HOE MOEILIK DIT IS OM OP TE HOU ROOK


 

blog picture frustration

Nadat ek al bronchitis gekry het, ‘n hele paar soos-ek-geglo-het Godgegewe boodskappe gehoor het, rook blogs geskryf het, met Nicorettes hierdie honger drang na sigarette beleef het en selfs Champix, die “wondermiddel” wat “magic” is en volgens dokters die beste en nuutste middel in die mark  is, begin gebruik het.. het ek na sewe dae nog steeds deur die naarheid (die newe-effek van Champix) dikvellig bly rook! Op die eerste dag van die tweede week op die Champix (die week wat ‘n mens glad nie meer mag rook nie) het ek, voordat ek die eerste pilletjie van week twee begin neem, besluit, nee..as ek nie NOU stop nie, gaan selfs die Champix ook nie met my werk nie! Ek het vir twee dae mooi uitgehou, en toe op die derde dag se AAND (DIT is gewoonlik die swaarste oomblik, sien ek nou!) vier sigarette gerook wat  eenvoudig AAKLIG gesmaak het..summier opgehou en besluit : “dis nou of nooit!” Nou moet my wilskrag inspring en moet my kop reg dink! Na die onsmaaklike vier sigarette het ek gaan slaap en die volgende oggend (die vierde dag) swaarder opgestaan,’n koppie koffie gedrink, ‘n bord pap geëet, en kom sit en blog skryf.

Dis ‘n lieflike sonskyn dag. Ek het die stoepdeur oopgemaak en die son skyn heerlik na binne. Die nuwe hondjie byt-byt aan my tone terwyl ek skryf. Ons sou vir die naweek weggaan en vereers het ek gedink ‘n naweek weg sou my fokus ‘n bietjie wegneem van rook af, maar besluit: Nee, ek gaan my vrees om ‘n rookvrye lewe aan te durf reguit in die oë kyk en trotseer.

Ek het mooi uitgehou…tot ek besluit my pakkie Champix is net ‘n “gimmick”, en toe die pakkie verlore raak, besluit ek: Ag nee wat, ek rook maar weer..

Soos julle nie-rokers kan aflei, is rook een van DIE swaarste gewoontes waarvan ‘n mens moet onstae raak – ‘n verslawing wat selfs hardnekkiger is as heroin.

Gedurende die eerste drie dae van nie-rook het ek die volgende ervaar…

1. Hoe die bloed na my wange en kop opstoot en ek kan verstaan hoekom nie-rokers die blos op hulle wange kry!

2. Oombliklik meer energie! Die dae het skielik nie meer so lank gevoel nie. Ek kon selfs met die spoed van my klein kinders byhou!

3. Natuurlik het kos baie lekkerder begin smaak, en ek het my eerste twee sigarette van die oggend met ‘n ontbyt ontvang, wat heerlik gesmaak het!

4. Ek het steeds my gewoontelike koffie so nou en dan gedrink, alhoewel dit sterker proe as gewoonlik en nie so lekker nie.

5. Ek het opgestaan met met minder pyn en meer energie. Dwarsdeur die dag het ek my verbeel hoe die bloed na al die areas versprei wat genesing nodig het.

6. Ek het skielik meer tyd vir my kinders “gehad” want nou kon ek rustig saam met my dogter buite kyk hoe sy met die hondjie speel, en op my seun se bed gaan sit voor slaaptyd, en vir ‘n lang tyd luister na wie sy vriende is, en hoekom die wat nie meer vriende is nie, nie meer sy vriende is nie!

Ek wil baie graag hierdie simptome deurentyd ervaar! So my studie van rook gaan voort…

 

 

Published by Health & beauty

As former international Beauty and Spa therapist, Annien motivates and gives advise on body mind soul and spirit

Leave a comment