Stap is besig om ‘n populere aktiwiteit te raak vir gesondheid en fiksheid reg oor die wereld.
Weens my spinale koord besering en “dooie” voete kan ek nie hardloop nie. Die pyn skiet op in my rug wanneer ek loop, en swak balans maak die hele loop proses ongemaklik en wankelrig! Min beweging het my gewig ook laat klim. Die ongemak word deels deur die oortollige gewig veroorsaak, aangesien pyn dikwels toegeskryf word aan toename in gewig.
Lank het ek gedink dis net die ouer garde wat stap, dat ek in elk geval nie geduld het daarvoor nie, dat as ek moet kies, ek liewer sou draf. Nou is daar geen keuse nie…
HOEKOM STAP?
Jy verloor gewig deur stap, veral as jy ook gesond eet. Daar is heelwat minder impak op jou gewrigte as wanneer jy draf en dus is jou kanse om beseer te word soveel minder. As een van die veiligste vorme van aërobiese oefening, kan jy stap selfs al is jy onder mediese toesig vir hartsiekte, diabetes of osteoporose. Kies net ʼn veilige plek om te gaan stap, verkieslik waar daar ander mense ook oefen en waar jy motors se uitlaatgasse kan vermy. Die treadmill by die gimnasium is ook ‘n goeie opsie!
Al is dit aanvanklik swaar, sal jy uiteindelik ver stap! Moenie verwag om vir ure in jou eerste week te stap nie. Begin stadig en sit elke dag ʼn paar minute se vinnige stap by.
Stap met jou skouers ontspanne en agtertoe. As jy regop staan, met jou liggaam in lyn, werk jou rug en boudspiere beter en kan jy vinniger loop. Loop met jou ken opgelig en jou boud – en maagspiere ingetrek. Stap op die regte manier – haak na toon. Rol jou voet vorentoe en druk op vanaf jou tone, sodat jou kuite, hamstrings en boudspiere saamwerk. Swaai daardie arms op en af saam met die bene se spoed, met die elmboë gebuig teen 90 grade.
Hoe vinniger jy stap, hoe vinniger klop jou hart en hoe meer kalorieë verbrand jy. Om teen ‘n heuwel of teen trappe op te stap, kan jou 50% meer kalorieë laat verbrand as wat jy op ‘n gelyk pad stap.
Dra gemaklike tekkies wat goed pas met genoeg ruimte om jou tone te beweeg en wat stabiliteit gee aan die boog en onderkant van jou voet.
Jy kan selfs begin uitsien na stap en verslaaf raak daaraan weens die gelukkige hormone-high wat stap jou gee!
www.voelgoed.co.za
https://www.planetgranite.com/sv-programs/item/3928-kid-s-climbing?EntryCode=7615%2Fcontact.php
LikeLike
First off I would like to say wonderful blog! I had a quick
question which I’d like to ask if you don’t mind. I was interested to find out how you center
yourself and clear your thoughts prior to writing.
I’ve had a tough time clearing my thoughts in getting my ideas out.
I truly do take pleasure in writing but it just seems like the first 10 to 15 minutes are lost simply
just trying to figure out how to begin. Any recommendations or tips?
Appreciate it! http://unikomsnab.by/index.php/component/k2/itemlist/user/1934
LikeLike
Halo Gonzalo..with pleasure I would like to share my tips (although you really had me thinking now!) First of all..since I’m a Christian, I really rely on God’s Spirit to do the writing for me! Some weeks I would write 3 blogs and not post it, just because I have not the peace yet, which I’m waiting for(I normally know straight away when I receive this peace-it normally accompanies a feeling of excitement!). As I currently have to post a blog every week, there’s also not too much time to think if what I’m going to post is perfect or not. I sometimes just start WRITING, like a robot..anything that comes to mind.. “Get everything out on paper”..and see where it’s “leading” me! Often as I’m writing (or reading something, which I have to do a lot-sometimes I read several books, magazines or internet articles at once), topics comes to mind which I can write about at some point in the future. Then I jot it down on a list somewhere safe..and go on with the topic at hand.I also read articles and sometimes do free writing courses online. See http://www.elnacain.com. Please feel free to ask anymore advise. I’m eager to help!😊
LikeLike