AL DAAI PAPIERE!


untitled-7

Die meeste ontrommeling artikels praat net van uitgooi en sorteer, maar hulle sê nie altyd wanneer moet wat in die proses gedoen word
nie. Om mee te begin is daar die papiere en dinge wat jy moet sif om te sien wat belangrik is en wat nie, maar terwyl jy dit doen, kom die dinge by jou op wat meer tyd gaan neem en jy opsy moet skuif vir later! Terwyl ek byvoorbeeld my kantoor ontruim het, het ek op
allerhande take afgekom wat ek eers later sou kon afhandel. Dus
het my stappe so gelyk:
1.  Eers moes ek alles in KATEGORIEE plaas. Die
Skryfbehoeftes, leë lêers en leë skryfboeke bymekaar, so-ook
die Tydskrif artikels, die Skryfboeke wat vol of half-volgeskryf
is, die Lêers vol papiere, die leë Bokse en houers, die Foto’s,
die Memois, Kinderkuns, en al die Papiere (selfs die in
bokse), asook als wat in ‘n Ander vertrek behoort.
2.  Ek takel toe die LOS PAPIERE en merk die boonste papier
van elke hopie met ‘n Sticky note: Dit wat NOU belangrik is, soos skoolwerk, het ek in ‘n letter tray geplaas, en al die ander papiere in
spesifieke Kategorieë,  byvoorbeeld “Persoonlike dokumente
soos ID’s/ “dokters verslae”, Telefoonnommers, Skoolrapporte/Skoolfoto’s”, “Sertifikate/CV’s”, “Geldsake/Rekeninge”, en “Huis” bv. vooraadopname van elke vertrek/Reparasies, “Geldsake/Rekeninge”.  Die hopies papiere
het ek in plastiekhouers of laaie gebêre, wat duidelik gemerk is. Ou aantekeninge of gedagtes van die verlede word uitgesmyt.
3.  Al die Memoirs of Kinders se ou skoolboeke word toe in BOKSE geplaas. En die kinders se mooiste Kuns in PLASTIEK LAAIE op wielietjies.
4.  Nou kan LÊERS gemaak word van my gunsteling
“Tydskrifartikels” waarna ek weer kan verwys, asook van
my “Resepte” (in plastiek koeverte) – die resepte wat ek al
beproef het, die wat ek nog moet beproef, my gunsteling
resep vir ‘n ete met hoender, bief goulash, steak, maalvleis,
lasagne, spaghetti bolognaise, eier, brood, ens. (Lees my
“Eet soos in die Paradys” blog). Lêers word ook gemaak van ou
Studiemateriaal waarna ek steeds verwys bv. “Interieur”.
5.  Ek gebruik ‘n JOERNAAL of hardeband skryfboek vir al my
godsdiens inligting, soos preke waarna ek geluister het.

6. Die laaste stap gaan wees om my foto’s in albums of digitale album op my rekenaar te plaas, maar dit moet nog beplan word!
MY DAGBOEK

get_organised_stockholm_planner_blog_2
Ek het hard gesoek na ‘n spesifieke dagboekbundel vir my besige
dagprogram. Een waarin ek ook my honderde lyste kan bêre, want die meeste dag-tot-dag dagboeke het nie soveel plek vir notas in nie.

Ja, ek weet dis al lente maar ek het uiteindelik ‘n wonderlike A5 bundel gekry by ‘n CNA hier in Kaapstad. ‘n Filofax het goed vir my gewerk as enkel-lopende besigheidsvrou in Johannesburg, maar net ‘n rapsie te professioneel vir my mamma-leefstyl hier in Kaapstad!  Hierdie een is ‘n ordentlike filofax, maar met ‘n meer prettige, kunstige buiteblad. Jou dagboek dra jy in jou handsak, oral waar jy gaan.
In my dagboek merk ek die take wat ek afgehandel het met ‘n regmerkie, en met ‘n kruisie dit waarby ek nie uitgekom het nie. Wanneer ek met ‘n nuwe dag begin, vind ek dis die maklikste om nie namy vorige dag se regmerkies of kruisies te kyk, tensy ek ekstra tyd het wat ek moet vul – of tensy dit noodsaaklik is nie ( jou brein het in elk geval meestal ‘n nota daarvan gemaak).
Ek leef liewer in die nou, en vergeet van gister!
In jou dagboek, onder elke dag, kom die volgende:
*Jou 5 prioriteite vir die dag
*Te Doen
*Te bel
*Te koop/betaal
*Idees (Bv blog idees!)

Binne in hierdie dagboek kan jy ook jou verskeidenheid lyste van
alles plaas. Hulle skryf jy neer op die gekoopte notaspapier
wat te kry is saam met hierdie Filofax.
VOORBEELDE VAN LYSTE
*Jou “Te doen Master lys”  (waarna jy elke dag loer om te besluit wat
jy die betrokke dag moet doen).
*”Doelstellings vir die maand of jaar”
*”Rekenaar Te Doen lysie”, met bv. Inbox op datum, Recycle bin
skoonmaak, Dokumente organiseer/soort by soort plaas in
folders, Al rekenaar info op stiffie te plaas ingeval rekenaar
breek- as ‘n back-up, of Artikels aanlyn te lees/Studeer
*”Boeke te lees”
*Jou “Inpaklys vir wanneer jy gaan kuier”
*”Ou vriende wat jy moet kontak”
*”Kategorieë van jou huis wat jy wil ontrommel”
*”Blog idees”

*En apart: Wat jy elke dag Spandeer
*Plus jou Begroting
Jy kan self nog aan baie meer lyste dink, as jy ook so lief vir lysies
is soos ek..
Dalk het jy jou eie idees!..

http://www.voelgoed.co.za/blogs

Published by Health & beauty

As former international Beauty and Spa therapist, Annien motivates and gives advise on body mind soul and spirit

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: