BEGIN DECLUTTER BY JOU KLERE


klere

DECLUTTERING is die Engelse word vir ONTROMMELING – om ontslae te raak van goed wat hulle doel uitgedien het. Clutter kan fisies of selfs emosioneel wees.

Wanneer jy met jou klere begin, is dit maklik om te besluit watter items om te hou en watter om van ontslae te raak. Sodoende word jou intuïsie sterker soos wat jy vorder en is jy meer ingestel daarop. Dit maak dan jou keuses wat om uit te gooi of te bêre, algaande makliker.

My harde werk van ontrommeling het begin…

… buiten dat ek dit rêrig maklik gevind het om deur my klere te gaan. Want, sedert ’n jong ouderdom, of nadat ek na 2 jaar van London teruggekeer het, is ek reeds baie perfeksionisties ingestel op my klerekas (as ʼn mens in een deel van jou lewe ongeorganiseerd is, beteken dit nie jy’s in almal nie!). Hierin is selde iets wat ek nie dra, of baie van hou nie. Ek weier egter om van my te-klein klere ontslae te raak en stoor dit op die oomblik in ʼn aparte kas! Maar ek gooi gereeld klere uit.

As jy min klere het, kan jy sommer als op een slag op jou bed of grond gooi, om te begin sorteer, andersins so stuk-stuk. Jy moet elke kledingstuk in jou hande hou en jouself afvra: “Bring dit vir my vreugde?” As ek selfs net twyfel oor die antwoord (ja, al is dit sokkies!) is dit nie spesiaal genoeg om te hou nie en moet dadelik in ʼn sak gegooi word vir die liefdadigheidswinkel.

Ek het begin met my hang goed. Vir ʼn netjiese kas, gebruik ek dieselfde wit plastiek hangers met plek vir lissies, en sorg dat elke hanger ook in dieselfde rigting wys.

Ek het hierdie slag selfs nog meer drasties te werk gegaan, en het ook die klere wat ek wel nog kan dra, maar wat ek nie op my heel mooiste in lyk nie, uitgegooi. Jou klerekas moet absoluut net die klere inhê waarin jy op jou heel beste lyk!

Ek hang dan die rokke bymekaar, die baadjies, rompe, hemde (in Engels: “shirts”), tunics, cardigans en broeke wat kan kreukel. My gordels en talle jaste en serpe hang apart. Ek hang my gordels aan ʼn broek hanger se kant hakie en gebruik ʼn hanger met ronde gate vir serpe (of hang dit oor ‘n pyp in die kas).

Ek groepeer kleur by kleur, want soggens kies ek my uitrusting op grond van watter kleur ek die dag voor lus het.

Na my hangklere het ek my laaie aangedurf. Hier kom my onderklere, kouse, sokkies, chiffon toppies, camisoles, nag- en gymklere.

Omdat dit winter is nou, het ek al my langmou hempies (in Engels: “tops”), neutraal of winterkleur kortmou hemde wat ook soms in die winter onder klere gedra word, truie, leggings, denims of denimrige broeke, en truie mooi opgevou en in die res van die rakke gepak.

Ek het ʼn hele rak in die kas aan skoene afgestaan, wat nou netjies bo mekaar gepak word, aangesien ek nie maklik buk nie. Ek het weer opgeeindig met ‘n hele swart sak klere wat ek sommer weggegee het.

Rommel in die huis “druk net ons gees af” (die goeie Afrikaans vir weighs our spirit down).

Nou weet ek dat ek elke oggend gerus kan wees dat ek daardie dag stunning gaan lyk omdat dit net my heel beste klere is. Dit vereenvoudig eenvoudig jou oggend…!

Published by Health & beauty

As former international Beauty and Spa therapist, Annien motivates and gives advise on body mind soul and spirit

One thought on “BEGIN DECLUTTER BY JOU KLERE

  1. Baie lekker gelees. Daar’s ‘n kledingstuk of twee waaraan ek al dekades vasbhou, wat ek onmiddellik gaan uitgooi.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: