Ek het geëksperimenteer met ‘n paar gevaarlike gewoontes, en is met dankbaarheid daarvan verlos.
Hier is ’n paar lewenstyl gewoontes met negatiewe gevolge waarvan jy liewer wil wegbly.
Rook
Rook is een van die gevaarlikste gewoontes waarvan jy afhanklik kan raak. Rook kan kanker van die longe, mond of keel veroorsaak; en ook die moontlikheid van beroerte, hartsiekte, kroniese brongitis, emfiseem, vroeë veroudering, ‘n geel vel en verkleuring van die tande.
Alkohol
Alkohol is ‘n verdowingsmiddel met ‘n bedwelmende effek, wat gebruik word om inhibisies te onderdruk en ’n mate van geluk en welsyn te ervaar. Die matige inname van alkohol is soms voordelig vir die vel en algemene gesondheid.
Oormatige drinkers moet drink. Hulle drink in die geheim, sal verskonings maak hoekom hulle drink en sal aanhou drink tot hulle dronk word. Oormatige drinkery gaan nie oor die hoeveelheid nie maar oor die manier van drink.
Swaar, gereelde inname van akohol kan die volgende veroorsaak:
Vertraagde reaksies, spraak wat sleur, slaperigheid, alkoholisme, aggressiewe gedrag of teruggetrokkenheid, bloedarmoede, lewersiektes, hartsiekte, verlies van koördinasie, verlies van seksuele begeerte, verlies van belangstelling, verlies van geheue, of uiteindelik die verlies van werk, ‘n finansiele krisis, ‘n gebroke huwelik en gebroke gesin, die vermyding van sosiale geleenthede, are wat onder die vel en in die wit van die oogbal bars, oë wat pofferig lyk, gedehidreerde vel en ‘n vel wat begin hang!
Dwelms
Van al die verslaafdhede is dwelms die gevaarlikste. Jy kan fisies sowel as sielkundig verslaaf raak aan dwelms.
Dit veroorsaak minder suurstof inname (nodig vir gesonde selgroei), vel dehidrasie; fisiese en verstandelike skade, sosiale en fisiese afhanklikheid, abnormale funksionering van die interne organe, sowel as die brein, vervroegde veroudering, ‘n finansiële krisis en ‘n gebroke huis.
Die lang, pynlike proses van fisiese onttrekking om “dwelmvry” te raak, maak voorkoming beslis beter as genesing!
Spanning
Te veel stres en druk, en die verkeerde hantering daarvan lei tot ‘n besige bekommerde gemoed, verwarde spraak, impulsiewe fisiese of verstandelike reaksies, rusteloosheid, lae weerstand teen siekte en infeksie, migraines en hoofpyne, rugpyn en seer nekspiere, verteringsprobleme soos diarree of maagsere, min energie, moegheid, uitputting, geïrriteerdheid, aggressie, hoe bloeddruk, hartkloppings en depressie. ‘n Gespanne liggaam en onrustigheid maak dat jy nie in staat is om helder te dink of op te tree nie.
Sosiale, finansiële en ander druk, veroorsaak dat die meeste mense bo hul optimale stresvlakke leef.
‘n Balans tussen positiewe en negatiewe stres verseker goeie gesondheid. Dis belangrik om daagliks stresvlakke te verlaag deur oefening, kreatiewe aktiwiteite soos verf of pottebakkerswerk, meditasie, en ontspanning.
‘n Tekort aan slaap
Gedurende slaap kry die spiere en brein kans om te rus, en die liggaam nuwe energie. Die hoeveelheid slaap benodig, verskil tussen individue, gemoedstemming en emosies. Dit word algemeen geglo dat 8 ure slaap per nag genoeg is.
Min slaap lei tot moeë spiere, ‘n tekort aan konsentrasie, geïrriteerdheid, senuweeagtigheid, en ʼn bleek en gryskleurige vel.
‘n Tekort aan oefening
Enige vorm van daaglikse oefening is nodig – nie net om die spiere te verferm nie, maar ook om die gedagtes te ontspan en te verfris.
‘n Tekort aan oefening kan oorgewig veroorsaak, ‘n tekort aan energie, verhoogde spanning, onfiksheid, traagheid, onverskilligheid, lomerigheid, uitputting, seer spiere en lae weerstand teen siektes.
Verkeerde eetgewoontes
Goeie eetgewoontes is essensieel vir ‘n gesonde liggaam, verstand en vel.
Verkeerde eetgewoontes lei tot trae metabolisme en gewigsprobleme, vel allergieë en uitslag, verteringsprobleme soos hardlywigheid, lae weerstand teen siektes, swak hare en naels, depressie, angs, en moegheid.
Die effek wat hierdie gewoontes het, oorvleuel dikwels. Daarom die belang van ‘n holistiese leefwyse!
Dankie Annien.
Ek het toe Leandie du Randt se boek vir Nina gekoop vir haar verjaarsdag en vir haar laat teken deur haar. Die mense het haar praatjie baie geniet. Sy praat lekker hulle taal, soos ook in haar boek.
xxx
LikeLike
Fantasties dankie Eza!! Ek hoop ons sien jul oor week of so..xx
LikeLike