My ouers wat albei al oor die 70 is, het meer energie en lewenslus as ek, en daar is boonop twee vroue van amper 90 wat beter as ek vaar in die pilatesklas, en nog sonder bril lees!
EK beweeg min, loop en doen alles stadig (weens neuropatiese pyn). Gevolglik sit ek soos ʼn ou tannietjie onder ʼn kombersie en skryf liewer blogs. Dan pak ek die skuld vir die gewig wat ek optel op my vertraagde metabolisme – weens die OUDERDOM!
Ek klop myself op die skouer dat ek ten minste al opgehou het met rook.
Ek besef ook dat daar mense is wat meer rede het om te kla as ek. Mense soos Morrie. (Wie het al Tuesdays with Morrie gelees?)
Morrie het uitgevind dat dit eintlik mislik is om jonk te wees, te sukkel, te streef, en alewig te voel dat jy nie goed genoeg is nie! Boonop het jongmense nie wysheid nie. Wie wil nou so lewe? Jy word gemanipuleer. Gesê koop hierdie parfuum en jy sal pragtig wees. Hierdie jeans en jy sal sexy wees. En jy glo hulle…
Was jy eers trots om jou ouderdom te noem, tot jy te skaam geraak het om dit op te bring omdat jy die ouderdom vrees?
As ʼn mens altyd gaan skop teen ouer word, gaan jy ongelukkig wees, want dit gaan in elk geval gebeur.
Ouderdom is nie agteruitgang (verrotting) nie. Dis groei! Soos jy groei, leer jy meer.
Om terug te kyk maak jou kompeterend, en ouderdom is nie ʼn kompetisie nie. Jaloesie kom na my toe, ek voel dit, en laat dit gaan. Ek maak my los daarvan, en dan stap ek daarvan weg.
Om te wens jy is weer jonk, reflekteer ʼn ontevrede lewe. ‘n Lewe sonder betekenis. Want as jy betekenis vind, sal jy nooit weer terugkyk nie.
Dit is belangrik om te aanvaar wie en waar jy is. Om te sê: Dit is nóú my tyd om in my dertigs, veertigs of vyftigs te wees! En dit te geniet. Ek het my tyd gehad. Ek gaan nie weer terugkyk nie en vind wat goed en mooi is in my lewe nou!
Om ook te kan sê: Ek geniet dit om ‘n “kind” te wees wanneer die situasie dit vereis, en ‘n “wyse” ou man wanneer dit gepas is.
Die rede hoekom die ouer garde skielik lyk asof hulle meer energie en lus vir die lewe het as ek, kan wees weens oefening en gesond eet (veral rou kosse), ʼn goeie kwaliteit van lewe, of hul gelukkige sterre! Vir my sal dit lekker wees om 60 te wees, want dan sal ek besef, ek begin nou “oud” raak en mag maar so lyk … Lees Blog op: