Miskien is daar geen geheim van jonkbly nie, maar daar is beslis ‘n definitiewe manier om jouself ouer te laat lyk! Rook verander jou vel, tande, en hare op maniere wat jare kan byvoeg by jou ouderdom.
Die verskil tussen iemand wat ‘n halwe pakkie vir 14 jaar gerook het, en iemand wat nooit gerook het nie, is merkwaardig.
Los vel onder die oë is byvoorbeeld tipies van rokers. Dit is een van verskeie tekens dat tabak in die liggaam jou voorkoms beskadig. En tesame met te veel son, word die vel natuurlik beskadig van die buitekant ook..
Ek het gerook – aan en af vir ‘n paar jaar.. Gelukkig het ek ‘n goeie vel geërf en balans gehou deur oefening ensomeer. Maar hierdie is van die talle redes hoekom ek ophou rook het.
WAT ROOK AAN JOU VOORKOMS DOEN!
SWAK VELKLEUR
Rook ontneem die vel aanhoudend van suurstof en voedingstowwe. Party rokers lyk bleek, terwyl ander oneweredige kleur begin wys. Hierdie veranderinge kan al op ‘n jong ouderdom begin.
VEL WAT HANG
Daar is meer as 4000 chemikalieë in tabakrook, en baie van hulle veroorsaak die vernietiging van die boublokke, kollageen en elastien, wat vir jou vel sy sterkte en elastisiteit gee.
Rook en om selfs naby tweedehandse rook te wees, verminder hierdie vesels. Die gevolge is ‘n vel wat hang en plooie.
ARMS EN BORSTE WAT HANG
Rook beskadig nie net die voorkoms van die gesig nie – dit kan ook sy tol eis op jou figuur. Navorsers het vasgestel dat rook ‘n hoof oorsaak is van borste wat hang. Soos die vel sy elastisiteit verloor kan binne-arms en borste wat eens ferm was, begin sak.
LYNE RONDOM DIE LIPPE
Deur die lippe te tuit, gebruik rokers sekere spiere rondom hulle lippe wat maak dat hulle plooie het wat nie-rokers nie het nie. Saam met die verlies van elastisiteit, kan dit lei tot diep lyne rondom die lippe.
OUDERDOMSVLEKKE (PIGMENTASIE)
Ouderdomsvlekke is kolle donker vel wat algemeen op die gesig en hande is. Enige iemand kan hierdie kolle ontwikkel van te veel tyd in die son spandeer, maar rokers is meer kwesbaar.
BESKADIGDE TANDE EN TANDVLEIS
Geel tande is een van die mees bekende effekte van langdurige rook. Mense wat rook neig om tandvleis siektes en aanhoudende slegte asem te ontwikkel, en is ook twee maal meer geneig om tande te verloor as nie-rokers.
GEVLEKTE VINGERS
Jy dink jou hand lyk sexy met ‘n sigaret vasgepers tussen die vingers? As jy vir ‘n tyd lank gerook het, kyk ‘n bietjie na jou vingernaels en die vel van jou hande. Tabak vlek die tande, vel en naels.
HAAR VERLIES
Almal neig om dunner hare te ontwikkel soos wat hulle ouer word, maar rook kan hierdie proses versnel. Volgens sekere studies, is mense wat rook meer geneig om bles te raak.
OOG PLOOIE (“CROW’S FEET”)
Almal kry uiteindelik plooie aan die buitekante van die oë, maar hierdie plooie onwikkel vroeër en is dieper by rokers. Hitte van brandende sigarette en die skrefies trek van die oë om rook uit jou oë te hou, dra by tot “crow’s feet”.
Nou as hierdie darem nie genoeg is om jou te laat ophou nie!
HOE OPHOU ROOK JOU VOORKOMS KAN VERBETER!
Soos wat die bloedvloei verbeter wanneer jy ophou rook, ontvang die vel meer suurstof en voedingstowwe. Dit kan jou help om ‘n gesonder gelaatskleur te ontwikkel.
As jy tabakvry bly, sal die vlekke op jou vingers en naels verdwyn.
Jy kan selfs agterkom jou tande raak witter.
Wanneer jy ophou rook raak jou vel meer bestand teen vroegtydige veroudering. En vir die plooie en ouderdomsvlekke wat jy alreeds het, is als nie verlore nie. Daar is velrome wat vorige rokers kan gebruik om hul velskade te verbeter. Hierdie sluit in retinoiede (“retinoids”) en anti-oksidante, soos vitamien C en E, en jy word ook aanbeveel om sonskerm elke dag te dra.
Vir meer dramatiese resultate, verkies vorige rokers kosmetiese prosedures. Vel-vernuwing deur middel van laser en chemiese afskilferings (“peels”), verwyder buitelae van die vel, waar die skade die meeste sigbaar is. Beloon jouself met ‘n paar sulke vel behandelings wanneer jy ophou rook.
Wanneer jy die voordele sien van ‘n vel wat beter lyk, kan dit jou motiveer om nikotienvry te bly.
KAN JY OPHOU?
Kenners stem saam dat om sigarette op te gee baie moeilik is. Maar as jy jouself vertel dat dit onmoontlik is, dink weer. Terwyl daar 45 miljoen rokers is, is daar ten minste 48 miljoen vorige rokers. As 48 miljoen kon ophou, is dit doenbaar. Hou net in gedagte dat die meeste mense meer as een maal moet probeer, en net 4% – 7% kom reg sonder hulp. (Kyk na www.smokingcessation vir meer raad oor hulpmiddels.)