WAT IS VOLWASSE ADD?


id-100160815

Wanneer het ‘n volwassene sogenaamde ADD…”attention deficit disorder?” Die manier wat die BREIN werk in mense met ADD is verskillend van diegene daarsonder. Die chemikaliee in die brein wat boodskappe dra, die neurotransmitters, werk nie behoorlik  nie. Daar is minder aktiwiteit in die dele van die brein wat TAKE en AANDAG beheer. Vir elke kind met ADD, is daar ‘n 30% tot 40% kans dat een ouer dit het. Dit is hoogs oorerflik. 75% van volwassenes met ADD is nog nooit daarmee gediagnoseer nie. Volwasse ADD is’n kondisie wat jou dokter kan help diagnoseer en behandel, maar ongelukkig word dit meestal onerken en onbehandel.

Maar wat beteken ADD?  Dalk erken JY ook, soos ek, jouself of jou maat…

Miskien is jy ge”lable” deur jou familie as ‘n dromer,  stommerik, papbroek, moeilikheid maker, luiaard of net ‘n slegte student.

Onbehandelde ADD kan studie of werkprestasies ernstig affekteer, selfvertroue verlaag, interpersoonlike verhoudings beskadig en die kwaliteit van jou lewe verlaag.

Jy sukkel om AAN te hou fokus op take, jou aandag word vinnig afgelei, jy kan nie meer as ‘n kort stukkie per slag lees nie. Jy raak raak gou-gou verveeld en jy spring van een aktiwiteit na die ander. Jy sukkel om dinge te organiseer, volg dikwels nie die instruksies nie en sukkel om dinge te voltooi. Jy lyk baie keer asof jy nie luister nie, sukkel om te luister en informasie te programmer. Jy gee nie aandag aan detail nie en maak onnodige foute. Jy is vergeetagtig en verloor dikwels iets. Jy is ongeduldig, lap antwoorde uit voor die vraag klaar is, wag moeilik jou beurt af, en val ander in die rede, of lastig. Jy tree op sonder om te dink en begin of verlaat verhoudings of werke impulsief. 

Hoe meer balle jy in die lug probeer hou – beroep, familie grootmaak, huishouding – hoe groter is die druk op ENIGE iemand se vermoe om te organiseer, fokus en kalm te bly… maar vir iemand met ADD, is dit amper onmoontlik! 

Mense soos ons wat ADD het, is darem veronderstel om ook kleur aan die lewe te gee, is gewoonlik baie lojale vriende, dikwels suksesvolle interpreneurs en besigheids mense, dikwels onvreesagtig (wat ons sukses aanhelp), is entoesiasties, spontaan, sjarmant of amusant! Tesame met die impulsiwiteit en ongeorganiseedheid kom dikwels ongelooflike kreatiwiteit, passie, energie, “uit die boks ” idees en ‘n konstante vloei van oorspronklike idees. (Ons kan wel “hiper-fokus” en vir KORT tye kliphard op een ding fokus.) 

Hoewel ADD ongeneeslik is en baie uitdagings skep, is dit TOG moontlik om maniere te vind om gefokus te bly, chaos in kalmte te omskep en die simptome van afleibaarheid en impulsiwiteit te hanteer. Deur effektiewe behandelings soos medikasie, selfhelp wenke, ondersteuning van professionele mense, familielede en jou lewensmaat, en ‘n bietjie kreatiwiteit, kan jy selfs sekere van jou swakhede omdraai in sterk punte. Dit is “oraait” om anders te wees. ADD is nie ‘n indikasie van intilligensie of bekwaamheid nie. Sekere dinge sal vir jou moeiliker wees maar dit beteken nie jy kan nie sukses behaal nie.

Om meer te leer omtrent ADD is jou eerste stap. So kan jy sekere veranderinge in jou lewe maak..

Meer raad omtrent jou roetine, slaappatrone, etes, medikasie, verhoudings, en kinders met ADD, ‘n volgende keer!…

http://www.voelgoed.co.za/blogs (Kyk onder “Voorkoms”)

Published by Health & beauty

As former international Beauty and Spa therapist, Annien motivates and gives advise on body mind soul and spirit

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: