedrooi (of berry pienk!) gekleur, my kop opgetel en afgesit pilates toe.

Eers net 2 x per week, het ek besluit, toe het dit 3x geword. En as ek dan nog meer “perfek” wil wees, sal ek sommer die hele week oefen! Ek drink nog ʼn suikertjie in die koffie (want daardie stevia is darem ’n bitter pil om af te sluk!) Maar nee, dis nie meer snaaks nie. My liggaam is ʼn tempel van God.. Ek kan kokosneut suiker aanskaf, of heuning gebruik, en binnekort die suiker sommer heeltemal opsy skuif!

Na my ongeluk het ek in ‘n depressie verval – seker maar omdat my lewenslus en gevoel van jeugdigheid oornag van my weggeneem is. Gelukkig het ek nou, binne ‘n kort tydjie, ’n sweempie van daardie gevoelens begin terugkry – amper in terugflitse, en ek is seker dis die gym wat dit doen – die serotonien of goedvoel hormone wat vrygestel word deur middel van oefening..

Ek sal nie meer bang wees vir “perfek word” nie, ek mag net nooit op perfeksie roem nie, maar ek kan beslis daarna streef. ‘n Masseer terapeut het eendag vir my gesê, “Accept your dark side! Give it space in your life. There must be place for the good and the bad!” Nonsens! Ek hoef mos nie te dink my donker kant is “oulik”nie!

Dink aan Jesus. Was HY perfek? Ja! En wil Hy hê ons moet eintlik soos Hy wees? Ja! Al die areas wat ons nog nie aan Hom gegee het om vir ons te bestuur nie, hou ons terug van daardie perfeksie. Hy sê dan, “BE HOLY, BECAUSE I AM HOLY”.

www.voelgoed.co.za/blogs

Published by Health & beauty

As former international Beauty and Spa therapist, Annien motivates and gives advise on body mind soul and spirit

One thought on “EKSIE PERFEKSIE

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: