MA—-TIGHEIDDDDD


matigheid blog picture

DIE LIG EN DIE DONKER

Het jy geweet dat ELKE situasie ‘n POSITIEWE en NEGATIEWE en kant het. Dat sukses PYN en PLESIER meebring, maar dat geen KRISIS sonder ‘n SEËN is nie, en geen BEPROEWING sonder ‘n GESKENK nie. Maar het jy ook geweet dat elke mens ‘n LIGTE maar ook ‘n DONKER kant het (en dat jy terloops op die ou einde moet aanvaar of jy met iemand se donker kant kant kan saamleef of nie), maar dat jy ook jou eie donker kant kan aanvaar! Dit beteken NIE ons moet nie ons donker kant probeer LIGTER maak nie, maar om eerstens jou goeie en slegte bates neer te skryf, kan jy begin om jou emosionele balans te herstel, wat noodsaaklik is vir persoonlike groei. Dit is die “yin en yang” waarvan die Ooste praat. Die donker en die lig.

Jy sê dalk jy sal nooit weer rook nie en dan hou dit net ‘n dag! As jy ‘n gewoonte soos rook wil afleer en jy probeer dit summier uitskakel, lei dit dikwels tot ‘n VERERGERING van die saak. Een van die doeltreffendste maniere om in beheer te raak en jou te bevry van ‘n gewoonte of verslawing is om dit te MATIG.

Eers moet jy jou skewe persepsie van rook en jou voorliefde vir sigarette in BALANS bring. Jy doen dit deur jou PLUSPUNTE van rook of waarom jy rook, neer te skryf. Dan skryf jy al die NEGATIEWE aspekte van rook neer en die maniere waarop dit jou benadeel. Jy sal agterkom dat een van die redes hoekom jy rook is omdat jy so SKULDIG voel dat jy nie kan  ophou rook nie! En dat jou SKULDGEVOELENS oor jou gerokery en jou VREES dat jy nie kan ophou rook nie, jou lewe ten volle BEHEER. Wanneer jy besef dat rook besig is om jou lewe te verwoes, kan die blote gedagte dat jy nooit weer mag rook nie, jou juis na ‘n sigaret laat gryp!

Besluit en skryf dan neer hoe jy uiteindelik jou gedrag wil MATIG. As jy met matigheid steeds nou en dan aan jou begeertes toegee, word hulle tog bevredig en bly jy in beheer. So kan ongesonde gewoontes mettertyd in gesonde gewoontes omskep word.

PASOP VIR ENIGE IETS MET ‘N “TE” VOORAAN!

Aan die ander kant, as jy jou egter net OORGEE aan jou luste en begeertes, neem jou drange oor en lei dit tot GEESTELIKE en FISIEKE WANBALANS, en as jy van oordaad ‘n GEWOONTE maak, sal jou gees en liggaam sy onsteltenis toon met siektes, depressie en angs. As ons kies om ons te oorwerk, oorspeel, ooreet, oordrink, ooroefen, oorinspan, of om ENIGE IETS te OORDOEN, gooi ons onsself van BALANS en een of ander tyd sal ons GEES en LIGGAAM moet boet. Oordaad belemmer geestelike en persoonlike groei. Matigheid skep geestelike en fisieke balans en verhoog geestelike en persoonlike groei.

BEGEERTES MOET vereers NIE ONDERDRUK WORD NIE MAAR NET GEMATIG WORD

Baie sal dalk nie saamstem met hierdie opinie van my nie, maar probeer die volgende. Raak gemaklik met die gedagte om byvoorbeeld net saans, of by die werk te rook. Besluit wat jou langtermyn doelwit saI wees, maar begin met ‘n doelwit wat HAALBAAR is, en werk jou plan van aksie uit. Bly by jou onderneming en as jy faal, beskou dit nie as ‘n probleem nie, maar, in pleks van om SKULDIG te voel, besluit om die volgende dag van vooraf te probeer, en so weerstand stadig maar seker op te bou! Later kan jy die hoeveelheid sigarette wat jy gedurende daardie geleenthede rook te verminder, of selfs agterkom dat jy begin vergeet om te rook! Wanneer jy dan aan jouself kan bewys dat jy kan slaag en jou beloftes nakom, sal jou eiewaarde toeneem en daarmee saam jou selfdissipline.

Die lewe hoef nie net swart of wit te wees nie

Dit is hoe mense soos Charlize Theron, nadat sy soos sy sê haar ”dood gerook’’ het, dit reggekry het om haarself nou te beskou as ‘n geleentheidsroker. Matigheid was die rede van haar sukses!

“Charlize Theron

Hoe het sy opgehou? Oefening. Ons goue meisie het in ‘n stadium 3 pakkies per dag gerook, volgens allaboutyou.com. Sy het oefening soos joga en Pilates begin doen en haar frustrasies só uitgewoed pleks daarvan om na ‘n sigaret te gryp. Charlize het ook nie sigarette heeltemal opgegee nie, want sy rook steeds in stresvolle tye. Charlize sê: “Ek het eens op ‘n tyd baie gerook. Dit was aaklig. Ek weet nie hoe enigiemand saam met my kon leef nie. Ek het nou gesonde rituele gekweek wat my help om die sigarette eenkant to te skuif.”

VAS VAN SLEGTE GEWOONTES

Ek het saam met ‘n Moslem meisie gewerk as skoonheids terapeut. Sy sou in hulle vastyd die hele dag tot saans sewe uur vas en bid. Daarna mag hulle geëet het van oorvol-gedekte tafels en lekkernye agterna tot sewe uur die volgende oggend as hulle wou. Maar van sewe uur die volgende voormiddag was dit weer vas en bid tyd. Sy het my ewe vertel hoe sy die volgende dag na “daardie houertjie lekkers gesmag het” waarvoor sy op die ou end nee gesê het na ‘n vol maag die vorige aand, en hoe spyt sy dan was dat sy dit nie maar tog geëet het die aand nie! (Dan het haar kêrel boonop vir haar ‘n prent van ‘n hamburger en skyfies die volgende dag ge-email!) Maar sy het streng by haar vas gehou. So kan ons ook “vas” in bepaalde ure van enige oordadige gewoontes. Te veel sjokolade. Rekenaartyd. Oefening. Enige iets. Want enige iets wat ‘n mens baie goed laat voel, kan jy aan verslaaf wees.

BALANS

Jy het dalk in ‘n kort  tydperk ‘n magdom in jou loopbaan bereik, maar jy weet nie hoe lank jy die pas sal kan volhou nie. Jou gemiddelde werksweek is sewentig uur, en jy het nie tyd om na JOUSELF en JOU BEHOEFTES om te sien nie. Gevolglik begin jou lewenstyl daaronder te lei. Jy was die afgelope paar jaar dikwels siek, het ses kilogram aangesit, en het aan allergieë begin lei wat jy nooit voorheen gehad het nie. Jy is besig om jouself af te takel. Jy sal GEESTELIK en FISIEK gesonder wees as jy jou werksure verminder en tyd aan ander gebiede van jou lewe bestee. Die suksesvolste mense wat die meeste vervulling smaak, is diegene wat ‘n GEBALANSEERDE lewe van matigheid lei. Al is jy bang dat as jy dit sou doen, jy jou huidige pos en status sou verloor, sal jou produktiwiteit beslis toeneem as jy tyd spandeer aan OEFENING, om BEHOORLIK TE EET en genoeg RUS te kry. Jy sal vind dat jy jou oortollige gewig afskud en jy sal beter voel. DISSIPLINE en jou vermoë om vir jouself NEE te sê, lei daartoe dat jou sin van waarde toeneem en jou selfrespek.

‘n Matige, gebalanseerde lewenstyl skep ‘n produktiewe, gesonde lewe

THE 24-HOUR PLAN

In my previous Smoke blogs, I have promised I would stop smoking and keep everyone updated with monitoring myself. I have decided against this though, because to say “I stopped smoking” or “I will stop smoking”, making promises to stop or having stopped, only remind me of my failures. (You will be the first to hear of my complete stop once it happened, anyway!) So I won’t promise you I will not smoke. I will only promise myself. It is, after all, my own health and life at stake. You, my family or friends, have to take the necessary steps to stay well.

Your friends and family may be understandably weary of hearing you vow, “This time I really mean it”, only to see you smoking again. It is more realistic – and more successful – to say, “I am not smoking “just for today”. Even if you smoked yesterday, you can plan not to smoke today..you might smoke tomorrow – but for this 24 hours, you decide not to smoke. No matter what the temptation or provocation, you are determined to go to any extremes necessary to avoid a smoke today.

If the desire to smoke is really strong, you first chop the 24 hours down into smaller parts. You decide not to smoke for, at least half a day, and endure the temporary discomfort of not smoking for half the day; then the full day, and so on. (Apparently many begins their recovery in this way.)

Simply postpone the next smoke. The next smoke will be available later, but right now, you postpone taking it at least half of the day.

The 24-hour plan is very flexible. Therefore you can start it afresh at any time, wherever you are. At home, at the bank, in the shops, at school, in the gym, at 4:00 p.m. or at 11:a.m., you can decide right there and then not to take a smoke during the forthcoming 12 0r 24 hours.

Life IS daily; today is all you have; and anybody can go one day without smoking.

First, you try living in the now just to stay away from cigarettes. Once the idea has become part of your thinking, living in 24-hour segments will be an effective and satisfying way to handle many of your other matters as well.

Die HOLE IN THE SOUL

Die oneindige honger van ‘n siel, en die inspirasie van HART en SIEL  kan nie bevredig raak deur hoeveel of hoe dikwels ons eet, drink, inkopies doen, seks het, of enige iets anders wat ons FISIEK bevredig nie. Mense word dikwels tot OORDAAD gelei deur ‘n innerlike gevoel van ‘n GEMIS in hulle lewe (die sogenaamde HOLE IN THE SOUL). Maar daardie iets lê nie in materiële besittings of aardse genot nie, selfs al vul hierdie dinge TYDELIK die leemte. Hierdie gevoel van ‘n leemte ontstaan as ons uit voeling is met die liefde en leiding van ons hart en siel. Jy ontvang krag as jy luister na hierdie INNERLIKE LEIDING en wete, en kan dan makliker jou fisieke oordaad matig. As jy na die wysheid van jou intuïsie luister en die leiding van jou hart gehoorsaam deur dit wat jou INSPIREER na te streef, hoe meer vervuld raak jou lewe. ’n Alkolis byvoorbeeld kan nie ontslae traak van die LEEGHEID in sy binneste nie, en die leegheid is as gevolg daarvan dat hy sy binne-stem uitgeskakel het. Ons moet ons binne-stem VERTROU en dit GEHOORSAAM.

RIG JOU FOKUS OP DIE DINGE WAT JOU INSPIREER

VOED jou hart en siel met dit wat jou INSPIREER, en deur ook te doen WAARVAN JY HOU, waarvoor jy lief is en WAT JY GENIET, nie net wat jy moet doen of wat jy verpes nie. Ons het die vermoë om ‘n VERVULDE lewe te skep waarvan ons hou. Wanneer ‘n mens die dinge begin doen waarvan jy regtig HOU, INSPIREER dit ook ander en jy sal ‘n groter SUKSES maak van wat jy doen. Moenie dink “as ek net eers dit of dat het, sal ek my eie besigheid begin”, of “as die kinders eers uit die huis is”, of “as ek net meer tyd het sal ek dit of dat doen” nie. Lewe vir NOU. Hou op verskoning maak en begin lewe.

LEEF JOU DROOM. Athena Starwoman.

Dit is eers nou in my vyftiger jare dat ek my drome in die gesig begin staar het, dit neergeskryf het, vergeet het van wat ek nog nooit bereik het nie, maar begin dink het aan wat ek nog wou bereik het al my lewe. Na my ongeluk het ek soos ander wat deur trauma is, anders na die lewe begin kyk. Ek het oor my drome begin nadink – selfs daardie drome (soos skryf) wat ek as onrealisties afgemaak het en van vergeet het. Die skryf van blogs en aan my boek op die oomblik is vir my ‘n heerlike uitlaatklep en baie ontspannend, maar soms sleur my eintlike droom want hoewel ek nog heerlik hieraan skryf, besig is om aan ‘n tydskrif joernalistiek kursus te studeer en klere bymekaar  te maak, is my uiteindelike doel eintlik om ook nog kursusse, velprodukte, klere en my boek te verkoop op hierdie blad!

Soms raak ek selfs teneurgedruk omdat ek dink dat dit seker nooit meer as net ‘n stokperdjie sal wees nie, want ek besef dat die pyn van SPYT groter is as die pyn van SELFDISSIPLINE(waaraan ek maar tekort skiet!) ‘n Mens wil nie spyt wees en wens dat jy weer kan terugkom om nog meer van die dinge te doen waarvan jy gedroom het maar te bang was om aan te pak nie. En dat die tyd verbygevlieg het sonder dat jy dit opgemerk het nie! Elke droom het sy beloning maar ook sy PRYS. Is jy bereid om die prys te betaal en die plesier maar ook PYN van SELFDISSIPLINE te aanvaar? Deure sal oopgaan vir jou waar jy nooit sou kon dink daar is ‘n deur nie, en waar daar nie ‘n deur vir enige iemand anders sal wees nie. Dit is belangrik om nie te redeneer “ek gaan beslis hierdie besigheid begin of hierdie boek skryf maar intussen moet ek net eers aan die lewe bly” nie. Moenie selfs bang wees om jou werk te los om te doen wat jy rerig wil doen nie! ‘n Ander manier is om te kyk na die POSITIEWE van jou werk op die oomblik en kyk hoe dit jou VOORBEREI om meer te kan doen van wat jy graag wil doen. Jy kan jou droom begin nastreef sonder om die vastigheid van jou huidige posisie prys te gee, tot jy GEREED is vir die groot stap, wanneer jy jou voltydse pos bedank.

JOU DOEL IN DIE LEWE

Leer jou kinders dat wat hulle ookal kan doen of oor droom, hulle kan aanpak. Dink self ook aan jou kinderjare en wat jy toe gesê het jy graag eendag wil word. En as jy rêrig nie weet wat jy wil word of doen met jou lewe nie, begin ‘n liefdeslys. Skryf van vandag af alles neer wat jy sien, hoor of ervaar wat jou DANKBAAR laat voel. Mettertyd sal jy ‘n patroon in jou lys sien en dit sal jou help om klarigheid te kry oor wat jou primêre doelwit is.

Wat presies wil JY doen, en waarmee hou jy jou die meeste besig elke dag? Spel ‘n duidelike geïspireerde doelwit vir jou lewe uit – jou droom – WAT JY WIL WEES, DOEN EN HÊ. Skryf die stappe van aksie neer wat jy gaan volg om te doen waarvan jy rêrig hou. Hierdie stappe sal jou help om jou vrees te oorkom. Skryf dit in die fynste besonderhede neer op papier of rekenaar. Jy moet met SELFVERTROUE en GELOOF nader aan jou droom beweeg en daarna  streef om die lewe te lei wat jy jou voorgestel het.

As jy dus jou daaglikse TAKE aan jou DOELWIT koppel, sal jy die lewe lei wat jy graag wil. Jou intuïsie sal jou lei. Jy sal openhartig, dankbaar en vervuld voel, en dit genees jou liggaam en jou jare van VREES en VERTWYFELING. Jou liggaam, gedagtes, hart en siel sal floreer en jou ONDERSTEUN. En jou energie sal onbeperk wees omdat jy deur liefde geïnspireer word.

Hoe meer jy HOU van wat jy DOEN, hoe meer kan jy doen waarvan jy hou!

  • Skryf jou uiteindelike doelwit neer
  • Skryf jou stappe van aksie neer
  • Rig jou fokus op die dinge wat jou INSPIREER
  • BEPERK jou OORDREWE begeertes deur matigheid
  • Lewe ‘n gebalanseerdde lewe deur middel van matigheid

GETTING ACTIVE

It is very hard just to sit still trying not to do a certain thing, or not to think about it.The more we think about the cigarette we’re trying to keep away from, the more it occupies our mind.

It’s much better and easier to get active and do something else – anything – than trying to avoid smoking. Anything that will use your mind and channel your energy toward health. To break a habit, substituting a new and different activity is easier than just stopping the old activity and putting nothing in its place. Stopping smoking is not enough. You need to put in place of smoking a positive PROGRAM OF ACTION. You have to learn to live without cigarettes.

You may wonder what you would do, once you’ve stopped smoking, with all that time on your hands – big, empty holes of time that have to be filled somehow – long, vacant stretches of minutes and hours staring at you. You need new habits and activity to fill those open spaces and utilize the NERVOUS ENERGY previously absorbed by your preoccupation, or your obsession, i.e. smoking.

Fear of disease is not a very happy or relaxed state to maintain for very long. Try to develop a healthy respect for the dangers of smoking, instead of a fear of it, just as people have a healthy respect for cyanide, or any other poison. Without going in constant fear of these potions, most respect what they can do to the body, and have enough sense not to imbibe them. Fear won’t get you through those empty hours ahead, so what can you do?

Some, when they first stop smoking, seem to have a temporary failure of the imagination, and can’t think of non-smoking things to do! You might be just out of the habit. Or maybe your mind needs a period of rest. But the dullness of the mind does go away, and after some months, your mind seems clearer. Later on the change is striking. More MENTAL ENERGY seems available to you than ever before.

Healthy things to do

* Taking walks – especially to new places, and in parks or the country. Leisurely, easy strolls, not tiring marches.

* Reading – preferably not anything that demands too much concentration, otherwise you can get pretty fidgety.

* Going to museums and art galleries.

* Exercising – swimming, golfing, jogging, yoga, or other forms.

* Starting on neglected chores – cleaning out a drawer, sorting papers, answer e-mails, hanging pictures, or something you’ve been postponing. Don’t overdo any of these though. Planning to clean out all the cupboards may be, after a day’s hard physical labour, leave you exhausted, dirty, not finished, and discouraged. Therefore, cut down your plan to a manageable size. Start out, not to straighten out those cupboards but only one drawer, not to clean out those files but to clean out one folder.

* Trying a new hobby – nothing expensive or very demanding, just some pleasant diversion in which you do not need to excel or win. Pick up hobbies you never thought of before, such as the opera, needlework, writing, singing, cooking, amateur acting, gardening, the guitar, movies, dancing, collecting something or other. You will now find you enjoy things you wouldn’t even consider before.

* Revisiting an old pastime – maybe knitting you stored away somewhere, scrap-booking you haven’t touched in years, a photo collection, or notes for a book you want to publish.. Dig them out, dust them off, and try to have a go at them again. If you decide they’re not for you anymore, get rid of them (See my DECLUTTER blog posts).

* Taking a course – Have you ever wished you could understand feng sui, do interior decorating, become a gym instructor, a magazine writer, an image consultant? Correspondence courses – online or adult classes that meet about once a week are usually available somewhere. Such a course can add a fresh dimension to life, but also leads to a whole new career. If the studying becomes a drag though, don’t hesitate to drop it. You have the right to change your mind and quit anything that is more a hazzle than it’s worth. Quitting takes courage, and it makes sense if you quit something that’s not good for you, or if it adds no positive, pleasurable, or new facet to our life.

* Volunteering to do some useful service – Many hospitals, children’s agencies, churches, schools, governmental agency, civic club or other institutions and organizations desperately need volunteers for all kinds of activity. We feel much better about ourselves when we contribute even a small service to the benefit of our fellow human beings.

* Doing something about your personal appearance – Most of us let ourselves go pretty much. A new haircut, some new clothes, new glasses, or even new teeth will cheer you up. And the months when you first start to stop smoking seems a good time to look into it.

* Taking a fling at something frivolous – an effort at self-improvement is worthwhile and gives a lift to our self-esteem, but not everything we do has to be so serious, and serious periods can be balanced with things we do for pure fun. Do you like zoos? Army movies? Classical music? Reading magazines? Sunbathing? Find something that rewards you with nothing but enjoyment at the end.

YOU DESERVE IT

Bronne: Laat dit gebeur, John F. Demartini; Living Sober, Alcoholics Anonymous

Published by Health & beauty

As former international Beauty and Spa therapist, Annien motivates and gives advise on body mind soul and spirit

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: