Hoe ek mindmap


Ken julle mindmapping (breinkartering)? Elke breinkaart lyk verskillend, maar elkeen begin in die middel met ʼn onderwerp, gedagte of idee en sprei uit soos die takke van ’n boom – dis ’n raamwerk waarop jy jou gedagtes “hang”.

Om jou gedagtes op papier te kry op hierdie onliniêre free-style manier sal jou help om jou brein skoon te maak sodat jy duideliker kan dink. Omdat die fyner detail van elkeen se kaart uniek is, is dit ʼn hulpmiddel vir enige persoonlikheidstipe.

 My kinders se juffrouens leer nou al vir hulle om op hierdie manier opsommings van hulle skoolwerk, of mondelinge te maak. Hulle mindmap met woorde, pyltjies, en prentjies.

 Ek het lank gelede met hierdie gewoonte begin – om as my brein oorloop van gedagtes of informasie – ʼn raamwerk of mindmap (breinkaart) op te stel van al my gedagtes. Veral as ek verward voel, te veel informasie moet verwerk, nie dinge wil vergeet nie, of duidelikheid nodig het oor ʼn saak.

Dit het nog altyd vir my rigting gegee waarheen ek op pad is, vrae beantwoord, asook my oog op my doelstellings gehou en die breër prentjie laat sien. Wanneer ek ontevrede voel oor ʼn sekere area van my lewe (soos my huis, my rekenaar of blog informasie) kan ek mindmap en ook vorder met my “Doen” lysie…

Die fantastiese ding van mindmapping is dat, terwyl jy dit skep, beide die linker en regterkant van jou brein (die logiese en kreatiewe kante) in harmonie saamwerk.

Hoe mindmap jy?

Begin in die middel van jou papier, skryf jou onderwerp neer en omkring dit.

Dan, sonder om te hard of diep te dink – begin vertak van hier-af.

Voeg kategorieë en sub-kategorieë (wat ook vertak) by.

Dit hoef nie perfek neergeskryf te word of als in die regte posisie nie – soos wat jy aangaan, sal patrone en herhalende gedagtes na vore kom.

Jy kan ook lyne en sirkels verander en aanpas soos jy aangaan.

Highlight die taak waaraan jy werk en as dit gedoen is, merk dit af.

Die belangrike ding is, om as jy ʼn gedagte het oor die onderwerp, dit neer te skryf iewers in die kaart, sodat dit nie meer langer jou gedagtes oordonder nie.

Soms wanneer ek alles op papier plaas, vind ek dat dinge verband hou met mekaar. So kry ek antwoorde.

Byvoorbeeld: Ek mindmap oor die onderwerp “Dieet” en dan oor “Huis organisering en roetine”. En besef dan dat albei eintlik onder “Algehele gesondheid” val want dit dra by tot ‘n kalm, vredevolle gemoed en ‘n sterk liggaam – wat albei hoof komponente is van my algemene gevoel van gesondheid.

Indien jy voel dat jy meer as een onderwerp in jou gedagtes het, kan jy meer as een kaart op ’n slag doen!

Breinkartering kan gesien word as jou eie persoonlike dinkskrum!

 En net soos die krag van ʼn netjiese huis, voel mind mapping bevredigend en bevrydend.

Published by Health & beauty

As former international Beauty and Spa therapist, Annien motivates and gives advise on body mind soul and spirit

2 thoughts on “Hoe ek mindmap

Leave a comment