As jy nie ‘n roker is nie – ag jouself vry en baie gelukkig, en verdra maar hierdie artikel ter wille van ons rokers. Dankie!
Ek weet ek moet ophou rook. Maar ek wil nie. En hulle sê: ‘n mens MOET WIL OPHOU. Die probleem is..ek ervaar nog geen negatiewe fisiese simptome van my gerook nie. (Buitens dalk die moegheid en die moeilike opstaan soggens.) Tog bestaan daar uiteindelik ‘n sterk moontlikheid dat mens lewenslank verslaaf bly en uiteindelik aan ‘n rookverwante siekte kan sterf. Daar is skynbaar 25 van hierdie lewensgevaarlike siektes, soos ‘n hartaanval, beroerte, chroniese bronchitis, emfiseem en verskeie kankers, soos lip, mond, keel, tong en longkanker! Sigaretrook bevat giftige gasse en teer, wat uit meer as 4 000 chemiese stowwe bestaan. Drie-en-veertig van hierdie chemiese stowwe kan kanker veroorsaak..
Die vangplek is, jy kan egter jare lank rook voordat jy een van hierdie siektes kry.
NOU VIR WAT ROOK ONS DAN?
Rook veroorsaak ‘n matige gevoel van euforie, en laat die meeste mense aanhou rook sodat hulle die gevoel keer op keer kan ervaar. Nikotien wysig inderdaad jou luim positief en verlig angstigheid, alhoewel die spanning wat die sigaret verlig juis gedeeltelik te wyte is aan die drang na nikotien.
Dit is ook moeilik om op te hou rook omdat rook ’n gedragsgewoonte is. Behalwe dat rokers aan nikotien verslaaf is, kom hulle in die gewoonte om aanhoudend sigarette aan te steek en daaraan te trek. ‘Dit gee jou hande iets om te doen.’
Rook help ook emosionele pyn verlig. Die druk van jou kant af op ‘n roker om op te hou, dra ongelukkig by tot hierdie pyn.
Dit is vir my duidelik dat my ”kop nog nie reg” is nie – dat ek ‘n kopskuif moet maak..’n “breinspoel’’..
Die Woord sê: Ons moet ons gedagtes HERNU. En dat jy dit slegs kan doen deur die bestudering van die Woord..Daardeur kom die GELOOF..Ek glo dat rook ‘n gewoonte van die VLEES is, en dat ons tog ons gees voordurend moet beveg – moet doodmaak! Dan sal jy in ooreenstemming met God se wil optree, want die Bybel sê: “Laat ons ons van elke verontreiniging van die vlees . . . reinig” (2 Korintiërs 7:1). Die Here soek ‘n skoon bruid en ek besoedel my liggaam..
Dus het ek besluit om my eerste blog oor ROOK te begin deur te LEES oor rook..om uit te vind WAAROM ek rook..HOEKOM ek moet ophou..HOE ek kan ophou..en dan OP TE HOU!
Die hoofrede hoekom ek tog wil ophou, is oor die toekoms werk wat ek vir myself gekies het. Ek skryf terloops ‘n HEALTH en BEAUTY blog! En my gerokery kan my kredietwaardigheid erg skade doen.
Jy kan vir niemand anders ophou nie. Jy moet ophou vir jouself. En ek glo hoe nader jy aan jou eie waardes lewe – wat jy dink belangrik is in die lewe – soos in my geval GESONDHEID en REINHEID, hoe meer vrede vir jou!
Ek wil ook ophou vir my senu PYN (As gevolg van my nekfusie drie jaar gelede). “Smokers are more prone to pain because nicotine reduces the flow of blood to the tissues. Blood flow and oxygen transport are necessary to maintain healthy tissue.. Smoking slows recovery after fracture, surgery, or therapy. Nicotene heightens pain perception, so smokers perceive more discomfort than nonsmokers do. The tissues need a big dose of oxygen to feel better. Those who smoke but quit will have to work to rejuvenate the tissues damaged by smoking. The advantage of quitting is that you can begin the process of feeling better without the ongoing negetave effects of smoking! You can eat, sleep and exercise to a healthier and happier you!” (End back&Neck Pain: Vincent Fortanasce, David Gutkind, Robert G Watkins).
Maar bowenal: EK WIL GESOND WEES EN LANK LEEF VIR MY KINDERS!
Ek het hier op die rak ‘n hele paar selfhelpboeke wat handel oor hoe mens ophou rook, ook Allan Carr se “The easy way to stop Smoking” waarmee ek al voorheen ‘n keer ophou rook het vir jare.. Maar het besluit om my eers te wend tot die internet. Daar is onder andere die wonderlike webblad, http://www.quitnet.com wat ek baie oulik vind.
Dit is skynbaar die beste om hulpmiddele in te roep, en die metode te vind wat die beste by jou lewensstyl pas. Ek het op die internet allerlei produkte en kursusse gevind wat weer ‘n geldmaak proses is, wat verkoop word om mense te help ophou rook. Omdat ek ‘n ‘als-of-niks’ mens is, glo ek nie om net af te skaal en eers minder te rook of steeds nikotienbevattende middele in te neem wat ‘n mens algaande verminder nie.
Met die oogopslag besef ek ook dat baie van hierdie metodes net logiese maniere is wat jyself sommer by die huis kan aanwend sonder om ‘n sent te betaal! Net soos jy ‘n duur program oor ‘n tydperk moet volg om jou brein te kondisioneer terwyl jy aangaande minder rook, kan jy ook mos maar teen geen koste jouself in plaas van deur ‘n kursus te volg, met leesstof verryk terwyl jy algaande minder rook?
Een van hierdie duur kursusse (teen meer as R2000) fokus op die ASSOSIASIES wat jy met sigarette het. Hulle verwyder die assosiasies verbonde aan rook. Deur te kyk en te verstaan na WANNEER en HOEKOM jy rook, kan jy aflei presies watter AKSIE jy aan die rook VERBIND. Moet jy rook saam met ‘n koppie koffie, na ete, wanneer jy ontsteld is, wanneer jy kwaad word, ensomeer. Dis ‘n PAADJIE IN JOU BREIN WAT JY MOET UITVEE! Rokers het ‘n EMOSIONELE BAND met rook wat GEBREEK moet word. Ek vind een van my grootste snellers is wanneer ek swaarvoet met pyn uit die bed opstaan. Ek MOET mos my dag begin met twee sigarette! Of as ek ontstel is deur die mansgeslag voorheen..wou ek sommer onnodig die woede op myself uithaal!
Tog lê daar in my agterkop die plaende gedagtes..As ek soggens eerste ding rook, mis ek uit op my eerste ontmoeting met God. As ek woede op myself uithaal, maak ek een probleem twee probleme. My hart is nie nou net seer en ek word angstig nie, maar ook my gesondheid word bedreig!
Sonder hierdie hulpmiddele het ‘n mens egter hope WILSKRAG nodig. As jou assosiasies met rook nie weggeneem word nie, sal jy steeds wilskrag moet toepas om nie uit gewoonte ‘n sigaret aan te steek nadat jy byvoorbeeld geëet het of as jy iets drink nie. Jy kan nie hierdie invloede vryspring nie. Innerlike krag en vasbeslotenheid om op te hou, moet van die roker kom. Jy moet liefdevolle maniere vind om ’n begeerte om op te hou, aan te wakker en te ondersteun.
Daar is ook die duur Oor terapie wat ‘n mens kan ondergaan. Dit is ‘n alternatiewe vorm van geneeskunde en berus op dieselfde beginsel as refleksologie omdat die hele liggaam behandel kan word deur sekere punte op die oor te stimuleer. Die hele liggaam word in die senuweepunte op die buitenste deel van die oor verteenwoordig. Reseptors word in die oor geplaas en dit prikkel sowat vyf drukpunte op jou oorskulp om skynbaar jou verslawing aan nikotien te genees, jou te help ontspan, en jy sal nie meer lus wees vir nikotien nie. Uit my Shiatsu studies het ek egter geleer hoe maklik dit is om jou ore self te masseer – met die druk van jou oorlob van voor na agter na voor, en dan net te wikkel van voor na agter na voor, en die oor weg te trek vanaf die kop van voor na agter na weer voor. As easy as that!
Huisgenoot Digitaal, Desember 11, 2009
Ek het op die Facebook blad van Huisgenoot interissante opmerkings gelees op die vraag, “Hoe het jy ophou rook?” Dit was goed om al die menings te lees en te besef, EK IS BESLIS NIE ALLEEN NIE. Honderde WIL ophou rook, WOU ophou rook, HET DIT REGGEKRY! Die meeste van hierdie opmerkings dui daarop dat mense NOOIT WEER sal rook nie en dat hulle bitter bly is hulle is ontlae daarvan!
“Ek is baie trots op myself want ek dink dis die moeilikste ding wat ek nog ooit aangepak het en sal nooit weer aan ‘n sigaret raak nie!”..”As ek dit net ruik, walg dit my!”..”Die ondervinding was so erg dat ek nooit weer sal rook nie!”..”Ander wat rook, sit my af”..”Ek kan nie die reuk verdra nie!..dit stink!”..”Ek kan nie glo ek het gerook nie!”
HEELWAT mense op die Huisgenoot blad het COLD TURKEY opgehou rook deur eenvoudig een oggend op te staan, of na ‘n halwe pakkie sigarette te kyk en te besluit: “That’s IT!”
“Ek het net gesê, dis my laaste sigaret, hom klaar gerook en nie weer gerook nie!”..”Ek het net die sigaret doodgedruk en gesê, dis nou klaar!”..”Ek het die pakkie neergesit en besluit ek gaan nie meer rook nie”..”Ek het net die laaste een in die pakkie gerook en besluit ek gaan ophou”..”Ek het besluit ek stop nou..” Ek het ‘n halwe pakkie sigarette oorgehad, dit in die asblik gegooi en saam met rokers gestaan wanneer hulle rook”..”Ek het net een oggend besluit ek wil kyk hoe lank ek kan uithou en nog nie weer aan een gevat nie”..”Ek het een oggend wakker geword en besluit ek gaan ophou”..”Ek en my man het die vorige aand besluit ons gaan die volgende dag ophou”..”Ek het die sigarette bo op die kas gesit sodat ek dit kan sien en besluit ek gaan nie weer daaraan vat nie!”..”Ek net besluit om nooit meer aan rook te dink nie”..
Dan is daar die wat weer begin rook het..”Ek het vir die grap af en toe een gevat en nou moet ek weer van voor af begin”.. ‘n Ander gebruik “my humeur” as verskoning hoekom hy rook, of dat “die vlees sterker is as die gees”..Val jy onder die talle mense daarbuite wat voel dat hulle ‘n ”dubbele lewe” voer, in die geheim rook en al talle kere probeer ophou het en maar weer begin het? Diegene wat hulle sigarette al selfs begrawe het en hulself belowe hulle sal nooit weer rook nie (ek het al ‘n paar keer gaan stap en langs die pad afgekom op ‘n halwe pakkie sigarette wat mense by ‘n motor se venster uitgegooi het!). Voel jy depressief en is elke keer teleurgesteld met jouself? Heelwat mense begin maar weer rook (dus moet daar waarheid wees in: “Eenmaal ‘n roker, altyd ‘n roker” en dat ‘n mens ‘net een sigaret’ altyd moet vermy nadat jy opgehou het!). Jy kan dan saam met my bid vir die BEVRYDING van rook. (Onthou daar is mense wat selfs oornag bevry word van alkohol en dwelmmiddels). ‘n uitroep na God was noodsaaklik vir hierdie Christene..
“Ek het die sigarette neergesit en nooit weer teruggekyk, maar baie gebede het opgegaan en ek het Jesus gevra om my te help”..”Ek kon nie uit eie krag nie maar met die krag en genade van God, aan Hom al die eer!”..”Ek bid nog elke dag vir krag en dis net met die Here se krag en sterkte”..”Met die Here se hulp”..”Met gebed”..”Ek het net die Here gevra om my te help”..”Ek bid wanneer ek weer wil rook”..Ek bid elke oggend en vra dat Hy my help en saans bid ek en sê dankie dat Hy my deur die dag gedra het”..“Ek het net skielik naar begin raak vir die reuk en dit net so gelos”..”Ek sê net, wyk Satan!”..
Sommige wil so graag ophou maar het net nie die wilskrag nie. Hulle probeer maar sê vir hulleself ‘dis moeilik veral as mens stress’. Daar is ongelukkig ook nie ’n pil wat jy kan neem om die drang om te rook weg te neem soos ’n aspirien ’n hoofpyn kan wegneem nie. ’n Mens moet vasbeslote wees as jy sukses wil behaal in die moeilike taak om op te hou rook. Soos om gewig te verloor, vereis dit dat jy jou oor ’n lang tydperk daarop moet toelê. Dit hang van die roker af of hy suksesvol gaan wees. Dit verg hope deursettings vermoë en self dissipline, ‘n sterk wil en vasberadenheid. Ander sê: “Jy moet reg wees”..”Jy moet in die regte gemoedstemming wees”..“Jou kop moet reg wees”.. Of, “It’s all in the mind”.
Die MEESTE van hierdie kommetaarleweraars het met die CHAMPIX pilletjies ophou rook (al het Huisgenoot al berig dat dit selfmoordneigings veroorsaak!). Sommige glo ‘dis die beste produk op die mark’, dat dit ‘magic’ is en uitstekende resultate lewer.’n Mens kry dit op voorskrif van jou dokter teen sowat R430 per maand, en moet inname vir drie maande volhou hoewel baie voor die drie maande al ophou rook.
Dan is daar ‘n paar ander wat met Zyban (die anti-depressant), Nicorette kougom of die plakkers opgehou het.
‘n Paar interissante natuurlike middele word ook genoem, soos die FIBRE DRINK (wat jy aanlyn kan bestel by http://www.afrikaans.stopsmoke.co.za), Beyond Nicotene (pilletjies wat by die apteek te kry is), Prostep plakkers, nicotine druppeltjies wat mens neem en wat algaande verminder word, of eenvoudig Natura se anti-tobacco.
Sommige het eenvoudig sonneblomsade of tandestokkies gekou om die ‘’hand-tot-mond’’ aksie te behou. Sonneblomsaad het skynbaar ‘n bestanddeel wat dieselfde uitwerking het as nikotien en breek ook jou lus vir rook. Ander het Stimirol of ‘Airwaves’ kougom gekou, of groentee gedrink wanneer hul lus kry vir ‘n sigaret, en dan is daar die wat eenvoudig legkaarte gebou het om hulle hande besig te hou.
BEMOEDIGING
Binne 20 minute ná jou laaste sigaret sal jou bloeddruk na die normale vlak daal. Die eerste drie tot vyf dae is die ergste. Maar “die hunkering na nikotien hou nie heeldag aanmekaar nie – dit tref jou so elke halfuur en jy moet sterk wees vir net ‘n paar minute op ‘n slag tot die volgende hunkering jou tref.” Die eerste drie dae is wel baie moeilik, maar as jy verby die derde dag kom is die ergste verby. Dit kos jou liggaam maar 2-3 dae om van die nikotien ontslae te raak. Ná ’n week sal jou liggaam totaal nikotienvry wees. (Dit is net die gewoonte wat moeilik is om af te leer). Ná ’n maand sal jy minder hoes, jou sinusse sal minder verstop wees en jy sal nie meer so moeg en kortasem wees nie. Ná vyf jaar sal die risiko dat jy aan longkanker sal sterf met 50 persent afgeneem het. Ná 15 jaar sal die risiko dat jy koronêre hartsiekte sal kry, afneem tot dié van iemand wat nog nooit gerook het nie.
Jy kan ’n ruk lank onttrekkingsimptome sal hê, wat buierigheid en depressie insluit. Jy kan ook hoofpyne kry en sukkel om te slaap. Herinner jou geliefde wat probeer ophou rook daaraan dat hierdie simptome net tydelik is en tekens is dat die liggaam besig is om ’n nuwe en gesonde balans te vind. Wees opgeruimd en positief. Sê hoe bly jy is dat hy of sy ophou. Help hom of haar gedurende die tyd wat daar onttrekkingsimptome is om stresvolle situasies te vermy wat daartoe kan lei dat hy of sy terugval.
Sê nou hy of sy val terug? Probeer om nie te oorreageer nie. Wees medelydend. Beskou die situasie as iets waaruit julle albei iets kan leer, en dit sal die moontlikheid groter maak dat die volgende poging sal slaag.
Só het celebs ophou rook
Die aktrise Lindsay Lohan het haar drank- en dwelmverslawing geklop, maar een van haar laaste euwels wat sy wil baasraak is nikotien. Volgens ’n bron wil Lindsay hipnoterapie ondergaan teen die rookgewoonte. Sy is glo besig om ‘n nuwe blaadjie om te slaan en het begin met ’n hoofrol in die verhoogstuk Speed-the-Plow, wat Madonna en die aktrise Elisabeth Moss voorheen vertolk het.
Franci Swanepoel
Hoe het sy opgehou? Mediese program (Smokenders) gevolg. “In Junie 2009 het ek opgehou rook. Ek wou nog altyd ophou rook voordat ek 40 word en het ‘n kursus gevolg om dit reg te kry. Oor ses weke het ek van 40 sigarette per dag bietjie vir bietjie afgeskaal totdat ek heeltemal opgehou het.” Franci sê: “Ek is baie trots op myself dat ek dit ná 20 jaar van straf rook kon doen … toe dink ek: As ek dít kan regkry, kan ek enigiets regkry.”
Brad Pitt
Hoe het hy opgehou? Nikotienplakkers. Arme Brad kry nie dié gewoonte stopgesit nie. Hy het die eerste keer opgehou rook toe hy vir Troy geoefen het. Daarna weer vir Angelina Jolie en hul kinders. Maar hy het wéér begin. Brad sê: “Ek is ‘n professionele roker. Ek mis dit te veel om dit op te gee.”
Charlize Theron
Hoe het sy opgehou? Oefening. Ons goue meisie het in ‘n stadium 3 pakkies per dag gerook. Sy het oefening soos joga en Pilates begin doen en haar frustrasies só uitgewoed pleks daarvan om na ‘n sigaret te gryp. Charlize het ook nie sigarette heeltemal opgegee nie, want sy rook steeds in stresvolle tye. Charlize sê: “Ek het eens op ‘n tyd baie gerook. Dit was aaklig. Ek weet nie hoe enigiemand saam met my kon leef nie. Ek het nou gesonde rituele gekweek wat my help om die sigarette eenkant to te skuif.”
Gwyneth Paltrow
Hoe het sy opgehou? Wilskrag. Gwyneth het gevorder van ‘n intense roker na ‘n sosiale roker. Sy rook nou net vir filmrolle en noem haarself ‘n Saterdag-roker. Sy gun haarself een of twee sigarette elke naweek. Gwyneth sê: “Elke keer as ek dink ek wil ‘n sigaret hê, ervaar ek groot plesier dat ek nou myself kan beheer.”
Kate Hudson
Hoe het sy opgehou? Moederskap. Dit was eers toe sy swanger was met haar eersteling dat Kate opgehou rook het. Kate sê: “Swangerskap was vir my die perfekte tyd om dié gewoonte te eindig. Dit was die beste ding wat ek nog gedoen het.”
Uma Thurman
Hoe het sy opgehou? Nikotienkougom. Uma het die stryd teen nikotien die “grootste stryd van haar lewe” genoem. En sy rook steeds in stresvolle tye. Uma sê: “Om te rook is baie sleg vir jou voorkoms, maar om op te hou, is baie, baie moeilik.”
ASHTON Kuscher
Hoe het hy opgehou? Die Allen Carr-metode. Carr se boek The Easy Way to Stop Smoking kyk na die rede waarom mense rook eerder as om die gewoonte stop te sit. Ashton het ophou rook omdat sy eks Demi Moore vreeslik gesondheidsbewus was. Sover ons weet, het Ashton nog nie weer ‘n sigaret opgetel nie – buiten vir filmrolle. Ashton sê: “Ek het die boek gelees. Soos jy lees, rook jy. Op die laaste bladsy staan daar jy gaan nou ophou. Toe ek die boek toemaak, toe hou ek op.” Kyk na die rede waarom mense rook eerder as om die gewoonte stop te sit.
Cameron Diaz
Hoe het sy opgehou? Skuldgevoel. Cameron het tot 20 sigarette ‘n dag gerook. Haar familie en vriende het haar so skuldig laat voel dat sy opgehou het. Cameron sê: “Ek het myself doodgerook. Dit is die een ding wat ek opgegee het wat sleg was vir my. Maar as ek álles opgee wat sleg is vir my, sal ek doodgaan.
Sandra Prinsloo
Sandra het al sowat 30 jaar gelede ophou rook – voor dit het sy soms 60 sigarette per dag gerook.
Barack Obama het as tiener begin rook, en sê hy sukkel steeds om nie ‘n sigaret op te tel nie.
Gisele Bündchen het soos baie modelle begin rook om haar gewig te beheer, maar het opgehou en ‘n gesonder leefstyl gekies ter wille van haar kinders.
Michael Douglas het ophou rook toe hy in 2011 met keelkanker gediagnoseer is.
Jennifer Aniston het in 2007 besluit om gesonder te leef. Sy probeer nou wegbly van enige nikotien en kafeïen.
Katherine Heigl het met behulp van elektroniese sigarette ophou rook.
Bronne: allaboutyou.com, SARIE September 2010, SARIE Augustus 2009, healthline.com, Perez Hilton, The Guardian
Met die skryf van my blog, wat vir myself ook baie helend is, gaan ekself die ophou rook proses nogmaals aandurf, om hierdie slag te monitor en vir julle presies te vertel wat ek ervaar. Maar voor ek dit doen, besef ek ek moet reg wees hiervoor. Daarom vereers my studie oor rook.